Afrisaam Fees 2018: Groter as groot en meer!

Die jaarlikse Afrisaam Fees is vanjaar nóg groter en beter met kunstenaars soos, Steve Hofmeyr, Juanita du Plessis, Arno Jordaan, Deon Groot, Riana Nel, Jay, Karlien van Jaarsveld, Snotkop en Juan Boucher.

Die hoofverhoog se program skop dan om 13:30 met Ricky Faber, Arno van der Hoff, Deon Groot, Riana Nel, Juan Boucher, Karlien van Jaarsveld, Jay, Dirk van der Westhuizen, Snotkop en Steve Hofmeyr af.

Vanjaar kom kuier Sorina, ook as die Flooze bekend, saam en sal saam met Henry Bruinette as aanbieders optree.

Datum:- 8 Junie – 9 Junie

Tyd:- Hekke open om 17:00

Toegang:- Kontak kantoor vir pryse. Kontak nommer kan u onder aan die berig kry.

Daar is hope kindervermaak, ’n kindertuin-area met gekwalifiseerde oppassers, wat flieks, gesigverf, inkleur en meer aanbied, sowel as ’n speelarea met allerhande opblaas glybane, kastele “rockets” en ook die gewilde mallemeule.

Brent le Riche en sy span van LeRiche Racing kom met twee motorfiets vertonings die adrenalien bietjie pomp vir die manne.

’n Biertuin en hope kosstalletjies gaan die dors les en hongerpyne stil terwyl diegene wat bietjie wil rondsnuffel die handwerkstalletjies en motoruitstallings kan besoek.

Die organiseerders doen graag ’n beroep op besighede in en om Springs om ook betrokke te raak by die fees, aangesien dit ’n reuse bemarkings en finansiële platform skep.

Bring gerus jou kampstoel en kombers en kom fees saam by die OosRand se grootste en beste fees.


Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly in Springs kliek hier !!



Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag & ‘n motor huur?Besoek SKY.co.za nou!

Adres: – Fabu-Leux Wedding, Conference & Function Venue
Wit Road
Springs, 1559
South Africa

Telefoon: – 076 928 6921 / 082 806 6468


SA-Radio.com
To list your event, concert or gig, contact SA-Radio.com

To receive our gig guide, Subscribe here FREE!

(Visited 23 times, 1 visits today)

You might be interested in

Post A Comment For The Creator: SA Radio

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.