Die burgerregte-organisasie AfriForum het sedertdien beeldmateriaal van die aanval op Bonnema, wat deur veiligheidskameras vasgevang is, in ʼn video saamgevat wat versprei word om bewusmaking oor plaasaanvalle te skep. LET WEL: Die gebeure in die video is ontstellend en nie geskik vir sensitiewe kykers of kinders nie.
