Die betreders wat onlangs dr. Motodi Maserumule, ʼn uitvoerende direkteur van die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad (WNNR) se grond in die noorde van Pretoria beset en probeer verkoop het, asook alle strukture wat deur hulle opgerig is, is vanoggend deur die balju vanaf Maserumule se grond verwyder met bystand deur die Rooimiere en die SAPD.
AfriForum het tans sowat 90 buurtwagte wat gemeenskappe landwyd beveilig, maar benewens dít poog die burgerregte-waghond ook om proaktief op te tree teen geweldsmisdaad.
Daarom het die organisasie vanjaar hul nasionale veiligheidstrategie, Projek Nehemia, van stapel gestuur wat die kragte van die polisie, buurtwagte, privaatsekuriteitsmaatskappye én gemeenskappe saamsnoer om geweldsmisdaad hok te slaan.
Die toetsfase van die veiligheidsprojek is reeds in Bloemfontein begin en die afgelope naweek is ʼn operasionele beplanningsessie in Vanderbijlpark gehou om te kyk hoe die projek in dié gemeenskap uitgerol kan word.
Danksy die burgerregte-organisasie AfriForum gaan die Nkungumathe-gemeenskap van Nkandla na ‘n jare lange stryd nou ’n skool ryker word.
Regter Rashid Vahed het vandag in die hoë hof in Pietermaritzburg in die gemeenskap se guns beslis om die KwaZulu-Natalse onderwysdepartement te dwing om vir hulle ’n skool te bou. Dít volg nadat dié gemeenskap van Nkandla vir AfriForum in Februarie 2017 om hulp genader het om druk op die regering te plaas om die Khuba Hoërskool te bou wat vroeër aan hulle belowe is.
SAUK Radio Nuus van die dag. Skakel elke dag in om 7 uur soggens, 1 uur smiddags en 7 uur namiddag om na SAUK Radio se Nuus Bulletin te luister wat vir jou die nuus van die dag bring wat die blanke volk raak. Ons gebruik ‘n lae band stroom so dit neem nie baie […]
Ernst Roets, hoof van Beleid en Aksie by AfriForum, was vandag die eerste getuie in die saak wat die burgerregteorganisasie teen Julius Malema en sy ondersteuners gemaak het oor die sing van die lied Kill the Boer, Kill the Farmer. Die saak is vir tien dae op die hofrol in die Gelykheidshof wat in die […]
AfriForum se #OnsDorpOnsVeiligheid-projek het vandag afgeskop. Tydens hierdie projek gaan AfriForum-takke en -buurtwagte hulle fokus verskerp en nog meer projekte en veiligheidsaksies aanpak om hul onderskeie gemeenskappe te verbeter en te beveilig. Die organisasie moedig mense aan om by hul naaste tak of buurtwag aan te sluit om deel te word van die verskil.
Ongeveer 50 matriekleerders het vandag AfriForum Jeug en AfriForum se jeugleierskapafdeling se Toekomsskeppers-geleentheid bygewoon. Tydens hierdie geleentheid het dr. Ernst Roets, beleidshoof van die Solidariteit Beweging, en Ronald Peters, bestuurder van AfriForum Jeug, met die matrieks gesels oor hul toekoms, om eienaarskap te neem van besluite en die toekoms, asook hoe om die verskil te […]
AfriForum het vandag die organisasie se jaarlikse blou-en-groendruppelprojek afgeskop. Die boorgatwater by Laerskool Warmbad, asook die munisipale water by dié skool se koshuis is as deel van die projek getoets. Toetse is ook by die dorp se rioolsuiweringswerke gedoen. AfriForum se takke landwyd gaan in Augustus hul onderskeie dorpe se drinkwater (bloudruppel) en verwerkte riool […]
Aan die begin van 2023 is AfriForum slaggereed om die talle uitdagings in die land te pak en te doen wat ons kan doen om ’n beter toekoms te skep. Hoewel die verkrummeling en verval onder die sentralistiese ANC-regering ontstellend is, put ons hoop daaruit dat daar alternatiewe is en dat ons deur middel van […]
AfriForum se Heidelberg-tak se slaggatprojek is goed op dreef met 2 300 slaggate wat die afgelope vier maande herstel is. Die projek het ook vir vier mense, wat andersins werkloos sou gewees het, ’n geleentheid geskep om ’n inkomste te verdien. Die sukses van Heidelberg se slaggatprojek is grootliks te danke aan Conqueror-sleepwaens en RoadLab […]
Die boete van R10 miljoen wat die Rand West City Plaaslike Munisipaliteit opgelê is en die pleitooreenkoms wat hulle met die staat aangegaan het om instandhouding en herstelwerk aan rioolinfrastruktuur in Randfontein te doen én die Departement van Water en Sanitasie hieroor ingelig te hou, is ’n oorwinning en deurbraak op plaaslikeregeringsvlak. Die skulderkenning en […]
“Ek wou met hierdie projek bewusmaking oor plaasmoorde en -aanvalle skep en ook die erns van die trauma wat met hierdie gruwelmisdade gepaardgaan aan die publiek oordra. Hierdie projek het net weer eens die dapperheid geopenbaar van diegene wat plaasaanvalle moes deurmaak,” sê Bennie Roux, ultramaratonatleet wat saam met AfriForum se Trauma-ondersteuningseenheid gehardloop het om […]
AfriForum, Homestead Helpers en Clean Projects is al ’n geruime tyd besig om indringerplante uit Benoni se damme en mere te verwyder. Die Homesteaddam was tot onlangs toe nog deurtrek van waterhiasinte, maar danksy dié organisasies is die indringerplant hier nou amper heeltemal uitgeroei. Daar is egter nog baie werk wat wag by ander damme […]
AfriForum het gewoeker in George tydens die organisasie se #AnkerdorpPadskou. Die plaaslike tak het onder meer water getoets, verskeie skoonmaakaksies aangepak en ’n vullisterreinoudit gedoen. AfriVriendelik en AfriForum Onderwys het ook onderskeidelik ’n sakeontbyt en verskeie teenboeliegesprekke in die omgewing aangebied. Die #AnkerdorpPadskou het ook op ’n hoë noot afgesluit met die afskop van die Quo Vadis-gespreksreeks, ’n reeks van gespreksgeleenthede wat deur Ernst Roets in verskeie ankerdorpe aangebied word.
Die burgerregte-organisasie AfriForum het aangekondig dat sowel sy teenkorrupsie-eenheid as sy privaatvervolgingseenheid, onder leiding van adv. Gerrie Nel, die saak van die Ndebele Vaaltyn-stam – wat in 2014 strafregtelike klagtes teen die Kanadese mynmaatskappy Ivanplats Myne Bpk., wat deur die miljardêr en mynmagnaat Robert Friedland besit word, aanhangig gemaak het – gaan hanteer. Die strafregtelike klagtes hou verband met onwettige mynbedrywighede, oortreding van omgewingswetgewing en die onregmatige en oënskynlike kulturele oneerbiedige hervestiging van die stam se historiese en voorvadergrafte.
Die burgerregte-organisasie AfriForum het onlangs ʼn internskapprogram vir studente van verskeie AfriForum Jeugtakke aangebied.
Dié program het 14 studente van verskillende universiteite die geleentheid gegee om aan die verskillende bedrywighede, veldtogte en aktiwiteite van dié burgerregte-organisasie blootgestel te word.
Die program is vir die eerste keer in 2014 aangebied en tydens vanjaar se internskap het studente die geleentheid gehad om onder meer vullisterreinoudits te doen, erfenisgebiede te besoek, ʼn anti-Zuma monument op te rig en ʼn takstigting by te woon.
Zoë Burger, die dinamiese eienaar van Kuif en Baard, het met Forum Nuus gesels oor die belangrikheid van goeie kliëntediens, passievolle personeel en hoe ’n kliënt danksy die AfriForum Netwerk ’n haarafspraak vanuit New York gemaak het.
19 Maart 2019 - Verskeie gebiede rondom Midrand beleef tans ʼn kragonderbreking ná ʼn brand by Allandale-substasie in Midrand.
Lees meer: https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/brand-by-midrand-substasie/