SA-nuus616 Videos

Marelize oor dáái val: ‘Dit was skreeusnaaks!’
0
00:17

Marelize oor dáái val: ‘Dit was skreeusnaaks!’

Sy het byna oornag die splinternuwe sensasie onder Afrikaanssprekendes geword – die jong meisie wat reguit met haar fiets teen ʼn rugbypaal vasry en haar ma wat reageer met die nou byna ikoniese “My f** Marelize”. Maar Marelize Horn (19) van Windhoek in Namibië het nooit kon dink haar flater sou só wyd versprei dat dit naderhand die hele Suid-Afrika aan die skater het nie. "Dit voel onwerklik!" het sy aan Maroela Media gesê.
Buurtwaglid gee eerste treë ná skietvoorval
0
00:17

Buurtwaglid gee eerste treë ná skietvoorval

’n AfriForum-buurtwaglid van Pretoria het ’n maand nadat hy vermoedelik met ’n AK47 in die rug geskiet is, sy eerste treë in die hospitaal gegee. Video: Verskaf
Een kritiek, nog 4 beseer in N2-botsing
0
00:09

Een kritiek, nog 4 beseer in N2-botsing

Die verkeer op die N2-Suid net verby die King Shaka lughawe-afrit in Durban is Dinsdagoggend erg vertraag nadat ʼn vragmotor en drie ligte voertuie in ʼn botsing betrokke was. Vyf mense is in die botsing beseer, waarvan een persoon in ʼn kritieke toestand was. Video verskaf deur IPSS Medical Rescue.
THE BATTLE OF CUITO CUANAVALE
0
00:55

Leerling glo by Hoërskool Parys aangerand

Die Hoërskool Parys in die Vrystaat betreur ʼn voorval wat Maandag in ʼn gr. 9-klaskamer by die skool plaasgevind het waarin een leerling glo ʼn ander aangerand het.
Ons sal self, maar nie alleen nie!
0
01:59

Ons sal self, maar nie alleen nie!

AfriForum se strategie is om te veg en te bou. Ons veg teen bestaande ongeregtighede en bou aan ’n beter toekoms. Die organisasie fokus derhalwe ook op gesamentlike projekte wat interkulturele samewerking bevorder sodat Afrikaners ook veilig, vry en voorspoedig aan die suidpunt van Afrika kan voortbestaan. AfriForum werk op ’n grondslag van wedersydse erkenning […]
Forum Nuus: Moenie gewone mense straf vir Ramaphosa en ANC se optrede 07-02-2025
0
04:47

Forum Nuus: Moenie gewone mense straf vir Ramaphosa en ANC se optrede 07-02-2025

AfriForum het vandag tydens ’n mediakonferensie gesê dat die Presidensie, die ANC en hul bondgenote se pogings om AfriForum die skuld vir Trump se uitsprake te gee, ’n duidelike poging van pres. Cyril Ramaphosa en die ANC is om hulself te probeer verontskuldig vir die negatiewe gevolge van hul eie onbesonne, ekstremistiese beleidsrigtings en optrede. […]
Forum Nuus: AfriForum-protospanopleiding slyp buurtwaglede vir veilige optrede 05-07-2024
0
03:21

Forum Nuus: AfriForum-protospanopleiding slyp buurtwaglede vir veilige optrede 05-07-2024

AfriForum se 12de protospanopleiding is pas afgehandel. AfriForum-buurtwagte van regoor die land identifiseer buurtwaglede om dié kursus by te woon om hulle slaggereed te maak vir verskeie situasies waarin hulle hulself mag bevind sodat hulle hul gemeenskappe binne die raamwerk van die wet kan beskerm. Die kursus bestaan uit teoretiese en praktiese opleiding wat kursusgangers […]
Forum Nuus: AfriForum-buurtwagte mobiliseer landwyd om hul gemeenskappe te beveilig 16-10-2023
0
03:36

Forum Nuus: AfriForum-buurtwagte mobiliseer landwyd om hul gemeenskappe te beveilig 16-10-2023

AfriForum se buurtwagte landwyd het die afgelope naweek aan die organisasie se derde nasionale massapatrollie deelgeneem. Heelwat AfriForum-buurtwagte in Gauteng het Vrydagaand by die Voortrekkermonument bymekaargekom vir die afskop van die patrollie. Die Voortrekkermonument was ook in groen gehul ter nagedagtenis aan die slagoffers van plaasaanvalle. Die aanvang van die patrollie is regstreeks uitgesaai om […]
Forum Nuus: AfriForum verwyder vullis ná staking Tshwane Metro lamlê
0
01:51

Forum Nuus: Openbare sessies oor omstrede Bela-wet vind in Gauteng plaas 03-05-2023

Die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwys, oftewel die Bela-wet, hou ’n reusebedreiging in vir onderwys en veral vir Afrikaanse onderwys. Openbare raadplegingsessies het vroeër vanjaar in drie provinsies plaasgevind en dié sessies vind die naweek (5-7 Mei) in Gauteng plaas. AfriForum doen ’n dringende beroep op sy lede en die publiek om die sessies by te […]
Forum Nuus: AfriForum se buurtwagte slaggereed ná massapatrollie
0
02:35

Forum Nuus: AfriForum se buurtwagte slaggereed ná massapatrollie

AfriForum se buurtwagte het die afgelope naweek aan die nasionale massapatrollie deelgeneem. Vrywilligers en taklede in Centurion, Groter-Moot, Kempton Park en Benoni het Vrydagaand onder meer gebeurlikheidsplanne ingeoefen, sigbaarheidspatrollies gery en padstrepe oorgeverf. Die tweede Open Borders dokumentêr, waarin die swak grensbeheer tussen Suid-Afrika en Mosambiek onder die vergrootglas geplaas is, is ook Vrydag bekendgestel. […]
Forum Nuus: Covid-19-taakspan versprei vyf ton vars produkte in Pretoria-omgewing
0
03:37

Forum Nuus: Covid-19-taakspan versprei vyf ton vars produkte in Pretoria-omgewing

“Wat julle dalk as klein goedjies of dade beskou, bring vir ons groot opwinding. Dit laat ons ou mensies se harte so warm klop. Dankie dat julle in hierdie moeilike tyd aan ons gedink het.” Só sê Joan Labuschagne, voorsitter van die Cappie-tehuis vir bejaardes, een van 20 tehuise waar die Covid-19-taakspan, bestaande uit AfriForum, […]
Forum Nuus: AfriForum Jeug gaan woeker in 2019
0
03:42

Forum Nuus: AfriForum Jeug gaan woeker in 2019

Die burgerregtewaghond AfriForum se jeugvleuel staan ywerig reg om vanjaar met roepingsgedrewenheid te takel. Bestuurslede van verskeie AfriForum Jeug-takke het onlangs tydens ’n opleidingskamp bymekaar gekom om hul strategie vir die komende jaar, asook die aksies wat daaruit voortspruit, te bespreek.
Forum Nuus: Fokus op onderwys tydens Quo Vadis-gespreksreeks in Nelspruit
0
02:05

Forum Nuus: Fokus op onderwys tydens Quo Vadis-gespreksreeks in Nelspruit

“Afrikaans is ’n hoëfunksie- amptelike taal in Suid-Afrika en ons kinders is daarop geregtig om onderrig in hul moedertaal te ontvang.” Ernst Roets, adjunk-uitvoerende hoof van AfriForum, Werner Human, adjunkhoof van Solidariteit en Carien Bloem, onderwyskoördineerder by AfriForum, het tydens AfriForum se Quo Vadis-gespreksreeks in Nelspruit Suid-Afrikaanse onderwys en wat die toekoms vir ons kinders inhou, bespreek.
Dit sal ly tot konfrontasie met die Veiligheidsmagte
0
01:38

Uniforms en helder kleure om 9-jarige ‘vegter’ te groet

Chris en Yolandé von Wielligh sing ‘n lied wat vir Gidion du Toit geskryf is tydens Gidion se gedenkdiens by Saterdagoggend, 15 Desember 2018 by die NG Gemeente Moreletapark in Pretoria. Yolandé het die lied spesiaal vir Gidion geskryf. Gidion is op 27 November vanjaar oorlede nadat hy sedert sy geboorte ‘n dapper stryd teen Fanconi-anemie geveg het. (Videogreep: Maroela Media)
Talle treinwaens vat vlam op Kaapstad-stasie
0
00:10

Talle treinwaens vat vlam op Kaapstad-stasie

Miljoene rand se skade is aangerig toe talle treinwaens Saterdagmiddag (21 Julie 2018) by die treinstasie in die Kaapstadse sakesentrum in ʼn brand verwoes is. (Video verskaf deur UNTU.)