SA-nuus616 Videos

Forum Nuus: Klagtes teen Malema en kie vir aanhitsing teen skoolhoof 13-06-2025
0
01:49

Forum Nuus: Klagtes teen Malema en kie vir aanhitsing teen skoolhoof 13-06-2025

Jaco Pieterse, hoof van Bergview College, het vandag klagtes van crimen injuria aanhangig gemaak teen Fikile Mbalula, ANC sekretaris-generaal, Julius Malema, EFF-leier, en Fundile Gade, LUR vir Onderwys in die Oos-Kaap. Hierdie klagtes hou verband met aanhitsing van skadelike publieke sentiment en geweld teen Pieterse wat valslik van verkragting van ’n kind beskuldig is.
Forum Nuus: Klein entrepreneurs met groot drome kom byeen
0
03:05

Forum Nuus: Klein entrepreneurs met groot drome kom byeen

Meer as 60 laerskoolleerders het AfriForum se jaarlikse Besigheidsbytjies-werkswinkel vir jong entrepreneurs in Centurion bygewoon. Hier het hulle by entrepreneurs geleer, hul eie produkte gemaak, kreatiewe name daarvoor uitgedink en geleer hoe om dit te bemark.
Forum Nuus: Kobus Wiese inspireer by AfriVriendelik se sakeontbyt
0
01:01

Forum Nuus: Kobus Wiese inspireer by AfriVriendelik se sakeontbyt

Entrepreneurs van George en Durbanville het saamgekom vir entrepreneursadvies en -inspirasie van die rugbyreus Kobus Wiese. Dit was twee heerlike oggende waar ons entrepreneurs kon netwerk en meer leer oor hoe Suid-Afrika moet aanhou om ons potensiaal te ontwikkel en aanhou om ons eie besighede te begin. Indien jy ook belangstel om aan hierdie geleenthede deel te neem, maak seker jou besigheid is op AfriForum Netwerk, by www.afriforumnetwerk.co.za gelys. #SkepWerk
Forum Nuus: Kuif en Baard
0
02:32

Forum Nuus: Kuif en Baard

Zoë Burger, die dinamiese eienaar van Kuif en Baard, het met Forum Nuus gesels oor die belangrikheid van goeie kliëntediens, passievolle personeel en hoe ’n kliënt danksy die AfriForum Netwerk ’n haarafspraak vanuit New York gemaak het.
Forum Nuus: M.L. Fick wen AfriForum se Blink of stink-herwinningskompetisie
0
02:58

Forum Nuus: M.L. Fick wen AfriForum se Blink of stink-herwinningskompetisie

Laerskool M.L. Fick in Potchefstroom is die wenner van AfriForum se eerste Blink of stink-herwinningskompetisie. Die skool het ’n totaal van 3,2 ton se plastiekbottels – oftewel ’n gemiddeld van meer as 5 kg per leerder – vir herwinning ingesamel en daardeur met R30 000 se prysgeld weggestap.
Forum Nuus: Matriekleerders borrel oor hul toekoms 19-03-2024
0
04:09

Forum Nuus: Matriekleerders borrel oor hul toekoms 19-03-2024

Ongeveer 50 matriekleerders het vandag AfriForum Jeug en AfriForum se jeugleierskapafdeling se Toekomsskeppers-geleentheid bygewoon. Tydens hierdie geleentheid het dr. Ernst Roets, beleidshoof van die Solidariteit Beweging, en Ronald Peters, bestuurder van AfriForum Jeug, met die matrieks gesels oor hul toekoms, om eienaarskap te neem van besluite en die toekoms, asook hoe om die verskil te […]
Forum Nuus: Meer as 200 bale voer vir boere in die Vrystaat geskenk – Droogte Hulp
0
02:20

Forum Nuus: Meer as 200 bale voer vir boere in die Vrystaat geskenk – Droogte Hulp

Volgens Henk Maree, nasionale veldtogkoördineerder van AfriForum, is droogtehulp vanjaar steeds belangrik omdat talle boere nog die gevolge van die afgelope paar jaar se droogte ervaar, ondanks die welkome reëns die afgelope maande. Die publiek kan betrokke raak by die veldtog deur hul naam na 38312 te SMS om R10 tot AfriForum se droogtefonds by te dra.
Forum Nuus: Meer as 3 000 km vir plaasaanvalle en -moorde tydens #HardloopVirHoop afgelê
0
03:08

Forum Nuus: Meer as 3 000 km vir plaasaanvalle en -moorde tydens #HardloopVirHoop afgelê

Meer as 400 mense het die afgelope naweek kom #HardloopVirHoop by die Voortrekkermonument in Pretoria ten bate van die AfriForum Trauma-eenheid se slagofferondersteuningsfonds. Dié eenheid lewer ’n baie unieke, persoonlike diens aan slagoffers van geweldmisdaad, veral slagoffers van plaasaanvalle. Die ultramarathonatleet, Bennie Roux, het ander langasems ook uitgedaag om aan ’n VAT5-kompetisie deel te neem […]
Forum Nuus: Moenie gewone mense straf vir Ramaphosa en ANC se optrede 07-02-2025
0
04:47

Forum Nuus: Moenie gewone mense straf vir Ramaphosa en ANC se optrede 07-02-2025

AfriForum het vandag tydens ’n mediakonferensie gesê dat die Presidensie, die ANC en hul bondgenote se pogings om AfriForum die skuld vir Trump se uitsprake te gee, ’n duidelike poging van pres. Cyril Ramaphosa en die ANC is om hulself te probeer verontskuldig vir die negatiewe gevolge van hul eie onbesonne, ekstremistiese beleidsrigtings en optrede. […]
Forum Nuus: Mokopane-inwoners spoeg vuur oor korrupte burgemeester
0
08:07

Forum Nuus: Mokopane-inwoners spoeg vuur oor korrupte burgemeester

Inwoners van Mokopane ly onder wanbestuur en korrupsie waarby die burgemeester en ander raadslede betrokke is. Die situasie is so ernstig dat AfriForum reeds klagtes by die polisie ingedien het. Bryner Ngwenya, ’n inwoner, sê haar oë het oopgegaan vir wat besig is om te gebeur en dat sy en baie ander nooit weer vir […]
Forum Nuus: Moordenaar van boer kry 15 jaar
0
03:48

Forum Nuus: Moordenaar van boer kry 15 jaar

Drieka Botha, wie se man Dries in 2017 gesterf het na ’n wrede plaasaanval, het vandag vir een van die beskuldigdes in dié saak gevra om sy masker af te haal en haar in die oë te kyk. Sy het oor die impak van haar man se moord in die Brits-landdroshof getuig kort voor Caiphus […]
Forum Nuus: MSW Ondersteuningsdienste help organisasies wat vir ander omgee 18/07/2024
0
04:32

Forum Nuus: MSW Ondersteuningsdienste help organisasies wat vir ander omgee 18/07/2024

AfriForum en StratCol het gister MSW Ondersteuningsdienste (Edms.) Bpk. in Durbanville bekendgestel aan verskeie maatskappye sonder winsoormerk (MSW’s). MSW Ondersteuningsdienste het ten doel om MSW’s te help deur AfriForum en Stratcol se goed gestruktureerde en suksesvolle model beskikbaar te stel sodat hierdie organisasies in staat sal wees om aan die behoeftes te voldoen van die […]
Forum Nuus: Mtingwevu-gemeenskap meer selfstandig met AfriForum se hulp 25-11-2025
0
04:30

Forum Nuus: Mtingwevu-gemeenskap meer selfstandig met AfriForum se hulp 25-11-2025

AfriForum en Saai het met die kantoor van Nkosi Zweloxolo Stokwe en die Adopt-A-Village Landelike Voedselsekerheidsinisiatief hande gevat om ʼn saailingopleidingsessie vir die Mtingwevu-gemeenskap, naby Cala in die Oos-Kaap, aan te bied. Hierdie opleiding sal die gemeenskap in staat stel om self saailinge te groei en tot kommersiële boere te ontwikkel.
Forum Nuus: Nelson Mandela-stigting lieg blatant en help om SA te polariseer
0
03:08

Forum Nuus: Nelson Mandela-stigting lieg blatant en help om SA te polariseer

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het vandag gereageer op die Nelson Mandela-stigting (NMS) se voorneme om Ernst Roets, hoof van beleid en aksie by die organisasie, te vervolg ná die vlaguitspraak vroeër vandeesweek in die gelykheidshof. Die hof het bevind die vertoon van die ou landsvlag kom op haatspraak neer. Roets het ná die uitspraak in ’n akademiese konteks ’n foto van die ou vlag op Twitter geplaas met ’n vraag: Het ek nou net haatspraak gepleeg? Roets is tans besig met sy doktorsgraad in regte. Kriel sê die NMS is oneerlik en speel tans ’n polariserende rol in die land. Dit doen ook afbreek aan die beeld van oudpres. Nelson Mandela as versoener.
Forum Nuus: Nkandla Oorwinning
0
02:09

Forum Nuus: Nkandla Oorwinning

Danksy die burgerregte-organisasie AfriForum gaan die Nkungumathe-gemeenskap van Nkandla na ‘n jare lange stryd nou ’n skool ryker word. Regter Rashid Vahed het vandag in die hoë hof in Pietermaritzburg in die gemeenskap se guns beslis om die KwaZulu-Natalse onderwysdepartement te dwing om vir hulle ’n skool te bou. Dít volg nadat dié gemeenskap van Nkandla vir AfriForum in Februarie 2017 om hulp genader het om druk op die regering te plaas om die Khuba Hoërskool te bou wat vroeër aan hulle belowe is.
Forum Nuus: Noordstreek-takke sê #OnsSalSelf tydens beraad 28-08-2023
0
04:12

Forum Nuus: Noordstreek-takke sê #OnsSalSelf tydens beraad 28-08-2023

Al gaan baie dorpe en stede in die land gebuk onder munisipale verval, is daar roepingsgedrewe mense wat sê ons sal self, ons gaan ’n toekoms skep ongeag die onbekwame owerhede en dit gee ’n mens hoop, het Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, gesê tydens die derde en laaste streeksberaad van die burgerregteorganisasie. Takke […]
Forum Nuus: Nuwe aangrypende Anglo-Boereoorlogfilm wys daar is hoop
0
03:14

Forum Nuus: Nuwe aangrypende Anglo-Boereoorlogfilm wys daar is hoop

Die film Begrond, gegrond op die boek van dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, het teatergangers gisteraand diep geraak én met trots op hul geskiedenis laat terugkyk. Die vertoning wat in die AfriForum Teater aangebied is, handel oor die verhaal van die Afrikaner se geskiedenis soos ervaar deur ’n familie wat daar was. Dit steun […]
Forum Nuus: Nuwe Afrikaanse fliek volgende jaar op AfriForumTV  27-11-2024
0
04:07

Forum Nuus: Nuwe Afrikaanse fliek volgende jaar op AfriForumTV 27-11-2024

Niemandsland, AfriForumTV se nuwe fliek wat net ná die Anglo-Boereoorlog afspeel, sal volgende jaar gratis op dié platform te sien wees. In hierdie fliek ontstaan ’n twis wanneer Ester van ’n konsentrasiekamp terugkeer huis toe net om uit te vind dat haar niggie en haar Engelssprekende man in Ester se huis ingetrek het. Jana Kruger, […]
Forum Nuus: Nuwe Akademia-kampus vorder fluks
0
04:30

Forum Nuus: Nuwe Akademia-kampus vorder fluks

Konstruksie aan Akademia se nuwe kampus in Pretoria-Oos vorder goed. Forum Nuus het gaan inloer by Francois van Vuuren, ontwikkelingsbestuurder by Kanton, om meer oor hierdie projek uit te vind.
Forum Nuus: Nuwe boek vertel oor die “stryd agter die stryd” tydens die Anglo-Boereoorlog
0
03:04

Forum Nuus: Nuwe boek vertel oor die “stryd agter die stryd” tydens die Anglo-Boereoorlog

“Die geskiedenis is soos ’n diamant, hy het ’n duisend verskillende kante en daar moet na alle kante gekyk word. Die geskiedenis van die Afrikaners is ook groter as net die geskiedenis van apartheid,” meen dr. Leopold Scholtz, historikus, joernalis en skrywer van Kraal Uitgewers se nuutste boek, In Bondgenote en dwarstrekkers: Die Transvaalse en Vrystaatse regerings in die Anglo-Boereoorlog, 1899-1902.