Bosoorlog reeks elke maandag op SAUKradio. Episode 9 – Gedigte
Elke Maandag aand om 8nm op SAUK Radio saam met Corrie se bosoorlog reeks om hulde te bring aan ons helde wat die hoogste prys betaal het vir ons Vryheid teen terrorisme en kommunisme
Ek nooi jou vriendelik om my te Kontak met jou storie by nuus @sauktv.com. Jy kan jou storie ook lewendig op die lug vertel Kontak my dan maak ons ‘n afspraak
Ons bring Hulde aan ons Helde wat vir Volk en Vaderland tussen 1966 – 1989 die hoogste prys betaal het:
Ons Helde wat ons Land vir wit en swart beskerm het teen terrorisme en kommunisme wat die hoogste prys betaal het vir ons voorreg om veilig te wees ons sal julle nooit ooit vergeet nie.
Party het huistoe gekom – party vermink en party het nie huistoe gekom nie ek bring hulde aan party kom ons buig ons hoofde vir ‘n oomblik in nagedagtenis aan die volgende Helde-
Graham Du Toit deel die volgende:
FOR THEM THE LAST POST HAS SOUNDED
On 15 May 2016, let us pause for a minute to remember the following young men from our Generation who answered the Final Roll Call.
15 May 1973: 71385405N Private Harry Cornelius Theron from 1 Maintenance Unit was accidentally shot dead by a fellow soldier at the 1 Maintenance Unit weapons store while they were in the process of cleaning and checking firearms. He was 18.
15 May 1980: 76375658BG Rifleman Glen Andrew Paul from 8 SAI was critically wounded after receiving multiple shrapnel wounds in an accidental hand grenade explosion at Okalongo in Northern Owamboland on 14 May 1980, he unfortunately succumbed to his wounds on 15 May 1980. He was 20.
15 May 1981: Rifleman Willie Elefante from 201 Battalion SWATF was Killed in Action during a contact with SWAPO/PLAN Insurgents in Northern Owamboland. He was 22.
15 May 1984: 81514242HD Rifleman Malekudu Johannes Nkada from 113 Battalion was killed when his Buffel Troop Carrier overturned while on patrol near Messina. He was 23.
15 May 1985: Special Constable K. Tjindunda from the South West Africa Police Counter-Insurgency Wing: Ops-K Division (Koevoet) was Killed in Action during a contact with SWAPO/PLAN insurgents in Northern Owamboland. He was 27.
15 May 1986: Lance Corporal Isaac Londo from 101 Battalion SWATF was Killed in Action in a landmine explosion in Northern Owamboland. He was 26.
15 May 1993: 89527600BG Lance Corporal Roberto Guiseppe Condo from 12 SAI was killed when his Samil 50 overturned on the Abel Erasmus Pass between Bourkes Luck and Gravelotte. He was 20.
Their names and sacrifice have not been forgotten.
Tertius van Heerden deel die volende gedig
Soldate wagtend in Nag!!!
Die nag se swart tasbaar teen jou gesig
Stilte so sag, jy hoor die sterre verskiet
In rye versprei, al wagtend vir vyand
Onheilspellend met R1 vorentoe gerig!
Sekondes wat tik soos uitgemergelende ure
Gedagtes by geliefdes en speel met jou laksman
In die verte tjank n honger jakkals!
Jou maag wat draai en negatiewe gedagtes verban
Dan hoor ons die klank van band teen grond!
Geruisloos ry hul verby soos n giftige slang
Vingers op snellers wat terugkeer na rus
Ontkennend stil starend met glimlagte wrang!
Die son dan soenend met oggendstond!
Warm strale streel ons moee gesigte
Datums van vryheid in brein afgeets!
Dankbaar en stil bewegend na kamp!
Nog n nag nader met niemand gewond!
@Tertius van Heerden
Koos Lessing deel die volgende gedig
EK LEEF MY IN
loopgraaf
laaste lig
klaarstaan
stil gespanne
wagtyd
die mooiste bloed-omsoomde wolke soen die horison
n ligte roering streel die blare koel-
versag die tropeson se bakoond-dag
…en stil verskuif verbeelding haar na hier
gedagtes hou haar beeld gevange
in diep verlange
geurig aan my sy
n dowwe doef! n sagte fluit
dan skeur en skud die bos! die loopgraaf dril!
dit plof en knal en stof en kruit!
bevele! skiet! skuil! herlaai – nou laat waai!
bliksems! blitse en skrapnel!
radioseine! roep versterkings! gooi granate!
geen genade! tref of sterf!
dapper doodsveragtend- sleep nog ammo nader!
salig daal die skemer
maar die vyand bly –
koeëls en kartetse knal!
geen versterkings…
êrens styg n chopper in die donker- oorlog minag regulasies
roekeloos in vaart oor vyandstellings heen-
laat die handgranate reën!
moraal totaal vernietig vlug die vyand
die slag gelewer
en sak daar stilte oor die slagveld
ongelooflik! leef ons almal? ‘roll call’ weer!
oor ons koppe het kartetse
koeëls mortiere en granate
heel die kamp tot puin vermaal!
veilig slaap ons sonder kos en slaapsak
maar oor elk se lippe stamel daar n dankgebed
Dankie Vader ons Behoeder Leef!
Koos Lessing deel die volgende gedig
RETROSPEKSIE
het ‘camo’ dalk my kop verstomp
om v-formasie voor te stap
bereid om eerste landmyn af te trap
‘ek dien tog Volk en Vaderland, verdomp!’
maar tuis bly Moeder in gebed
drie seuns het sy nou op die grens
hul veiligheid haar grootste wens
hul doen en laat kan sy hul nie belet
en saans wanneer ons kamp opslaan
of stil jou ‘O.P.’ pos beman
dalk êrens net jou ‘biwwie’ span
probeer ek self die saak verstaan
net gister het daar twee van ons geval
in swart plastiek is hul toe afgevoer
met troepmoraal soos afgetrekte koffiemoer
en telkens onbewus n vuis wat bal…
agt lyke vuil bebloed vandag geoes
maar wraak sal vrees in weerwraak kamoefleer
en more sal die rook trek kan jy sweer
tot ons mekaar totaal verwoes
tot eendag retrospeksie van my vra
wat ek sal oes na al die saad gesaai
wat sal bly staan wat nie verwaai
waar gaan ek heen, wat gaan ek doen hierna
tot ek besef dis hier maar net n reis
waar jy die reis begin is nie ter saak
dis slegs die eindpunt wat jou toekoms raak
en Jesus is in Ewigheid alleen die deur…
Nellie Sophia Lessing Blignaut deel die volgende gedig
Geweerloop
Die verskil tussen lewe en dood
lê in ‘n takkie wat kraak
of ‘n keel skoonmaak
as jul suutjies, behoedsaam
deur die bosse sluip
net een verkeerde stap
of droë blaartjie raaktrap
kan geweervuur ontlok
en ‘n makker laat val
met een harde knal
as jy in ‘n geweerloop vaskyk
weet jy vir ‘n breukdeel van tyd
dat jy gaan beswyk
en jou lewe gaan wyk
wyl jou makkers toekyk
sien jy jou geliefdes
voor jou oë verbyflits –
dan word alles swart
en jou bloed spat
as jy steier en bly lê
word daar stil om jou gekniel
wat het hul besiel
om jul hierheen te stuur
want kyk, die skrif
is aan die muur
© Sophia Lessing
2 Sept 2015
Linda Schoeman deel die volgende gedig
Die Lappiesmous.
Soos n reenboog belofte
kom die lappiesmous.
Teatraal sy spel wat nasies flous
Eenkant staan n wysgebou
gemaak van steen en klip
Binne in, verlate skip
Buite le die grafte wit
van mans en seuns
van hoop en leuens.
Gekruisde hout wat eensaam traan
Die doel vergeefs
Geen weg gebaan
Buite by die hek, daar wag
n nuwe mag
n nuwe nag
En eenkant op n groot rooi rots
sit n beer geswel van trots
Oe blink, lippe smaal
En in sy hande weeg n skaal
n Sekel teen n hammer op
Johammes Le Grange deel die volgende gedig
O Boerevolk
O, Boerevolk, waar gaan jy heen?
Het jy nog enige murg in jou been?
Weet jy nog wie jy is
of is jy reeds uitgewis?
Van waar kom die verraad so diep?
Net soos die dodelike griep
broer teen broer en pa teen seun.
Is jy reeds dood en die jou laaste kreun?
Die groot sterk helde het geval
en die perde was nog maar op stal.
Wat sou hulle tog kon doen
op die slagveld sonder enige roem?
Gelukkig, Boervolk, het God beskik
dat daar leiers is wat glad nie skrik
wie se moed vir geen oomblik wik
tot in die laaste fiere blik.
Gelukkig, Boervolk, het God ons gegee
vrouens met wie ons, ons liefde smee
vroue wat ons bystaan in die leiers wee
tot met ons laaste, laaste tree.
Geskryf deur AT du Toit
Graham Du Toit deel die volgende
FOR THEM THE LAST POST HAS SOUNDED
On 16 May 2016, let us pause for a minute to remember the following young men from our Generation who answered the Final Roll Call.
16 May 1964: Six members of the SADF were killed when their Military Vehicle was involved in a head-on collision with a Military Recovery vehicle while returning from a sports event at Uniondale. The casualties were:
P/23670 Staff Sergeant Abraham Carel Prinsloo from Infantry School. He was 30.
P/47351 Sergeant Johannes Hendrik August Agenbach from 1 Special Service Battalion. He was 22.
47320 Corporal Pieter Johannes Kotze from 2 SAI. He was 22.
P/25771 Trooper Izak Sybrand Visagie 1 Special Service Battalion. He was 20.
P/48357 Bombardier Johannes Adrianas Du Toit from 4 Field Regiment. He was 21.
P/52689 Rifleman Johannes Frederick Wepener from 4 Field Regiment. He was 18
16 May 1981: 05693015PE Warrant Officer Class II Isak Phillipus Venter from North West Command Headquarters was accidentally killed at Stilfontein when he was knocked down by a civilian vehicle during the Republic Day preparation festivities. He was 47.
16 May 1981: 76349216BG Rifleman Benjamin Buys from 16 Maintenance Unit was killed when his private motor vehicle overturned at Grootfontein. It appears that he had fallen asleep behind the wheel. He was 20.
Their names and sacrifice have not been forgotten.
Tertius van Heerden deel die volgende gedig
Die Army roep!!
Stadig loop ek op die koue beton
Hard en blink staan sy reeds en wag
Voete met geen emosie!
Word ek verslind in haar skag
Ek jonk, naief en rou uit die Karoo
Sit in die trein, oppad na die vreemde!
Die weermag roep! Dit was ons lot
Al wat my help, is God in wie ek glo!
Starend na buite waar landskap flietsend gly
Hoor ek ysterwiele op spoor verder verdwyn
My hart koorsagtig aan die klop
Dit is n eerste wat ek nou bely!
Weg geruk uit veiligheid!
Naak en ontbloot!, gestroop van beskerming
Wagtend soos voer vir die vreemde!
In my hart gestol!, n donker leemte
Skielik tref die werklikheid!
Kindwees is al gister verby
Ek nie alleen op die ysters wat kreun!
Orals om my is n ander ma se seun
Dit bring berusting in my binneste!
Word weg geklap met Geloof in God!
Grootmens wereld wat my oopmond wil verslind
Het my daar, net nader aan my Here verbind!
@Tertius van Heerden
Buks Barnard deel die volgende grappie
Dom Boer se lag vir die dag:
Op die keper beskou
Adjudant aan bevelvoerder: “Kolonel, ek moet rapporteer dat een van ons vroulike offisiere verlede Saterdag aan die Mejuffrou Kaalbas-wedstryd deelgeneem het.”
Bevelvoerder: “Dankie tog – die eenheid se eer is ongeskonde: Dit is ‘n geluk dat sy nie in uniform was terwyl sy dit gedoen het nie.”
