Aktueel: Hoekom bly ons Volk stil en laat alles begaan?

Aktueel 17 Aug 2016

Waar ons gesels oor dinge van belang vir ons Volk vanaf die Landbou tot huidige toestande in die land. Die program is saamgestel uit  8 Artikels

Ek nooi jou vriendelik Kontak my en ons maak ‘n afspraak om jou mening op die lug te kry.

Artikel 1

Zuma betrokke by Wes-Kaapse mafia?

Zuma-laggendReeds in November 2015 is ‘n verslag gepubliseer wat meld dat Zuma voor die 2011 verkiesings ontmoetings gehad het met van die mees gevreesde bende leiers in die Wes-Kaap.

Die ontmoeting sou volgens die gerugte, in sy amptelike woning in Groote Schuur plaasgevind het.

‘n Ene Lloyd Hil van die Durbanse onderwêreld het die ontmoeting gefasiliteer om steun vir die ANC te werf.  

Die bendeleiers het dan ook volgens berigte beloof dat hul Marius Fransman sal ondersteun om die Wes-Kaap in ANC hande te kry. 

Die ANC het uiteraard die berigte afgemaak as pateties en sonder waarheid, maar later het dit ook geblyk dat ‘n Kaapse persoon uit die onderwêreld, en  Mark Lifman reeds Zuma se verjaarsdag fees op 12 April 2014 bygewoon het. 

Daar was hy opgemerk in die geselskap van Fransman.  Intussen was Fransman betrokke by sy molesterings skandaal in Rustenburg en is daarna geskors deur die ANC.

Fransman het ’n aansoek na die hof gebring, maar Gwede Matashe het ‘n teen aansoek met koste aangevra, en dit het Fransman sy aansoek laat onttrek maar in die hofstukke blyk dit dat Fransman, volgens Patrick Chauke, die ontmoetings met die bendelede en Zuma gereël het. 

hereniging van ANC en EFF beslis op die tafel sal wees.

Bron: Vryburger

Artikel 2

Waterkrisis dreig

droogteTen spyte van redelik goeie reën in die winterreënvalgebied, is die stand van damme landwyd aansienlik laer as verlede jaar die tyd, en in sommige gebiede dreig ‘n krisis.

Die Vaaldam, wat onder andere water lewer aan die PWV-gebied, is tans slegs 34,5% vol, teenoor verlede jaar die tyd se 66,1%. Die Vrystaatse damme in geheel staan tans op slegs 55,1% teenoor verlede jaar se stand van 76,1%. Die Bloemhofdam is tans slegs 25,5% vol waar dit verlede jaar die tyd op 62,4% gestaan het.

In Natal lyk die situasie nog slegter met ‘n huidige stand van 44,7% (64,2% verlede jaar), Noord-Transvaal 51,8% (78,1%), Oos-Transvaal 55,9% (79,2%), Wes-Kaap 58% (66%), Noord-Kaap 65,7% (81,2%) en Oos-Kaap 66,2% (79,3%).

Die winterreën wat vir ‘n verrassing in Wes-Transvaal veroorsaak het, het die damstand egter gestyg. Tans is damme daar gemiddeld 65,2% vol, teenoor 63,8% verlede jaar. Sekere gebiede is egter nog glad nie uit die greep van die droogte bevry nie. Swartruggensdam is tans slegs 1,4% vol, terwyl dit verlede jaar hierdie tyd reeds krities was op slegs 5%.

Die damme in Lesotho, wat ook ‘n voedingsgebied is vir Suid-Afrikaanse riviere en damme, staan tans op 40,2% teenoor verlede jaar se 64,3%.

Baie boere kan nie meer besproei nie, en droogtehulp word steeds aan boere gegee waar moontlik.  TLU SA se hoofbestuurder, mnr. Bennie van Zyl, sê hulle kry steeds versoeke vir droogtehulp van kommersiële boere. Die publiek is egter steeds betrokke en dra steeds by tot TLU SA se droogtefonds.

hereniging van ANC en EFF beslis op die tafel sal wees.

Bron: Vryburger

Artikel 3

26 jaar later en ons is daar!

“As ‘n party hom nie vestig op die grondslae van nasionalisme nie, sal dit ná ‘n fase van wrywing en botsing uitloop op ‘n Swart meerderheidsregering wat, soos die les van Afrika leer, waarskynlik onder Kommunistiese beheer sal wees en Suid-Afrika betreklik gou sal afdruk tot die peil van nasionale armlastigheid, korrupte administrasie en miskenning van elementêre menseregte en demokratie­se waardes.” – Jaap Marais 1990

hereniging van ANC en EFF beslis op die tafel sal wees.

Bron: Praag

Artikel 4

MalemaANC-vlaggie-275x275 (1)EFF en ANC kan weer een word

Afwagting loop hoog in politieke kringe vir die verwagte aankondigings van politieke koalisies more. Beide die DA en EFF het aangekondig dat hulle more hulle politieke vennootskappe sal aankondig, terwyl die ANC skynbaar daarmee gaan wag tot na ‘n belangrike interne vergadering eerskomende naweek.

Verwarrende boodskappe word egter uitgestuur. Aan die een kant hou die EFF voet by stuk dat hy “nie sy identiteit aan enigiemand gaan verkoop nie”, maar aan die ander kant het ‘n woordvoerder, Mbuyiseni Ndlozi, gesê dat daar baie moontlikhede is en dat hulle met alle partye praat, insluitend die ANC.

In ‘n tipiese Animal Farm-ommeswaai het Ndlozi ontken dat hulle beweer het dat hulle nooit met die ANC ‘n koalisie sal aangaan nie. Hy stel dit egter dat dit ononderhandelbaar is dat Jacob Zuma as president vervang moet word aangesien hy die land se grondwet oortree het.

In politieke kringe word bespiegel hoe die ANC die situasie gaan hanteer, aangesien daar geen wesenlike verskille tussen die EFF en die ANC is nie, en Malema al aangedui het dat hy weer by die ANC sou wou aansluit. Zuma is egter die probleem.  Beide die ANC en die EFF klou aan die gewraakte Freedom Charteren beide is bedmaats met die SA Kommuniste Party.

Daar is al in die politieke wandelgange bespiegel dat Zuma teen Oktober vanjaar op ‘n soort permanente verlof sal gaan weens “gesondheidsredes”. Die naam van die omstrede parlementêre speaker, Baleka Mbete, se naam word genoem as die sy tussentydse opvolger tot die volgende algemene verkiesing in 2019.  Dit sou die weg baan om wel met die EFF in koalisie te gaan.

Sou die EFF wel met byvoorbeeld die DA in koalisie gaan, word dit as kortstondig gesien totdat die ANC op ‘n elegante manier van Zuma kan ontslae raak, waarna ‘n hereniging van ANC en EFF beslis op die tafel sal wees.

Bron: Vryburger

Artikel 5

Rassisme Voltaire-3Diskriminasie binnekort ‘n misdaad

Die ANC-bewind is vasbeslote om voort te gaan met die sogenaamde Rassisme Wet. Dié wet sal enige vorm van rassisme, gewaande haatspraak en diskriminasie ‘n misdryf maak waarvoor mense tronk toe kan gaan.

‘n Juris met wie Die Vryburger gesels het, sê dat die situasie sou kon ontstaan dat meer mense vir diskriminasie in die tronk kan wees as wat daar moordenaars sal wees. “Enige mens diskrimineer,” het sy gesê. “Wanneer ‘n man en vrou besluit om te trou, diskrimineer hulle in wese met die mense met wie hulle nie getrou het nie. Dis diskriminasie. Diskriminasie is die reg om te kan kies, en die hele lewe bestaan uit keuses,” het sy gesê. “Dit gaan interessant wees om te sien hoe die wet uiteindelik daar uit gaan sien, aangesien die land se grondwet juis voorsiening maak vir diskriminasie, om die sogenaamde ongeregtighede van die verlede reg te stel. Daar kan verwag word dat hierdie wet nog in terme van sy grondwetlikheid uitgedaag gaan word.”

Die wetsontwerp is egter nog vertraag omdat haatspraak daarby ingeskryf moet word, en die definisie daarvan nog nie gefinaliseer is nie.

Die situasie kan ontstaan dat voorstanders van apartheid, nou tot misdadigers verklaar kan word, en dat enige onbenulligheid gesien kan word as haatspraak, met die risiko van tronkstraf daarvoor.

Openbare deelname sal binnekort begin sodra die wetsontwerp gefinaliseer is. Die geskiedenis het egter al geleer dat daar nie veel aandag gegee word aan voorleggings tydens openbare verhore nie, en dat dit net ‘n skynproses is.

Bron: Vryburger

Artikel 6

Krag dalk terugwerkend goedkoper na Ners-bloedneus

Eskom megawattparkDie energiereguleerder Nersa is gedwing om terug te gaan na die tekenbord om sy toegelate elektrisiteitsverhoging aan Eskom te hersien.

Dit volg na ‘n uitspraak in die Pretoriase hooggeregshof teen Nersa. Aangesien die hof nie die tarief self kan bereken nie, het hy dit na Nersa terugverwys om te hersien.

Dit kom in wese daarop neer dat die nuwe tariewe wat Eskom in April vanjaar in werking gestel het, moontlik onregmatig was, met die gevolg dat die verbruikers te veel betaal het. Hoe die saak reggestel gaan word, is nog onseker. Nersa moet nou eers die tariewe hersien, wat beteken dat die verbruiker eers sal weet waar hulle staan as die nuwe tariewe aangekondig word en dan dan eers bereken kan word wat die verbruiker te veel betaal het.

Direkte verbruikers van Eskom behoort voordeel daaruit te trek, maar ook verbruikers wat elektrisiteit kry deur middel van tussengangers soos munisipaliteite. Munisipaliteite plaas gewoonlik nog ‘n wins bo-op die Eskom-pryse, wat beteken dat hulle ook onder druk gaan kom.

Daar was geruime tyd reeds vrae oor Nersa se werkswyse. Hulle hou ‘n proses van openbare verhore, waar die publiek en belanghebbende instansies hulle voorleggings kan maak oor moontlike prysverhogings. Die uitkoms is meesal dat Eskom sy sin of naby sy sin kry met bo-inflasie prysverhogings wat hy wil hê. Nersa is, soos Eskom, uiteindelik staatsbeheer wat beteken dat hulle na mekaar se belange moet omsien.

Vier sakemanne van Port Elizabeth het uiteindelik die bul by die horings gepak en die saak suksesvol hof toe geneem.

Dit is nog nie bekend of Nersa gaan appelleer nie.

Bron: Vryburger

Artikel 7

Mike revolusie2

Die rewolusie woed onverpoosd

Die stof rondom die verkiesing wil maar nie gaan lê nie.

Die nuus van die week blyk te wees dat die DA nou sommer verder links verby die ANC wil beweeg met ´n EFF-koalisie.

Dít is nie meer politiek nie, maar rewolusie.

Die ouer garde sal onthou dat Nelson Mandela het sy terreurstryd teen blankes begin in 1951/52, kort nadat ´n Afrikanerregering weer aan bewind gekom het en daadwerklike stappe geneem het om ook aan swart stamme hul stamgronde, eie regerings, stemreg en ekonomiese geleenthede te gee.

Dit was egter nie wat kommuniste soos Mandela en Slovo wou sien nie – vir hulle was die prys alleenoorheersing.

In hierdie Stalinistiese rewolusionêre ambisies het Brittanje die geleentheid gesien om die verkiesingsneerlaag van hul plaaslike jingo-Afrikaners te probeer stuit.

Ons ken in minder of meerdere mate die geskiedenis sedertdien.

Ook hoe die eerste suksestreë in hierdie rewolusie in 1990-94 gegee is, deur ´n SAKP-ANC alliansie (koalisie as jy wil) met die medewerking van die NP-NGK-Broederbond troika.

Maar die rewolusie het nie daar gestop nie.

Dit woed sedertdien op beleidsterreine met sportkwotas, aandele-eise van sogenaamd benadeeldes, werkreservering vir onbevoegde kaders en nog wat.

Die groot leuen word voorgehou as regverdiging: “geen grond, geen stemreg, geen geleenthede…”

(Maar niemand rep ´n woord oor miljarde der miljarde wat aan swart opheffing bestee, maar verbrand en afgebreek was nie – meer hieroor in ´n ander rubriek)

Vandag ervaar ons weer ´n verskerpte, openlike rewolusie:

Dorpe en streke word onbegaanbaar gemaak;

Kampusse word ontwrig en verwoes deur massas;

Infrastruktuur – juis dienste-infrastruktuur – word lukraak verwoes deur mense wat beweer ontevrede te wees met die korrupsie waarvoor hulle hulself beywer;

Geweld en geweldsmisdaad is aan die orde van die dag.

Die enigste heenkome wat eerlike, hardwerkende landsburgers eens geniet het – beskerming deur die howe en die owerheid – bestaan nie meer nie.

 Die rewolusie betree ook ´n nuwe fase, ´n ironiese oorwinning.

Blanke kiesers het by die honderde duisende opgeruk en die DA-EFF landwyd ondersteun – partye wat bloot die rewolusie van Nelson Mandela voortsit.

In 1990-94 is ons volk minstens verraai deur swakkelinge en eiegeregtige politici.

Sedertdien het “JA”-stemmers skaarser geword as hoendertande.

Hierdie rondte het die meerderheid gekies om die rewolusie verder in wetgewende strukture te verskans.

Bron: Vryburger

Artikel 8

Jan Taks wil groot hap uit trusts vat

Belasting

Die boerevriend Jan Taks slyp sy tande vir trusts en wil meer uit belasting vir trusts opeis.

Die Tesourie sal in die toekoms veel meer uit trustbelastings kan verdien as die Parlement die Wysigingswet op Belastingwette vir 2016 aanvaar, wat pas by die Parlement ingedien is.

Boedelbelasting beloop jaarliks maar R1 miljard van Suid-Afrika se algehele jaarlikse inkomste van R1,1 biljoen.

Die wysigingswet beoog om belastingbetalers se vermoë om welvaart belastingvry oor te dra, te beperk met reëls wat bepaal wanneer rentevrye lenings of lenings onder die markkoers wat aan trusts gemaak word, as donasie-aftrekkings geëis kan word.

Indien die wysigings goedgekeur word, sal dit aanstaande Maart in werking tree.

Van die voorstelle is:
* ’n Trust mag nie belastingaftrekkings eis vir die terugbetaling van rentevrye lenings nie.
* By lenings aan trusts met rentekoerse laer as markwaarde, kan die trust slegs die rentebetalings onder die markkoers as ’n aftrekking eis.
* Waar iemand verbonde aan die trust, soos ’n begunstigde of dié se familielid, ’n rentevrye lening aan ’n trust maak, moet ’n markverwante rentekoers (dit is tans 8%) op die lening betaalbaar wees. Die trust sal nie dié rente van sy belasting kan aftrek nie. Die geldskieter sal egter vir die rente belas kan word, en as die geldskieter nie dié rente binne drie jaar verhaal nie, sal dit as ’n skenking aan die trust gesien word en as skenkingsbelasting teen ’n koers van 20% belas word.

Die wysigingswet volg op die Davis-belastingkomitee se ondersoek verlede jaar na hoe boedelbelasting gemoderniseer en trusts belas kan word om belastingontwyking te voorkom.

Die staande komitee op finansies sal openbare sittings oor die wetgewing hou, waarna hy sal besluit of die wysigings aanvaar of verder gewysig moet word.

Bron:Landbou nuus

Hoekom bly ons stil en doen niks oor die wette wat stil stil ingesluip word, oor ons mense wat gemartel en vermoor word, die volksmoords op ons volk?

Volksmoord is nie net om dood gemaak te word nie maar die vernietiging van jou erfenis, kultuur, monumente, standbeelde, geskiedenis, taal, skole, universiteite en godsdiens ook, jy word ontneem van jou en jou gesin se sekuriteit en voortbestaan deur BEEE en AA wette.  Die vermorsing van jou belasting geld op Nkandlas, vliegtuie, luukse vakansies vir die ministers peper duur hotelverblyf vir van die regime se ministers, duur geskenke vir tradisionele leiers.  Hoekom bly ons Volk stil en laat alles begaan?

Kontak my by nuus@saukradio of corrie.slabbert3 en ons voer ‘n onderhoud oor jou opinie en voorstelle


 

(Visited 121 times, 1 visits today)

You might be interested in

Post A Comment For The Creator: SAUK TV

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.