Geskiedenis Woensdag 17 Augustus
Dit is opvallend dat baie vroue wat die Kaap bereik het, op ‘n ongewenste manier, naamlik as verstekelinge op skepe aangekom het. Waarskynlik moet dit toegeskryf word aan desperaatheid om die armoede en swaarkry van hul vaderland te ontvlug. Dit het ongetwyfeld ‘n hoë mate van persoonlike moed vereis om die gevaarlike seereis na die Kaap aan te durf sonder om te weet wat aan die einde daarvan wag. Wat durf en deursettingsvermoë betref, was hierdie vroue ‘n aanwins vir die jong kolonie gewees.
Opvallende eienskappe van die Franse Hugenotefamilies was, was dat hulle kinderryk was en nog lank by voorkeur onder mekaar getrou het. Bloedvermenging met ander volke het ook minder onder die Franse voorgekom. Die Franse vrou het bygedra tot die godsdienstigheid, wellewendheid, blymoedigheid, vernuftigheid en welsprekendheid, wat gewoonlik aan die Franse toegeskryf word. Die Kaap was as gevolg van sy ligging minder geïsoleerd as wat verwag kon word. Skepe uit Nederland, Engeland en Frankryk het gereeld in die hawe van Kaapstad anker gegooi, terwyl offisiere en soldate in Kaapstad huisvesting gesoek het. Dit is bekend dat baie Kaapstadse huisgesinne betalende gaste gehuisves het. Die gevolg was dat Europese modes, gebruike, danse en musiek aan die Kaap oorgedra was.
Die lewe van die VOC amptenare was gekenmerk deur amper ongelooflike weelde, prag en praal. Kultuurhistoriese museums in die Kaap en in ander dele van Suid-Afrika besit ryk erfenis van oorgeblewe meubels, ingevoerde glaswerk, porselein, koper, juwele en Kaapse silwer uit hierdie tydperk.
Geskiedskrywers maak melding van die pragtige huise, swierige en modieuse kleredrag, spoggerige koetse en oorvloedige maaltye. Daar word bygevoeg dat die skyn van welvaart en rykdom by vele uit klatergoud bestaan as gevolg van die kwynende posisie van die VOC. aan die einde van die 18de eeu. Dit is dus geen wonder nie dat die Pragen Praalwette uitgevaardig is nie. Die talryke beperkings het onder andere ook die vrou geraak, so byvoorbeeld is dames wie se man ‘n rang as onderkoopman en laer beklee het, is nie toegelaat om syklere met sy geborduur of fluweel skouermantels te dra nie, terwyl daar n boete op die dra van ‘n sleeprok was.
Gedurende die laaste twee dekades van die agtiende eeu het die swier en weeldesug ‘n hoogtepunt bereik, as gevolg van die aanwesigheid van ‘n Franse regiment aan die Kaap weens die uitbreek van die Vierde Engelse oorlog in 1780. Die teenwoordigheid van die Franse het nie slegs tot ‘n ekonomiese oplewing gelei nie; ook op sosiale gebied was die Franse invloed onmiskenbaar, sodanig so dat besoekers na Kaapstad as ‘n klein Parys verwys het. In die tyd is talryke huise gebou en die Kaaps-Hollandse boukuns het ‘n hoogtepunt bereik.
Swierige plaashuis in die Drakensteinse gebied
Daar is interessante navorsing oor die tipe persoon wat na die Kaap toe gekom het. Ad Biewenga, ‘n Nederlandse navorser, het ondersoek ingestel na die geskooldheid van nuwe burgers in Suid-Afrika. Hy het die Stellenboschdistrik vir die jaar 1704 nagevors en bevind dat 49 persent van die manlike en 42 persent van die vroulike burgers kon lees of skryf.3 ‘n Groot persentasie was dus nie ongeskoolde vlugtendens nie. Vir mense wat al soveel smart, hartseer en ontvlugtings moes deurmaak, was die lewe in diens van die VOC beslis ‘n kans tot uitkoms gewees. Met dit as agtergrond kan daar alreeds ‘n begrip ontwikkel word waarom die stamvaders so hoë premie geplaas het op wet en orde en hul gevolglike hantering van die slawe. Ook moet in gedagte gehou word dat gedurende die VOC tyd vasgestel is op die relatief rype ouderdom van 25 jaar of met huwelik.
Mense jonger as 25 jaar kon vir veniam aetati vra, dit wil sê die reg om hul eiendom self te bestuur. Dit was ook die wetlike beginsel in Nederland. (Met die Engelse oorname het die wetgewing in 1806 verander na 21 jaar of met ‘n huwelik.) En wie was die eerste persoon volgens opgetekende rekords wat homself ‘n Afrikaner genome het? Hendrik Bibouw. Volgens Hermann Giliomee, skrywer van The Afrikaners, was Hendrik in Maart 1707 in ‘n onderonsie met landdros Starrenburgh van Stellenbosch gewikkel. Hendrik Bibouw en sy drie vriende Jan Cloete, Hans Beijer en Matthys Greef was lawaaimakers en
dronkaards. Hulle het wild met hulle perde op en af in die strate gejaag het en geskreeu en tekere gegaan. Jan Cloete het ook die vrou van Simonsz uitgeskel as ‘n dame van losse sedes.
Met Bibouw se astrante houding teenoor Starrenburgh, het hy gesê dat hy nie sal swyg nie. In die woordewisseling het Bibouw gesê: …ik wil niet lopen, ik bin een Afrikaander, al slaat de landrost mijn dood… Die politieke betekenis hiervan was dat Bibouw homself nie meer wou beskou as ‘n setlaar Hollander wat deur die VOC uit Amsterdam deur ‘n landdros in Stellenbosch regeer word nie. Hy het homself as inheems beskou en wou onafhanklik wees. Die geskiedkundige voorval eindig waar Starrenburgh vir Bibouw met ‘n rottang slaan en Bibouw dit probeer gryp, Dirk Simonsz wie se vrou uitgeskel was, sy sabel uittrek met die gevolg dat Bibouw toe weghardloop. Hendrik Bibouw het ten tye van sy oorlye langs Douwe Gerbrantsz Steyn en Maria Lozee gewoon, asook langs die vryswartes Louise en Domingo van Bengale en Maria Hansdochter, ‘n vrygestelde slafin. Hy het ook ‘n kind by ‘n slaaf gehad. Die eerste Afrikaner was dus maar ‘n wille man in meer as een opsig gewees.
Regspleging het op ‘n vreemde en brutale manier plaasgevind.
Die vestiging van die Kerk
Dit word algemeen aanvaar dat die eerste gemeente aan die Kaap met die volksplanting in 1652 tot stand gekom het. In die begin moes die koloniste egter met die dienste van ‘n godsdiensonderwyser en sieketrooster Willem Wylant tevrede wees. Die eerste nagmaalsbediening aan die Kaap word op 12 Mei 1652 deur ‘n besoekende leraar, ds Johannes Backerus, waargeneem. Die eerste doop word egter meer as ‘n jaar later op 24 Augustus 1653 vir die eerste keer aan die Kaap bedien.
Uiteindelik, nadat die volksplanting goed op dreef gekom het, besluit die Here XVII in Amsterdam om die eerste voltydse leraar in die Kaap aan te stel. Op 18 Augustus 1665 land ds Johannes van Arckel in Tafelbaai. In ds Van Arkel se dienstermyn het dit ook nodig geword om ‘n houtgebou as kerk te gebruik. In Desember 1665 is die gebou van ‘n steengewel en ‘n vloer voorsien. Later, in 1672, is die eredienste in die “Kat”-raadsaal van die Kasteel gehou.
Die eerste volwaardige kerkgebou, waarvan die boukoste ‘n som van £2,200 beloop het, is eers in ds Petrus Kalden se dienstyd, op 6 Januarie 1704, ingewy.
Ds Petrus van der Spuy was die eerste gebore Afrikaner wat predikant geword het. Gedurende 1704 is besluit om die kerk te vergroot. Dit word teen ‘n bedrag van £4,000 gedoen en in 1781 ingewy. Die teenswoordige pragstuk van ‘n preekstoel word teen ‘n bedrag van £708 deur die ervare beeldhouer Antonie Anreith uit die beste Indiese hout gebeitel en in November 1789 ingewy. Later moes hierdie kerkgebou egter afgebreek word en is die nuwe gebou, die Groote Kerk, in 1841 plegtig ingewy. Al wat van die gebou van 1704 behoue gebly het, is die huidige toring.
Die vestiging van die kerk aan die Kaap het saam met die bevolking versprei namate hul oor die land uitgebrei het. Baie stamouers van die vroeë Kaap was ook betrokke by dieselfde kerke.
Dit is verbasend dat die eerste 150 jare daar baie min kerke aan die Kaap was. Verskeie geskiedkundiges skryf dit toe dat die mans te lui was en in ongeloof gelewe het. In 1770 is 90 persent4 van die vroulike burgers as gereelde kerkgangers bestempel terwyl slegs ongeveer ‘n derde mans enigsins aan ‘n kerk behoort het.
Die Kaapse Sinode het eers in 1824 totstand gekom. Die Kerkraad van Kaapstad het die sinode byeengeroep vir 2 November 1824 ter bevordering van die belangen der gezamentlijke Nederduitsche Christelijke Hervormde gemeenten. Die kerkraad van die hoofstad het met die Kommisaris-Politiek, die Edele Agbare Heer PJ Truter ontmoet. Raad van Justisie het in die konsistorie sitting geneem om die geloofsbriewe van die afgevaardigdes te ontvang.
Die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Reitz
| Die Groot Trek |
|
BO: Op die trekpad na die noorde … Detail van ’n kleurplaat deur Pierneef op die voorblad van Die Huisgenoot se Gedenkuitgawe vir die Groot Trek, Desember 1938. In presies duisend woorde*… die verhaal van die groot * Duisend woorde in hoofteks; sluit nie byskrifte by foto’s in nie. |
|
Die werklikheid was dikwels veel minder romanties. Dit het selfs honderde se dood gekos. Maar hoeveel anders Suid-Afrika vandag sou gelyk het as daar geen Groot Trek was nie, kan geen mens hom werklik indink nie. Daarvoor lê die spore van hierdie ou pioniers eenvoudig te diep in ons geskiedenis ingegrif. Soos ’n Afrikaner-geskiedkundige sê: “Alle Afrikaanssprekendes wat nog hul Afrikanerskap in ere hou, sal nie kan vergeet hoe hul volk sy eintlike beslag in die Groot Trek gekry het nie.” Die Groot Trek word saaklik beskryf as die georganiseerde verhuising van tussen tien- en twaalfduisend Afrikaners in die jare dertig van die 1800’s uit die oosgrensdistrikte van die destydse Kaapkolonie na die binneland. Hulle sou later die Voortrekkers genoem word. Die Kaap was sedert 1806 onder Britse beheer. Na die noorde is Suid-Afrika deur verskillende swart stamme bewoon, nie die minste nie die Zoeloes in die teenswoordige KwaZulu-Natal, wat deur die toedoen van hul koning Chaka in ’n magtige ryk verenig is. Die oosgrensdistrikte was die distrikte van Graaff-Reinet, Uitenhage, Somerset-Oos, Tarka, Grahamstad, Cradock en Colesberg. Oor die presiese redes waarom die Afrikaner-Boere besluit het om die Britse juk af te werp, is daar nie eenstemmigheid onder al die geskiedkundiges nie. Die tradisionele siening is dat die grensboere se griewe, wat oor die jare heen opgebou het, gesetel het in hul gevoel dat hul selfstandige geestelike bestaan bedreig is deur ’n doelbewuste verengelsingsbeleid en hul stoflike bestaan deur ’n reeks verwoestende grensoorloë teen die Xhosa. Daarom sou die grensboere onder die Britse gesag uittrek om in die binneland ’n onafhanklike staat volgens eie aspirasies in die lewe te roep. Hulle het egter nie net skielik opgepak en getrek nie. Die verhuising is voorafgegaan deur voorbereiding en beplanning, onder meer deur die sogenaamde Kommissietrekke. Drie kommissies is uitgestuur om die binneland te verken en ’n geskikte woongebied uit te soek — een verkenningstog na Natal, ’n ander tot aan Soutpansberg en ’n derde deur Boesmanland tot êrens in Damaraland. Oor hierdie verkenners se verslae is weinig bekend, maar hul bevindings moet bepaald ’n rol gespeel om die trekkers te laat besluit watter roetes die wenslikste was. Verskeie trekgroepe het by verskillende geleenthede die Kolonie verlaat. Die eerste, in 1833, was dié van Louis Trichardt en Johannes Hendrik Janse van Rensburg (“Lang Hans”). Daarna het die trek van Andries Hendrik Potgieter gevolg, by wie die vroom geestelike leier Sarel Arnoldus Cilliers hom aangesluit het. Potgieter reis na die Soutpansberg om met Trichardt in aanraking te kom, maar intussen word sy mense by die Vaalrivier aangeval. Daarna word die Matebele deur die trekkers by Vegkop gestuit (Oktober 1836). Die Van Rensburg-trek word egter in Junie 1836 uitgemoor en Trichardt bereik in April 1838 Delagoabaai ná veel ontberinge. Met die aankoms van die trek van Gerhardus (Gert) Marthinus Maritz word die eerste Voortrekkerbestuursreëling by Thaba Nchu getref (Desember 1836) en daarna word ’n strafekspedisie teen Umziligazi (of Moslekatse of Silkaats), grondlegger van die Matabele-volk, by Mosega onderneem. Toe die trek van Piet Retief in die binneland aankom, word Retief deur die trekkers tot goewerneur verkies (April 1837). Intussen kom ook die trek van Pieter Lafras Uys aan, en saam met Potgieter word ’n tweede ekpedisie onderneem teen Umziligazi, wat oor die Limpopo gedryf word. Die gevoel sou ontstaan dat die wêreld oorkant die Vaal met hierdie oorwinning “vir die beskawing verseker is”. Soos so dikwels in die verlede, en tot vandag toe, het onderlinge leierstwiste die Afrikaner ook tydens die Groot Trek verdeel. Onenigheid ontstaan naamlik oor waar die Trekkerstaat uiteindelik opgerig moet word. Retief en sy volgelinge besluit om Natal toe te gaan, waar hy van die Zoeloe-koning Dingaan ’n woongebied ruil. Maar op 6 Februarie 1838 word Retief met sewentig manskappe en ’n groot getal agterryers met sy tweede besoek aan Dingaan om die lewe gebring. BO: ‘n Voorstelling van die moord op Retief en sy manne uit ‘n baie ou Hierna val die Zoeloe-impi’s die laers langs die Bloukrans- en Boesmansrivier aan en dood ongeveer 350 van die trekkers. Potgieter en Uys kom hul medetrekkers te hulp, maar word by Italeni in ’n hinderlaag gelok waar Uys en andere die lewe inskiet (April 1838). Potgieter verlaat Natal, ruil grond in die latere Vrystaat, maar gaan vestig hom uiteindelik in Ohrigstad en nog later by Soutpansberg. ’n Tweede Zoeloe-aanval word in Natal afgeweer, en ná Maritz se sterfte word die grensboer Andries Wilhelmus Jacobus Pretorius deur Sarel Cilliers versoek om na Natal te kom om die trekkers te lei. Pretorius word tot kommandant-generaal gekies om ’n strafekspedisie teen Dingaan te lei, wat uitloop op die trekkeroorwinning in die Slag by Bloedrivier op 16 Desember 1838. In 1840 word ’n tweede ekspedisie, die Beestehaal-kommando, uitgestuur en Panda tot koning van die Zoeloes verhef. (Terloops, Pretorius sou in Afrikanergeledere as ’n geniale veldheer en staatsman onthou word — iemand wat seker meer as al sy tydgenote die wese van die Groot Trek en die wordende republikeinse ideaal van die Afrikaner deurgrond het. Pretoria is na hom genoem — en hierdie feit help om die groot bohaai oor ons eietydse naamsverandering van Pretoria tot Tswane te verklaar.) Die Republiek Natalia, wat intussen uitgeroep is, sluit in 1840 ’n verbintenis met die trekkers wat by Winburg en Potchefstroom ook ’n eie bestuur in die lewe geroep het. In 1842 word die Republiek Natalia deur Britse troepe beset en in 1843 finaal geannekseer. Baie trekkers trek hierna weer oor die Drakensberg om hulle vry van Britse oorheersing op die Hoëveld te gaan vestig. Dit was egter eers met die ondertekening van die Konvensies van Sandrivier en Bloemfontein dat die Britse agtervolging gestaak en die staatkundige ideaal van die Groot Trek verwesenlik is… met al die enorme gevolge wat dit op alle terreine vir Suid-Afrika sou hê. |
Baanbrekers foto
In die jare dertig van die negentiende eeu vind ’n groot volksverskuiwing in Suid-Afrika plaas wat die gang van die geskiedenis dramaties sou beïnvloed. Etlike duisende Boere maak hulle los van die Britse gesag in die Kaapkolonie en wyk die binneland in om ’n nuwe lewe te begin en die Christendom daar te vestig. Ses name staan uit in daardie epiese uittogte oor die Oranje: Van Rensburg, Trichardt, Potgieter, Maritz, Retief en Uys. In hierdie artikel bekyk ons dié ses leiers van naderby… en plaas ons illustrasies van hoe vyf van hulle kon gelyk het, wat op beskrywings van tydgenote en ander inligting gegrond is. Portrette of afbeeldings van die meeste van hulle—indien hulle in daardie pionierstyd ooit so iets besit het—het ongelukkig nie bewaar gebly nie…onder:RUDI SENNETT vir “Ons Wonderlike Wêreld” |
|
| Lang Hans van Rensburg en Louis Trichardt LOUIS TRICHARDT se geselskap en dié van Lang Hans van Rensburg was die eerste wat die uittog uit die Kolonie na die noorde aangedurf het. Met hul trekke was hulle baanbrekers in ’n ruwe en onontwikkelde land. Trichardt (gebore in die wyk Kango—later Oudtshoorn—op 10 Augustus 1783, en oorlede in wat vandag Maputo is op 25 Oktober 1838) was ’n lid van ’n gesiene familie in die oostelike grensdistrikte van die Kaapkolonie. Deur sy dagboek, waarin hy selfs die geringste besonderhede aangeteken het, leer ons hom en sy mense ken soos geen ander trekgeselskap in die geskiedenis nie. Sy trek het in die begin van 1836 met nege mans, nege vroue en 31 kinders oor die Oranjerivier beweeg. Dit was kort op die hakke van Van Rensburg se trek van tien mans, tien vroue en dertig kinders. Trichardt-hulle moes ervaar hoe die Van Rensburg-groep, wat net soos hulle in April 1836 die Vaalrivier oorgesteek het, later nadat hulle geskei geraak het, as ’t ware in die niet verdwyn het. Lang Hans (’n eie neef van ’n ander trekkerleier, Potgieter) en sy mense is vermoedelik deur die Sjangaans by die samevloeiing van die Olifants- en Limpoporivier gedood. Trichardt het by ’n Magwamba-hoof ’n spieël, verkyker, geweer en gordel gesien, en jare later is ’n paar ou gewere gevind—ál oorblyfsels van die Van Rensburg-trek. Deur wel en wee, deur hoop en ontberinge volg ons die oorblywende voorste Voortrekkers verder tot waar Trichardt sy dagboek skielik afsluit met die smartkreet: “Mijn Liefste en Dierbaar pand wierd van mijn voor Eewig genomen.” Só beskryf hy die dood van sy vrou, Martha, aan koors. BO: Die dorp Louis Trichardt, soos dit destyds deur Jacob Hendrik Pierneef (1886-1957) geskilder is. • Die dorp Louis Trichardt, aan die voet van die Soutpansberg in die provinsie Limpopo, is in 1899 gestig en na die ou Voortrekkerleier genoem, wat tydens sy veelbewoë trek ook daar naby vertoef het. Beswaardes het hul verset teen die dorp se naamsverandering na Makhado, die naam van ’n negentiende-eeuse Venda-koning, tot in die Appèlhof gevoer. Die naamsverandering (in 2003) is in 2007 deur die hof ongedaan gemaak. Andries Potgieter ANDRIES HENDRIK POTGIETER [voorstelling REGS], wie se trek van tweehonderd siele die eerste georganiseerde trek uit die Kolonie was, was in die distrik Tarka, waar hy gewoon het, ’n man van aansien. Sy trek, wat uit mense uit die distrikte Tarka en Colesberg bestaan het, het net voor die winter van 1836 in die omgewing van die Vetrivier in die latere Vrystaat aangekom. Volgens die beskrywing van tydgenote was Potgieter ’n groot man, sterk gebou en met ’n indrukwekkende voorkoms. Sy baard en hare was donkerbruin met ’n rooi skynsel, en een bron verwys na die breërandhoed wat hy in die week gedra het, maar ’n hoëbolkeil met plegtighede. Die illustrasie hierbo is gegrond op sekere van daardie inligting, maar ook grootliks op ’n skets wat heel moontlik in 1837 gemaak is. Daar word gesê dat hy ’n man was met ’n goeie insig van sake en wat ook geweet het om gehoorsaamheid van sy onderhoriges af te dwing; hy het nie maklik teenstand geduld nie. Gerrit Maritz GERHARDUS MARTHINUS (GERRIT) MARITZ [voorstelling LINKS] was ’n uitmuntende wamaker en een van die vermoëndste manne op Graaff-Reinet voordat hy met sy trek van honderd waens en sewehonderd mense die beskawing vir die destydse wildernis verruil het. Volgens die Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek het die beste en mooiste waens uit sy wamakery gekom. Dit is byvoorbeeld bewys deur sy eie sewe spoggerige kakebeenwaens waarmee hy op trek gegaan het: blou geskilder en nie met die ronde tente van die gewone kakebeenwaens nie, maar met platboog- of kaptente, wat hulle ’n mooier fatsoen gegee het. Die produkte van sy wamakery was tekenend van die man self: ’n baie presiese persoonlikheid. Maritz (gebore in Maart 1797 in die distrik Graaff-Reinet en oorlede in sy vroeë veertigs op 23 September 1838 in Natal) was vir sy tyd ’n belese en ontwikkelde persoon. Soos in Die Huisgenoot se Gedenkuitgawe van die Groot Trek in Desember 1938 vertel word, was hy groot en fris gebou, met ’n donkervaal baard. Inligting was verkry by http://www.mieliestronk.com/groottrek.html
|












