Forum Nuus: AfriForum wys agterstand met bestuurslisensies kán ingehaal word 16-09-2025

AfriForum het vandag met ’n funksionerende lisensiekaartdrukker voor die hoofkantoor van die Departement van Vervoer in Pretoria demonstreer dat die druk van bestuurslisensiekaarte nie ’n duur, uitgerekte proses hoef te wees nie. Dié departement het slegs een werkende drukker wat oor die afgelope paar jaar herhaaldelik in die buiteland herstel moes word. Dit het nou reeds tot ’n reuseagterstand in die druk van lisensiekaarte gelei. Dié agterstand staan tans op ongeveer 500 000 kaarte.

(Visited 1 times, 1 visits today)

You might be interested in

Post A Comment For The Creator:

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.