Inwoners van Welverdiend, wes van Carletonville, is al bykans ’n maand lank sonder krag. AfriForum beywer hom daarvoor om die humanitêre krisis wat hier dreig, af te weer. Talle huishoudings ondervind voedseltekorte weens die reuseverlies aan bederfbare kos, terwyl sekere inwoners ook duur medikasie wat teen ’n sekere temperatuur bewaar moet word, moet weggegooi en dit nie kan bekostig om dit te vervang nie.
