Ernst Roets, hoof van Beleid en Aksie by AfriForum, meen daar is ’n sterk saak teen Julius Malema en die EFF oor die sing van die liedjie Kill the Boer. Malema sien niks daarmee verkeerd as mense dit sing nie, terwyl AfriForum meen dit is haatspraak en moedig geweld aan. Malema kan met R500 000 beboet word as die hof hom skuldig bevind.
