Danksy die AfriForum-tak in Ventersdorp is ’n kontrakteur van die munisipaliteit, wat onwettig riool gestort het, afgedank. Dié tak is ook met verskeie ander projekte besig waaronder die skoonmaak van die dorp. Sowat 15 ton vullis is in een maand weggery. Hulle is ook in die proses om kameras te installeer wat sal help om verskeie kriminele aktiwiteite te monitor en oortreders aan te keer.
