02 PLAASVEILIGHEID: AANVALLERS

AANVALLERS
Tussen 600 to 500 VC het die beroemde en suksesvolle Sjinese Generaal San Tsoe beklemtoon dat dit belangrik is om jou vyand te ken. As ‘n mens goeie inligting het kan jy effektiewe teenmaatreels tref.
In hierdie konteks: WIE IS PLAASAANVALLERS?
 Amper altyd mans
 Omtrent helfte van aanvallers is vroee 20’s maar daar is een of twee gevalle waar aanvallers meer as 50 jaar oud was
 In 15% gevalle was een of meer aanvallers werkers of voormalige werkers
 In 1 uit elke 10 aanvalle was daar buitelanders (byvoorbeeld burgers van Mosambiek of Zimbabwe) betrokke
 In 2 van die meer as 100 aanvalle was ‘n polisielid of voormalige lede betrokke
 7% van aanvallers wat gevonnis is het ‘n kriminele geskiedenis gehad voor hulle ‘n plaasaanval uitgevoer het
 In een geval in die Brits area is ‘n man gevonnis nadat hy by ten minste 4-5 plaasmoorde betrokke was

Wapens
 Vuurwapens is gebruik in 53% van aanvalle.
 In 5% van aanvalle wat ontleed is was een van die volgende Polisie of Weermag items gebruik: 9mm pistole, ‘n R1 geweer, polisie klere, ‘n koeelvaste baadjie. In een geval, wat moontlik aan ‘n transito roof bende gekoppel kan word, was ‘n AK 47 gebruik.
 Aanvallers gebruik ook messe (20%), staalpype (9%) en kapmesse (8%)
 Dit is belangrik om te weet outomatiese wapens is net in 2% van die aanvalle gebruik – jy kan jou op gelyke voet verdedig as die omstandighede reg is.

 
Toerusting
 Koevoet (Crowbar) – mees algemene items
 Byle, Hamers, Bobbejaan spanners, boltcutters selfs tuingereedskap
 In een tot twee gevalle is taktiek en toerusting gebruik wat ook in transito rooftogte gebruik word byvoorbeeld ‘n selfoon jammer
 Tydens een uit elke 5 aanvalle is klapmusse / ballaklavas gedra en soms is gerapporteer dat aanvallers oorpakke en handskoene saam met klapmusse gedra het

In die volgende video analiseer ons die taktiek en tegnieke van aanvallers.
In die spasie onder hierdie video is daar skakels wat jy kan volg om meer te lees oor spesifieke gevalle.
Baie dankie vir jou belangstelling

VIDEOS IN DIE REEKS:

01 PLAASVEILIGHEID: WELKOM

02 PLAASVEILIGHEID: AANVALLERS

03 PLAASVEILIGHEID: AANVAL TAKTIEKE

04 PLAASVEILIGHEID: WAT GEBEUR TYDENS ‘N AANVAL?

05 PLAASVEILIGHEID: IS JY DALK ‘N SLAGOFFER

(Visited 125 times, 1 visits today)

You might be interested in

Post A Comment For The Creator: SAUK TV

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.