01 PLAASVEILIGHEID: WELKOM

Welkom by hierdie kort reeks oor plaasveiligheid. In ons tyd het “plaasveiligheid” en “plaasaanvalle” onafskeidbare onderwerpe geword.

Vir ‘n suksesvolle plaasaanval is daar drie dinge nodig:
1. ‘n Gewillige aanvaller met die vermoe om ‘n aanval uit te voer
2. ‘n Geskikte teiken of slagoffer
3. Die afwesigheid van beskerming

Hierdie 3 kernpunte is gebruik as riglyn vir ontleding van net oor ‘n honderd plaasaanvalle. Die bevindinge van die analise vorm die basis vir die veiligheids wenke wat jy in hierdie reeks sal ontvang.

In die videos wat volg gaan ons na die volgende kyk:
Aanvallers
• wie hulle is
• hoe hulle funksioneer
• hoe en wanneer hulle toeslaan
• watter toerusting hulle gebruik
• wat hulle bereid is om te doen
Slagoffers
• wie hulle is
• wat hulle gedoen het net voor ‘n aanval
• waar die slagoffers was toe aanvalle plaasgevind het
• watter maatreels slagoffers in plek gehad het,
• wat verkeerd geloop het
Beskerming
• Polisie, Plaaswag, Sekuriteitsmaatskappye
• Huis veiligheid
• Plaaswerf veiligheid – honde/elektriese heinings/ sensors
• Veiligheid by hokke, stalle en skure
• Veiligheid by hekke
• Selfverdediging
Laastens gan ons praat oor Nasorg
• Noodhulp
• Sielkundige verwerking

VIDEOS IN DIE REEKS:

01 PLAASVEILIGHEID: WELKOM

02 PLAASVEILIGHEID: AANVALLERS

03 PLAASVEILIGHEID: AANVAL TAKTIEKE

04 PLAASVEILIGHEID: WAT GEBEUR TYDENS ‘N AANVAL?

05 PLAASVEILIGHEID: IS JY DALK ‘N SLAGOFFER

(Visited 90 times, 1 visits today)

You might be interested in

Post A Comment For The Creator: SAUK TV

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.