06 PLAASVEILIGHEID: GLAS SKUIFDEURE

06 Welkom by plaasveiligheid – video nommer 6
Videos 1 tot 5 verduidelik hoe aanvallers werk en waar veiligheids maatreels van slagoffers van plaasaanvalle gefaal het.

Hierdie video het wenke wat gebasseer is op huisaanvalle wat geslaag het omdat aanvallers by glas skuifdeure kon inkom. Plaas aanvalle in die vorm van huis aanvalle maak rofweg die helfte van alle plaas aanvalle uit, en inbrake deur skuifdeure gebeur in 12% van huis aanvalle.

Ons woon in ‘n pragtige land, en vir baie boere is dit belangrik om die omgewing te geniet met ‘n on-onderbroke uitsig vanuit die huis. Soms sê boere hulle wil nie in ‘n tronk bly nie.

As jy veiligheid hoog ag, dink ook aan die wenke wat volg.

In die aanvalle wat bestudeer is het aanvallers op die volgende maniere toegang gekry deur skuifdeure:
1. Hulle het deure gewikkel tot slotte oopgaan
2. Hulle het deure opgelig en uitgehaak
3. Hulle het glas gebreek
4. Staal hek en skuifdeur oopgebreek

Dikwels skakel hoë kwaliteit, peperduur skuifdeur van hierdie swakhede uit, maar soms land mense in ‘n situasie waar hulle met goedkoper, ouer deur moet klaarkom.

Glas skuifdeure rus op plastiek of metaal wielietjies wat op ‘n metaal spoortjie rol. Die wiele slyt egter weg en periodiek moet n mens nuwe wielietjies insit anders word dit al hoe moeiliker om die deur oop te maak.

Ontwerpers van skuifdeure maak voorsiening vir hierdie onderhoud in die vorm van metaal vorms wat deure in plek hou, maar toelaat dat hulle opgelig kan word van spore af, en dat deure dan uitgehaak kan word om wiele te vervang. Plaas aanvallers gebruik hierdie ontwerp konsep om deure van buite op te lig van spore af en so in te breek.

Sommige goedkoop skuif deure het ‘n baie eenvoudige L-vorm sluit hakkie, wat van binne af slegs met ‘n plastiek draai knoppie gesluit word. Aanvallers het geleer dat, met hierdie tipe sluit meganisme, hulle net die deur vorentoe en agtertoe, op en af hoef te wikkel tot die slot oop is. Hulle hoef nie eers die glas te breek of die deur uit te haak nie.

In ‘n aantal plaas aanvalle wat ontleed is het aanvallers die glas van skuifdeure stukkend geslaan of in een geval stukkend geskiet.

In ‘n uitsonderlike geval het aanvallers staal hekke voor skuifdeure oopgedwing, en toe die slot van die skuifdeur gebreek.

Ek verstaan dat nie almal wat hierdie video kyk die Vryheid het om te maak of breek soos hulle wil nie. Miskien huur jy ‘n plaas of dalk is jy ‘n plaas bestuurder.

Hier is twee wenke wat kan help as jy nie deure mag vervang of staalhekke opsit nie:
• Sit ‘n staal pyp of stok in die spoor van jou skuifeur in ‘n lengte wat dit onmoontlik maak om die deur oop te skuif. Dit is ‘n kompromie beskerming teen risiko nommer een.
• Koop deur eBay of ‘n plaaslike verskaffer ‘n deur alarm wat met batterye werk. Mens plak dit net vas en jy kan dit later afhaal as jy trek. As iemand die skuifdeur oopmaak sal jy ten minste gewaarsku wees, en jy kan jouself gereedmaak om die aanval aft e weer. Dikwels vlug aanvallers as een of ander tipe alarm afgaan, want hulle weet nie of dit die plaaswag of gewapende respons ontbied nie.

As jy wel mag besluit oor veiligheidsmaatreels, ondersoek die volgende opsies:
• Kry ‘n veiligheids deskundige om na jou glasdeure te kom kyk
• As jou skuifdeur versterkte glas het, vervang dit met gelamineerde glas wat nie sommer net uitmekaar bars met impak nie, maar bars en intak bly. So vertraag jy inbrekers en dwing hulle om genoeg geraas te maak sodat jy hopelik wakker word en reageer.
• Installeer ‘n teen-oplig sluit meganisme – dis eenvoudig en maklik
• Kry iemand om deur-alarms te installeer wat aan ‘n huis alarm met ‘n auto-dial funksie of gemonitorde gewapende reaksie gekoppel is
• Die veiligste opsie is om al bogenoemde te kombineer met progessioneel ontwerpte en geinstalleerde staal hekke en tralies.

Onthou: enige maatreel op sy eie is nie genoeg nie. ‘n Mens moet diefwering kombineer met ander maatreels soos honde, gewapende realsie of plaasgroepe, alarms ensovoorts.

Dankie vir jou belangstelling. As jy ‘n familielid of vriend het wat hierdie reeks nuttig vind, vertel hulle daarvan.

(Visited 116 times, 1 visits today)

You might be interested in

Post A Comment For The Creator: SAUK TV

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.