Inperking het ’n reuse impak en slag gelaat onder verskeie industrieë. Die film en TV bedryf ervaar ook die strop om die nek. Dit het mense in die bedryf gedwing om aan alternatiewe metodes te dink om die bedryf aan die gang te hou. Die uitdaging was om die betrokkenes veilig te hou en steeds eersteklas vermaak te bied.
“Ons was dit aan die publiek verskuldig om met iets uniek vorendag te kom, en te verseker dat films en TV nie tot stilstand kom nie.” – Pierre van Niekerk
Van Niekerk sê ook dat dit ’n wonderlik uitdaging was om iets nuuts die lig te laat sien.
Alhoewel verskeie soortgelyke projekte die lig gesien het gedurende hierdie tyd, is Vertrou Niemand ’n eerste in Afrikaanse inperkings films. Die film, wat nog in redegeringsfase is, behoort ’n vollengte film te wees.
Vertrou Niemand handel oor akteurs wat vermoor word tydens ’n verfilming. Dan tref inperking die land en word almal in hulle wonings vasgevang. Die hulp van afgetrede, oud-speurder, Kaptein van Niekerk word ingeroep wanneer nog van die akteurs, tydens die inperking, een vir een vermoor word.
“ … selfs nie eens die akteurs het geweet wie van hulle die eintlike moordenaar/s was tot en met die laaste toneel nie.”
– Pierre –
Ten spyte van die uitdagings wat so projek uiteraard bied, is Pierre as skrywer, vervaardiger en akteur, oortuig van ’n eersteklas produksie. Die redigering en musiek is behartig deur Stephen Jacobs (Why Steve). Kykers sal musiek van Eugene Snyman van Pirates of the Caribbean faam herken.
Pierre sê verder dat hierdie tipe produksies beslis ’n plek in die film bedryf het en hoop dat Lockdown Film Feeste ook ’n instelling sal word.
Die talentvolle Pierre van Niekerk is self hard aan die werk met voorbereidings vir sy eie internasionale film Stofpadkind. Sodra meer mense op stel toegelaat word sal produksie hieraan begin.
“Met lockdownregulasies wat nou effens verslap het is ons gelukkig om nou weer geleidelik met shoots te begin. Ek is reeds gevra om as regisseur aan twee films en ’n TV reeks te werk.”
– Pierre –
Vertrou Niemand sal vanaf Oktober beskikbaar wees op digitale platforms.
Annette Havenga
