


SAUK TV: Vetkoek Paleis: Seisoen 2, Episode 2 – Frikkadel se keuse en prioriteite
SAUK TV: Vetkoek Paleis: Seisoen 2, Episode 2 - Frikkadel se keuse en prioriteite>br> Frikkadel se keuse: Frikkadel wil bitter graag die Blou Bulle se wedstryd bywoon maar Poppie wil eerder die naweek weggaan.
Vetkoek Paleis Seisoen 1, Episode 10 – Poppie Kry Stilstuipe
Frikkadel moet katvoet loop om in Poppie se goeie boekies te bly, Poppie gaan vroeg huistoe omdat sy siek voel. Boeboe is oortuig dat sy swanger is en Worsie laat sy ma weet wat op haar beurt weer vir die hele familie laat weet. Poppie is woedend en dinge word vererger wanneer Frik haar en haar baas agtervolg toe hulle dokumente moes laat teken. Boeboe en Worsie oortuig Frik om 'n romantiese aand te reel om Poppie uit haar stilstuipe te laat kom.
SAUK TV: Vetkoek Paleis Seisoen 1, Episode 12 – Die Tweede Prys
Daar is groot pandemonium op Nigel wanneer Tiger nie die rugbykaartjies vir die Springbokke teen die All Black se toets gekry het nie. Daar is net een kaartjie beskikbaar en almal wil hom hê. Frik, Tiger en 'n hele klomp ander word gearresteer.
SAUK TV: Vetkoekpaleis Seisoen 2 Episode 12 – Verbode Vrugte
Ella gaan maak ongenooid Worsie se woonstel skoon en gooi sy teddiebeer uit. Dit veroorsaak dat Frik vir Ella uit die winkel jaag. Ella vra die dominee om met Frik te gaan praat. Boeboe eindig op die dominee se skoot en gee ook sommer vir mevrou dominee bietjie raad om haar privaatlewe op te kikker.
SAUK TV: Vetkoekpaleis Seisoen 3 Episode 8 – Soos’n magneet
Frikkadel en Tiger beland in die moeilikheid na 'n besoek aan die Carousel dobbelplek.
SAUK TV: Vetkoekpaleis Seisoen 3 Episode 5 – Vlug 339
Worsie neem verlof en vlieg Margate toe vir sy vakansie, of so dink almal. Met sy terugkeer kan hy getuig dat die Sjinese polisie baie streng is! Selfs Teddie het onder hulle deurgeloop.
SAUK TV: Vetkoek Paleis: Seisoen 2, Episode 1 – Worsie en die twee tjortse
Poplap en die twee tjortse: Worsie en Boeboe stry oor hoeveel "tjortse" daar in die bekende uittelrympie, "olke bolke", is. Frikkadel wil 'n skiboot koop en dit "Poplap" noem.
SAUK TV: Vetkoek Paleis Seisoen 1, Episode 7 – Die wulpse konsultant
Frikkadel besef dat besigheid glad nie so maklik is nie. Om te kyk hoe hy besigheid kan bevorder nader hy 'n konsultant. Dit werk glad nie goed as hy besef dat die storie hom naby R10 000 (wat hy nie het nie) gaan kos.
SAUK TV: Vetkoekpaleis Seisoen 2 Episode 10 – Dis ‘n Laaitie!
Worsie vertel vir Frik dat hy alles van sy geboorte kan onthou.... Ella nooi die gemeente se dames vir ontbyt in die Vetkoekpaleis maar Frik en sy personeel het makietie gehou om die baba se koms te vier en die winkel is in chaos.
SAUK TV: Vetkoekpaleis Seisoen 3 Episode 1 – Russian wife love
Worsie bestel vir hom 'n bruid per pos maar in Frik se naam. Die hare waai wanneer die agentskap vir Poppie bel om die bestelling te bevestig.
Die storie begin wanneer Frikkadel Delport sy eie take-away-besigheid begin,
SAUK TV: Vetkoekpaleis Seisoen 2 Episode 9 – ‘n Nuwe vennoot
Boeboe se vriend, Pelvic, kraak sy pelvis en Sherridon se niggie moet in die Vetkoekpaleis kom help. Mnr. Louw, die skoolhoof, bied Frik 'n goeie bedrag aan vir 'n vennootsjkap in die Vetkoekpaleis. Die personeel kom egter nie oor die weg met die nuwe vennoot nie en dit lei tot 'n vuisgeveg in die Vetkoekpaleis.
SAUK TV: Vetkoekpaleis Seisoen 3 Episode 10 – Die Liefdesdriehoek
Frikkadel vra vir Worsie om "tydelik" die bevel by die Vetkoekpaleis oor te neem wanneer Fogele en Sheridon handgemee raak oor Boddy Lee by Hyper Hair.
SAUK TV: Vetkoekpaleis Seisoen 3 Episode 11 – Kuns en Kultuur
Worsie sien ‘n balletopvoering by die Staatsteater en Poppie verwag van Frikkadel om haar ook te neem. Die kaartjies egter uitverkoop en die enigste persoon met kaartjies het, is Frik se neef Cedric.
SAUK TV: Vetkoekpaleis Seisoen 3 Episode 4 – Frikkadel se Bal
Frikkadel word die slagoffer van 'n sindikaat wat oorsprongklike wêreldbeker rugbyballe vir duisende rande aan onskuldige rugbyondersteuners verkoop.
SAUK TV: Vetkoek Paleis Seisoen 1, Episode 6 – Sakeman en Sakeplan
Frikkadel reel met die Sun City busbestuurder dat hulle by Eugene se curio-winkel sal stop sodat die toeriste kan curios koop, by die Vetkoekpaleis sal eet, en by Tiger se garage volmaak waar die toeriste ook sommer 'n draai kan loop. Sake loop egter skeef wanneer hulle by Eugene se winkel eet, 'n draai loop by die Vetkoekpaleis en vir Tiger waai wanneer hulle verby ry.
SAUK TV: Vetkoekpaleis Seisoen 2 Episode 11 – Die toeriste-inval
Sherridon word gekies om 'n valskermkursus te doen vir sy werk en Pelvic wil Boeboe op sy CD se omslag laat pryk as 'n rooi sebra. Tannie Gerty van Bloemfonteitn maak moles in die winkel. Wanneer 'n klomp toeriste die winkel wil besoek besluit Frik-hulle om dit te versier in 'n Afrika-styl. Alhoewel die kostuums die personeel nie aanstaan nie, verloop die geleentheid voor die wind.
SAUK TV: Vetkoekpaleis Seisoen 3 Episode 13 – Drome
Frikkadel se droom om ‘n rugbyspan af te rig word bewaarheid as hy die laerskool se eerstespan kan afrig. Boeboe se droom om te sing en ‘n CD te maak word ook bewaarheid.
