Sherridon kry sy "parabat badge" en Frik begaan 'n foutjie met Ruben se melk. Pelvic word in die bad betrap met Tiffany. Sy probeer ook vir Frik en Worsie verlei. Worsie val daarvoor en kry boonop 'n fooitjie. Tiffany se donker geheim word ontbloot en Pelvic en Boeboe maak vrede.
Dit gaan goed met Worsie en sy meisie totdat hy 'n brief van 'n prokureur kry. Die Vetkoekpaleis verwag 'n besoek van 'n joernalis. Die Vetkoekpaleis verskyn wel in die koerant maar iemand anders in die Vetkoekpaleis trek baie meer aandag op die agterblad.
SAUK TV: Vetkoek Paleis, Seisoen 2, Episode 4 – Ella se Tog en Boeboe se moeilikheid>br> Ella se Tog: Ella en Apie kry huweliksprobleme en sy trek by Frikkadel en Poppie in. Boeboe kry ook moeilikheid wanneer Spiros se dogter uitvind van haar verloofde se manewales met Boeboe.
Frik se nuwe selfoon lok baie kommentaar uit. Poppie pak haar tasse in afwagting op die baba se geboorte. Boeboe dink sy is verlief op 'n ou met die naam "Pelvic" wat in 'n "band" speel. Tot Worsie se ontsteltenis oorweeg Ella dit om 'n baba aan te neem.
SAUK TV: Vetkoek Paleis: Seisoen 2, Episode 3 - Die lewe is 'n video en Spiros se vetkoeke>br> Die lewe is 'n video: Spiros begin ook vetkoeke maak en Frikkadel besef hy sal iets moet doen om die Vetkoekpaleis meer gewild te maak.
Worsie, wil 'n roomyshoekie in die Vetkoekpaleis vestig maar Frik wil niks daarvan weet nie.
Die storie begin wanneer Frikkadel Delport sy eie take-away-besigheid begin, nadat sy werk personeel moes verminder. Hy huur vir hom assistente, met wisselende gevolge. Frik besef ook dat dit nie altyd so maklik is om jou eie besigheid te hê nie, veral nie as jy boonop ´n vrou het om gelukkig te hou nie!
Worsie word 'n wors, Daar is chaos by die Vetkoekpaleis wanneer Worsie vrouens ontdek. Frikkadel en Boeboe kan glad nie met hom praat nie en sy ma is ontsteld.