Frikkadel vra vir Worsie om "tydelik" die bevel by die Vetkoekpaleis oor te neem wanneer Fogele en Sheridon handgemee raak oor Boddy Lee by Hyper Hair.
Daar is groot pandemonium op Nigel wanneer Tiger nie die rugbykaartjies vir die Springbokke teen die All Black se toets gekry het nie. Daar is net een kaartjie beskikbaar en almal wil hom hê. Frik, Tiger en 'n hele klomp ander word gearresteer.
Sherridon kry sy "parabat badge" en Frik begaan 'n foutjie met Ruben se melk. Pelvic word in die bad betrap met Tiffany. Sy probeer ook vir Frik en Worsie verlei. Worsie val daarvoor en kry boonop 'n fooitjie. Tiffany se donker geheim word ontbloot en Pelvic en Boeboe maak vrede.
Worsie oorweeg dit om sy 'pakket' te vat maar Frik vind dit uit en steek hom in die pad. Die hele familie staan egter bandvas agter Worsie, veral wanneer Frik 'n aanvallige meisie in Worsie se plek aanstel.
Frikkadel besef dat besigheid glad nie so maklik is nie. Om te kyk hoe hy besigheid kan bevorder nader hy 'n konsultant. Dit werk glad nie goed as hy besef dat die storie hom naby R10 000 (wat hy nie het nie) gaan kos.
Ella gaan maak ongenooid Worsie se woonstel skoon en gooi sy teddiebeer uit. Dit veroorsaak dat Frik vir Ella uit die winkel jaag. Ella vra die dominee om met Frik te gaan praat. Boeboe eindig op die dominee se skoot en gee ook sommer vir mevrou dominee bietjie raad om haar privaatlewe op te kikker.
Frikkadel moet katvoet loop om in Poppie se goeie boekies te bly, Poppie gaan vroeg huistoe omdat sy siek voel. Boeboe is oortuig dat sy swanger is en Worsie laat sy ma weet wat op haar beurt weer vir die hele familie laat weet. Poppie is woedend en dinge word vererger wanneer Frik haar en haar baas agtervolg toe hulle dokumente moes laat teken. Boeboe en Worsie oortuig Frik om 'n romantiese aand te reel om Poppie uit haar stilstuipe te laat kom.
Worsie en Frikkadel word vennote in 'n roomyshoekie in die Vetkoekpaleis. Alles verloop volt tot daar op 'n naam vir die hoekie besluit moet word.
Die storie begin wanneer Frikkadel Delport sy eie take-away-besigheid begin, nadat sy werk personeel moes verminder. Hy huur vir hom assistente, met wisselende gevolge. Frik besef ook dat dit nie altyd so maklik is om jou eie besigheid te hê nie, veral nie as jy boonop ´n vrou het om gelukkig te hou nie!
Worsie sien ‘n balletopvoering by die Staatsteater en Poppie verwag van Frikkadel om haar ook te neem. Die kaartjies egter uitverkoop en die enigste persoon met kaartjies het, is Frik se neef Cedric.
Worsie word 'n wors, Daar is chaos by die Vetkoekpaleis wanneer Worsie vrouens ontdek. Frikkadel en Boeboe kan glad nie met hom praat nie en sy ma is ontsteld.
Worsie, wil 'n roomyshoekie in die Vetkoekpaleis vestig maar Frik wil niks daarvan weet nie.
Die storie begin wanneer Frikkadel Delport sy eie take-away-besigheid begin, nadat sy werk personeel moes verminder. Hy huur vir hom assistente, met wisselende gevolge. Frik besef ook dat dit nie altyd so maklik is om jou eie besigheid te hê nie, veral nie as jy boonop ´n vrou het om gelukkig te hou nie!
Frikkadel reel met die Sun City busbestuurder dat hulle by Eugene se curio-winkel sal stop sodat die toeriste kan curios koop, by die Vetkoekpaleis sal eet, en by Tiger se garage volmaak waar die toeriste ook sommer 'n draai kan loop. Sake loop egter skeef wanneer hulle by Eugene se winkel eet, 'n draai loop by die Vetkoekpaleis en vir Tiger waai wanneer hulle verby ry.
Worsie bestel vir hom 'n bruid per pos maar in Frik se naam. Die hare waai wanneer die agentskap vir Poppie bel om die bestelling te bevestig.
Die storie begin wanneer Frikkadel Delport sy eie take-away-besigheid begin,