Len Brauer is ‘n professionele pianis en onderwyser wat lid was van die Bob Adams Big Band, en het ook internasionale besoekende kunstenaars begelei, onder andere Cilla Black, Jerry Lewis, Daniel Boone en Jose Feliciano. Hy het ook saam met vooraanstaande Suid-Afrikaanse kunstenaars soos Min Shaw, Lance James, Annabel Linder en vele meer gespeel. Hy het in teater opvoerings klavier gespeel en het sy eie “Piano Playtime”-radioprogramme aangebied, terwyl die Len Brauer Trio gereeld op televisie verskyn het. Hy het intussen na Australië geëmigreer.
Hierdie liedjie is vanaf die albums “Kersfeesgroete” en “Een Wonderlike Aand”, waarvan die snitte identies is, en wat beide in 1972 uitgereik is.
