Bestel blomme aanlynOrder flowers online

Sepie151 Videos

0
25:43

Vetkoek Paleis Seisoen 1, Episode 9 – Lulu en Loftus

Boeboe doen 'n besering op en moet vir 'n week in traksie lê. Frikkadel moet iemand kry om uit te help want hy wil na 'n baie belangrike rugbywedstryd gaan kyk: Noord-Transvaal teen Natal. Poppie en hy kry stry en sy weier om hom te help. Tiger gee vir hom 'n plek se naam wat hom sal help om kelnerinne te kry, maar tot sy skok is dit 'n "escort agency". Toe dit lyk of sy kanse om na die wedstryd te gaan kyk nul is, tree Poppie in en sy beman die Vetkoekpaleis.
0
24:00

Vetkoek Paleis Seisoen 1, Episode 10 – Poppie Kry Stilstuipe

Frikkadel moet katvoet loop om in Poppie se goeie boekies te bly, Poppie gaan vroeg huistoe omdat sy siek voel. Boeboe is oortuig dat sy swanger is en Worsie laat sy ma weet wat op haar beurt weer vir die hele familie laat weet. Poppie is woedend en dinge word vererger wanneer Frik haar en haar baas agtervolg toe hulle dokumente moes laat teken. Boeboe en Worsie oortuig Frik om 'n romantiese aand te reel om Poppie uit haar stilstuipe te laat kom.
0
24:00

SAUK TV Vetkoek Paleis Seisoen 1, Episode 2, Koop of Omkoop

Koop of omkoopDie Vetkoekpaleis maak oop vir besigheid en Frikkadel beleef die probleme wat daarmee gepaard gaan. Hy word deur 'n "gesondheidsinspekteur" besoek. Frikkadel is so op sy senuwees dat hy 22 vetkoeke verniet weggee. Na druk van Worsie en Boeboe besluit hy dat besigheid volgens die boek maar die beste is.
0
23:33

Vetkoek Paleis Seisoen 1, Episode 13 – Poppie is Op Pad

Poppie se werk stuur haar op 'n kursus na Durban. Frik is nie baie gelukkig wanneer hy uitvind dat sy die enigste vrou op die bus sal wees nie en koop vir haar 'n vliegtuigkaartjie. 'n Meisie wat saam met Worsie op skool was maak haar verskyning op die dorp en sy ma wil hê hy moet hom oor haar ontferm.
0
24:00

SAUK TV: Vetkoek Paleis Seisoen 1, Episode 4 – Poppie se poppedans

Besigheid is traag en Frikkadel en sy mense vind uit dat Spiros 'n belly-dancer gehuur het om besigheid te bevorder. Frikkadel besluit om ook 'n vertoning te reel. Groot is sy verbasing as die Lolita Queen, Queen of Love, 'n ou meisie van hom is. Veral as Poppie uitvind begin die "poppe dans"
0
24:01

SAUK TV: Vetkoek Paleis Seisoen 1, Episode 6 – Sakeman en Sakeplan

Frikkadel reel met die Sun City busbestuurder dat hulle by Eugene se curio-winkel sal stop sodat die toeriste kan curios koop, by die Vetkoekpaleis sal eet, en by Tiger se garage volmaak waar die toeriste ook sommer 'n draai kan loop. Sake loop egter skeef wanneer hulle by Eugene se winkel eet, 'n draai loop by die Vetkoekpaleis en vir Tiger waai wanneer hulle verby ry.
SAUK TV: Vetkoekpaleis Seisoen 2 Episode 9  – ‘n Nuwe vennoot
0
26:01

SAUK TV: Vetkoekpaleis Seisoen 2 Episode 9 – ‘n Nuwe vennoot

Boeboe se vriend, Pelvic, kraak sy pelvis en Sherridon se niggie moet in die Vetkoekpaleis kom help. Mnr. Louw, die skoolhoof, bied Frik 'n goeie bedrag aan vir 'n vennootsjkap in die Vetkoekpaleis. Die personeel kom egter nie oor die weg met die nuwe vennoot nie en dit lei tot 'n vuisgeveg in die Vetkoekpaleis.