SA-nuus616 Videos

Forum Nuus: Tinteltong Toekennings 2019
0
02:22

Forum Nuus: Tinteltong Toekennings 2019

| FORUM NUUS | In samehang met die viering van Internasionale Moedertaaldag, wat jaarliks op 21 Februarie gevier word, beloon AfriVriendelik innoverende Afrikaanse ondernemings. Die Tinteltong Toekennings word daarom toegeken aan ondernemings of mense wat dienste in Afrikaans lewer of Afrikaans bevorder deur kreatief met dié taal om te gaan.
Tinteltong Toekennings vereer innoverende Afrikaanse sakeondernemings
0
02:51

Tinteltong Toekennings vereer innoverende Afrikaanse sakeondernemings

Innoverende Afrikaanse ondernemings is vanjaar op Internasionale Moedertaaldag tydens Afrikaans-Vriendelik, ʼn inisiatief van die burgerregte-organisasie AfriForum, se Tinteltong Toekennings bekroon. Die Tinteltong Toekennings word toegeken aan ondernemings of mense wat dienste in Afrikaans lewer of Afrikaans op welke wyse bevorder deur kreatief met die taal om te gaan.
Nuwe boek belig kultuurvryheid vir minderhede
0
02:09

Nuwe boek belig kultuurvryheid vir minderhede

"Klein kultuurgroepe beleef wêreldwyd druk van onder meer meerderheidsregerings, maar tog is alternatiewe modelle beskikbaar vir dié groepe om ’n sekere mate van kultuurvryheid te geniet."- Dr. Heinrich Matthee
Skoliere se ‘boelie-video’ ondersoek
0
00:28

Skoliere se ‘boelie-video’ ondersoek

ʼn Wes-Kaapse hoërskool het gesê hy is bewus van ʼn video wat op sosiale media versprei word waarin daar gesien kan word hoe ʼn seunsleerder van die skool tydens ʼn oënskynlike rusie ‘n huilende meisie met ʼn voorwerp slaan en haar met iets gooi. Die video is digitaal gemanipuleer om die kinders se identiteit te […]
Forum Nuus: AfriForum leer Brakpan-kinders van noodhulp
0
02:36

Forum Nuus: AfriForum leer Brakpan-kinders van noodhulp

AfriForum se Brakpan-tak het onlangs ’n noodhulpkursus as deel van hul #FakkelPleister-projek aan die leerlingraad van die Laerskool Dalview aangebied. Kinders is basiese noodhulpmetodes geleer wat hulle in staat sal stel om hul maats tydens ’n noodsituasie te help. “Die projek sal by 11 laerskole en drie hoërskole in die dorp aangebied word,” sê Gerhard […]
Forum Nuus: Nuwe Afrikaanse fliek volgende jaar op AfriForumTV  27-11-2024
0
04:07

Forum Nuus: Nuwe Afrikaanse fliek volgende jaar op AfriForumTV 27-11-2024

Niemandsland, AfriForumTV se nuwe fliek wat net ná die Anglo-Boereoorlog afspeel, sal volgende jaar gratis op dié platform te sien wees. In hierdie fliek ontstaan ’n twis wanneer Ester van ’n konsentrasiekamp terugkeer huis toe net om uit te vind dat haar niggie en haar Engelssprekende man in Ester se huis ingetrek het. Jana Kruger, […]
Forum Nuus: Stop Bela sê AfriForum Jeug
0
00:52

Forum Nuus: Stop Bela sê AfriForum Jeug

Die boodskap van AfriForum Jeug se protesaksie by die Departement van Basiese Onderwys in Pretoria is eenvoudig dat die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (Bela) boos is en nie ingestel moet word nie. AfriForum Jeug glo skoolbeheerliggame moet self oor hul skole se onderrigtaal kan besluit.
Forum Nuus: AfriForum en Buffelsfontein herstel slaggate in Menlopark 13-09-2023
0
01:41

Forum Nuus: AfriForum en Buffelsfontein herstel slaggate in Menlopark 13-09-2023

AfriForum en Buffelsfontein Beesboerdery het die “ons sal self”-denkwyse toegepas toe hulle met die hulp van die kontrakteur Roadchem ’n sloot en slaggate in Menlopark en Brooklyn in Pretoria herstel het. Dewet Ungerer, AfriForum se koördineerder vir Groter Pretoria-Suid, het beklemtoon hoe baie vermag kan word waar ondernemings en ander organisasies hande vat om saam […]
Forum Nuus: AfriForum verwyder vullis ná staking Tshwane Metro lamlê
0
04:20

Forum Nuus: Plaasaanvalslagoffers deel gruverhale met Nederlandse joernalis 06-03-2023

Wierd Duk, ’n joernalis by De Telegraaf in Nederland, het sy heel eerste besoek aan Suid-Afrika afgelê as deel van ’n skakeltoer deur Solidariteit en spesifiek ook om te sien hoe Afrikaners die talle uitdagings in die land aanpak. Hy het saam met AfriForum besoek afgelê by plaasaanvalslagoffers in die Brits-omgewing en onderhoude met hulle […]
Forum Nuus: AfriForum behaal sukses in Welkom
0
02:45

Forum Nuus: AfriForum behaal sukses in Welkom

Die uitdagings in Welkom is groot en die hande om die werk te doen min, maar die AfriForum-tak in die dorp het reeds baie sukses behaal. AfriForum het druk op die Matjhabeng Plaaslike Munisipaliteit uitgeoefen oor die haglike toestande van die vullisterreine in Welkom en Odendaalsrus. Daar is reeds beter toegangsbeheer en organisasie by hierdie […]
AfriForum skenk meer as 5 000 bottels handreiniger aan Gautengse polisie-eenhede
0
02:24

AfriForum skenk meer as 5 000 bottels handreiniger aan Gautengse polisie-eenhede

“Ons voel dis baie belangrik om die polisie te ondersteun in hierdie krisistyd en hierdie is maar net een van die maniere waarop ons dit kan doen. Polisielede is tydens hierdie pandemie in die voorste linies en behoort hul take te kan uitvoer met die nodige beskerming teen die virus,” meen Ian Cameron, AfriForum se […]
Forum Nuus: AfriForum en Laerskool Boerefort vat hande met herwinningsprojek 25-02-2026
0
02:09

Forum Nuus: AfriForum en Laerskool Boerefort vat hande met herwinningsprojek 25-02-2026

AfriForum en die Laerskool Boerefort in Pretoria het vandeesweek ’n herwinningsprojek by dié skool van stapel gestuur. AfriForum het herwinningspunte op die skoolterrein aangebring waar onder meer glas, papier, plastiek en metaal herwin kan word. Fondse wat uit die projek geïn word, sal aangewend word om AfriForum se buurtspanne verder uit te brei. Besoek www.afriforum.co.za […]
Forum Nuus: Klein entrepreneurs met groot drome kom byeen
0
03:05

Forum Nuus: Klein entrepreneurs met groot drome kom byeen

Meer as 60 laerskoolleerders het AfriForum se jaarlikse Besigheidsbytjies-werkswinkel vir jong entrepreneurs in Centurion bygewoon. Hier het hulle by entrepreneurs geleer, hul eie produkte gemaak, kreatiewe name daarvoor uitgedink en geleer hoe om dit te bemark.
Forum Nuus: Belê in dié koshuis, belê in mense en belê in hoop!
0
02:27

Forum Nuus: Belê in dié koshuis, belê in mense en belê in hoop!

Die Anker van De Goede Hoop is vandeesweek tydens ’n spog geleentheid bekendgestel en het ten doel om geleenthede te skep om die koshuis te ontwikkel en uit te brei en hoop te gee aan studente wat andersins nie die geleentheid sou hê om verder te studeer nie. Word vandag 'n Anker van De Goede Hoop by www.degoedehoop.co.za
AfriForum skop sy jaarlikse nasionale vullisterreinoudit op ʼn positiewe noot af
0
04:38

AfriForum skop sy jaarlikse nasionale vullisterreinoudit op ʼn positiewe noot af

AfriForum het vandeesweek sy nasionale vullisterreinouditprojek afgeskop deur ʼn wisseltrofee aan die plaaslike vullisterrein in Tzaneen te oorhandig vir die beste munisipale vullisterrein vir 2016/2017. Dié munisipaliteit het in 2016 én vanjaar AfriForum se oudit met lof geslaag te danke aan goeie kompaktering, innoverende bestuur, ʼn grootskaalse komposprojek en die herwinning van sowat 200 ton vullis elke maand, waardeur hul jaarliks R7 miljoen se onkostes kan bespaar. Howel die vullisterrein reeds in 2010 gesluit moes word, is sy leeftyd ook met nog 20 jaar verleng.
Forum Nuus: Quo Vadis
0
01:15

Forum Nuus: #AnkerdorpPadskou in Tzaneen

Skole, plaaslike besighede en die gemeenskap het hande met AfriForum gevat om ’n verskil in hul dorp te maak tydens vandeesmaand se Ankerdorppadskou in Tzaneen. Verskeie skoonmaakaksies en opknappingswerk is in die dorp aangepak, die Dink of Sink-skoledebatskompetisie is vir die eerste keer in dié streek aangebied en plaaslike besighede is verras met middagetes.