SA-nuus616 Videos

Forum Nuus: SOS bemagtig skole om meer staatsbestand te wees 12-06-2024
0
03:14

Forum Nuus: SOS bemagtig skole om meer staatsbestand te wees 12-06-2024

Die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) se jaarlikse leierskapkongres is Dinsdag in Midrand gehou waar verskeie onderwerpe, insluitende die Wetsontwerp op Basiese Onderwyswette (beter bekend as die Bela-wetsontwerp), bespreek is. Skole is raad gegee oor hoe om hulself meer staatsbestand te maak.
Forum Nuus: Sowat 900 woon Skole Ondersteuningsentrum-kongres by
0
02:12

Forum Nuus: Sowat 900 woon Skole Ondersteuningsentrum-kongres by

’n Totaal van sowat 900 onderwysers en hoofde het vanjaar die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) se Onderwyskongres bygewoon. Die SOS het ’n groot verskeidenheid kundiges gekry om kongresgangers in die Wes-Kaap, Vrystaat en Gauteng oor uiteenlopende onderwerpe toe te spreek.
Forum Nuus: Spanne slaggereed vir Dink of Sink se finaal
0
04:25

Forum Nuus: Spanne slaggereed vir Dink of Sink se finaal

Die ses senior spanne wat na die eindstryd van vanjaar se Dink of Sink-onvoorbereidedebatskompetisie deurgedring het, is reeds besig om gereed te maak vir die nasionale finaal wat op 19 September in Pretoria plaasvind. Die tegnieke vir voorbereiding verskil, maar elke span het één doel voor oë – om die ander uit te stof!
Forum Nuus: AfriForum verwyder vullis ná staking Tshwane Metro lamlê
0
02:21

Forum Nuus: Speel lekker skaak onder koelteboom by die VTM 04-05-2023

Die Voortrekkermonument (VTM) was nog altyd ’n heerlike plek om te besoek. Dis veral die geval vir mense met ’n belangstelling in die geskiedenis en kultuur van die Afrikaner. Die VTM het egter oor die laaste 18 maande ook meer aktiwiteite vir die hele gesin op die terrein bekendgestel. Die nuutste byvoeging is skaakborde op […]
Forum Nuus: Stop Bela sê AfriForum Jeug
0
00:52

Forum Nuus: Stop Bela sê AfriForum Jeug

Die boodskap van AfriForum Jeug se protesaksie by die Departement van Basiese Onderwys in Pretoria is eenvoudig dat die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (Bela) boos is en nie ingestel moet word nie. AfriForum Jeug glo skoolbeheerliggame moet self oor hul skole se onderrigtaal kan besluit.
Forum Nuus: Streeksberaad
0
02:31

Forum Nuus: Streeksberaad

Meer as 300 mense van sowat 72 AfriForum-takke in die noordelike provinsies het die afgelope naweek een van die organisasie se streekberade in Centurion bygewoon. Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het ’n kragtige boodskap vir beraadgangers gehad. “Ons het ’n sterk struktuur van byna 10 000 vrywilligers wat help veg en bou aan ’n beter toekoms. Mense wat roepingsgedrewe is en mense wat ’n verskil wil maak. Julle is AfriForum se hande en voete. Ons krag is in ons lede en strukture. Sonder julle kan ons net soveel planne by hoofkantoor maak soos ons wil sonder om suksesvol te wees.”
Forum Nuus: Studente neem deel aan AfriForum se internskap 12-07-22
0
03:15

Forum Nuus: Studente neem deel aan AfriForum se internskap 12-07-22

Nege studente van regoor die land het vanjaar aan AfriForum se jaarlikse internskap deelgeneem. Die interns het aan heelwat aktiwiteite en sessies deelgeneem om meer oor die werksaamhede van die organisasie te leer. Hulle was dit eens dat hierdie ’n baie leersame week was wat hulle toegerus het met verskeie vaardighede. “Indien jy belangstel in […]
Forum Nuus: Suid-Afrikaners deel suksesse en ervarings in Australië
0
03:59

Forum Nuus: Suid-Afrikaners deel suksesse en ervarings in Australië

Mense vra dikwels hoe maklik of moeilik is dit om te emigreer? En hoe maklik of moeilik is dit om in die vreemde aan te pas? Twee expats, Johan du Plooy, ’n voormalige dosent by Kovsies en ’n man met ’n liefde vir jag en biltong, en Suzette van der Heijen, wat voorheen in die korporatiewe wêreld gewerk het, deel in hierdie video hul suksesse en ervarings in Australië. Johan is die eienaar van die gewilde Mustafa-winkels in Perth en Suzette die redakteur van die Afrikaanse tydskrif Merise in Perth.
Forum Nuus: Takbestuurslede bedink federale plan vir Noordstreek 22-08-2022
0
04:01

Forum Nuus: Takbestuurslede bedink federale plan vir Noordstreek 22-08-2022

Wanneer gekyk word hoe AfriForum se toekomsplan vir federalisme uitgerol word, is dit belangrik dat die land se demografiese werklikhede in ag geneem word. Een model kan nie op alle gemeenskappe van toepassing wees nie. Die werklikhede op die platteland lyk byvoorbeeld anders as in Pretoria en die strategie om uiteindelik vry, veilig en voorspoedig […]
Forum Nuus: Takke beraam planne vir toekoms by AfriForum-beraad 21-08-2023
0
03:48

Forum Nuus: Takke beraam planne vir toekoms by AfriForum-beraad 21-08-2023

AfriForum se takke in die sentraalstreek het die afgelope naweek die organisasie se beraad in Bloemfontein bygewoon waar daar op die tema “Ons sal self” gefokus is. Die onderskeie takke het beplan vir die toekoms, skouers geskuur en kennis gedeel om hulle nog beter in staat te stel om hul gemeenskappe te dien. Die sentraalstreek […]
Forum Nuus: Takvoorsitters slaggereed om federale bestel op grondvlak deur te voer 29-08-2022
0
03:27

Forum Nuus: Takvoorsitters slaggereed om federale bestel op grondvlak deur te voer 29-08-2022

AfriForum het die afgelope maand streeksberade in Kaapstad, Pretoria en Bloemfontein aangebied met die tema “Groeiende federalisme deur selfdoen”. Honderde takbestuurslede van regoor die land het die onderskeie berade in hul streek bygewoon. Takbestuurslede is ná afloop van die berade dit eens dat hulle opnuut besiel en slaggereed is om na hulle gemeenskappe terug te […]
Forum Nuus: Teatergangers in vervoering tydens Orkney snork nie-reünie
0
03:55

Forum Nuus: Teatergangers in vervoering tydens Orkney snork nie-reünie

Byna drie dekades nadat Orkney snork nie duisende Afrikaanse huishoudings vasgenael voor die televisie gehad het, vind mense steeds aanklank by dié vermaaklike sitkom. Teatergangers was onlangs in vervoering tydens ’n reünie van die akteurs wat AfriForumTV by die AfriForum Teater in Pretoria aangebied het. Dit het duidelik baie herinneringe by hulle wakker gemaak en […]
Forum Nuus: Tinteltong Toekennings 2019
0
02:22

Forum Nuus: Tinteltong Toekennings 2019

| FORUM NUUS | In samehang met die viering van Internasionale Moedertaaldag, wat jaarliks op 21 Februarie gevier word, beloon AfriVriendelik innoverende Afrikaanse ondernemings. Die Tinteltong Toekennings word daarom toegeken aan ondernemings of mense wat dienste in Afrikaans lewer of Afrikaans bevorder deur kreatief met dié taal om te gaan.
Forum Nuus: Tinteltong Toekennings trek nuwe baadjie aan; beloon 50 ondernemings 22-2-2024
0
03:34

Forum Nuus: Tinteltong Toekennings trek nuwe baadjie aan; beloon 50 ondernemings 22-2-2024

AfriForum Sakenetwerk se Tinteltong Toekennings, wat innoverende Afrikaanse ondernemings beloon, word vanjaar in streeksverband aangebied. Dit is die negende keer wat hierdie toekenningsgeleentheid aangebied word en ook die eerste keer dat 50 ondernemings toekennings ontvang. Die toekennings is reeds in Potchefstroom en in Pretoria aangebied en sal ook in Groot-Brakrivier, Durbanville en Kimberley aangebied word. […]
Forum Nuus: Vanderbijlpark-tak sit geveg teen staatsverval voort met #VegEnBou-projek
0
02:32

Forum Nuus: Vanderbijlpark-tak sit geveg teen staatsverval voort met #VegEnBou-projek

Terwyl staatsverval ongekende vlakke in Vanderbijlpark bereik het, het die plaaslike AfriForum-tak hul #VegEnBou-week gehou waar daar onder meer slaggate herstel en parke skoongemaak is. Volgens Jan Labuschagne, die plaaslike takvoorsitter, lewer die plaaslike munisipaliteit nie die nodige dienste nie. “Ons het ons gemeenskap en lede baie nodig om ’n verskil in Vanderbijlpark te maak. […]
Forum Nuus: Vee Bela-wetsontwerp uit, vra jeug aan Ramaphosa 15-04-2024
0
02:27

Forum Nuus: Vee Bela-wetsontwerp uit, vra jeug aan Ramaphosa 15-04-2024

AfriForum Jeug het vandag ’n memorandum aan ’n verteenwoordiger by die Uniegebou oorhandig waarin ’n beroep opnuut op president Cyril Ramaphosa gedoen word om die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (oftewel Bela-wet) in sy geheel te skrap. AfriForum Jeug voer in die memorandum aan dat dié wetsontwerp ’n direkte aanval op moedertaalonderrig in die algemeen is, […]
Forum Nuus: Vetkoekpaleis II binnekort op AfriForumTV beskikbaar 11-12-2023
0
04:41

Forum Nuus: Vetkoekpaleis II binnekort op AfriForumTV beskikbaar 11-12-2023

Die ou bekende en uiters gewilde TV-reeks Vetkoekpaleis is teen die einde van dié week met splinternuwe episodes op AfriForumTV te sien. AfriForum Teater is vir die verfilming in die legendariese Vetkoekpaleis-restaurant omskep en die tien nuwe episodes is voor ’n gehoor opgeneem. Willie Esterhuizen is weer te sien as Worsie en Helené Truter as […]
Forum Nuus: Voortrekkermonument open museumteater oor Afrikanergeskiedenis 11-07-2023
0
04:13

Forum Nuus: Voortrekkermonument open museumteater oor Afrikanergeskiedenis 11-07-2023

Die Voortrekkermonument (VTM) het onlangs ’n museumteater geopen wat fokus op die groot gebeure in die Afrikanergeskiedenis van 1902 tot nou. Hierdie tydperk in die geskiedenis word in 12 tonele vertel en is ’n verhaal van swaarkry, geloof, hoop en toekomsbou. Volgens Gerhard Pretorius, kommunikasiebestuurder by die VTM, is die Afrikaner weer eens op die […]