SA-nuus605 Videos

Forum Nuus: #AnkerdorpPadskou – AfriForum besoek die diereskuiling Wollies in Pretoria-Noord
0
02:19

Forum Nuus: #AnkerdorpPadskou – AfriForum besoek die diereskuiling Wollies in Pretoria-Noord

AfriForum het vandag die diereskuiling Wollies in Pretoria-Noord besoek as deel van hul Ankerdorppadskou. Tydens die besoek het die burgerregte-organisasie bome geplant en ingesamelde kos, speelgoed en komberse aan die diereskuiling oorhandig. Volgens Jaco Grobbelaar, AfriForum se distrikskoördineerder vir groter Pretoria-Noord, is die aksie se doel om dié mense by te staan wat die harde werk moet doen om vir hawelose honde en katte te sorg. “AfriForum ondersteun graag die organisasie in sy doel om vir dié honde en katte ’n heenkome te wees en daarom wil ons graag help. Ons het besluit om bome te plant sodat die diere nie in die son hoef te lê nie en ook om kos en speelgoed in te samel wat Wollies sal help om na die diere om te sien,” sê Grobbelaar.
Forum Nuus: AfriForum help strate veiliger maak tydens Ankerdorppadskou
0
01:21

Forum Nuus: AfriForum help strate veiliger maak tydens Ankerdorppadskou

AfriForum het vandag sy Ankerdorppadskou in Waverley, Pretoria, voortgesit waartydens die burgerregte-organisasie dié woongebied verbeter het deur verbleikte padtekens te verf. Die projek is geïdentifiseer weens die veiligheidsrisiko wat ongemerkte paaie vir padverbruikers en skoliere inhou. Die opknappingswerk is hoofsaaklik in strate rondom skole in die Moot gedoen. AfriForum het reeds vandeesweek gewoeker en reuseskoonmaakaksies in Moreletapark en Lyttelton geloods. Môre word die diereskuiling Wollies in Pretoria-Noord besoek. AfriForum nooi die publiek uit om dié geleentheid by te woon om self ’n verskil in hulle gemeenskap te maak. Lede van die publiek kan ook skenkings by die skuiling aflaai. Vir meer inligting oor die padskou besoek AfriForum se webtuiste www.ankerdorp.co.za.
Forum Nuus: AfriForum hou reuseskoonmaakaksie in Moreletapark tydens #AnkerdorpPadskou
0
02:03

Forum Nuus: AfriForum hou reuseskoonmaakaksie in Moreletapark tydens #AnkerdorpPadskou

AfriForum het vandag as deel van sy #AnkerdorpPadskou ’n reuseskoonmaakaksie in Moreletapark, Pretoria, geloods waartydens die gebied rondom ’n vervalle winkelsentrum ontbos en skoongemaak is. Dít vorm deel van verskeie groot aksies wat regoor Pretoria plaasvind. Dié inisiatief word môre in die Waverley-area voortgesit waar die organisasie verbleikte padtekens naby skole gaan verf. AfriForum nooi die publiek uit om dié geleentheid by te woon om self ’n verskil in hulle gemeenskap te kom maak. Selfdoen skep hoop. Word deel van die oplossing.
Forum Nuus: #AnkerdorpPadskou
0
01:18

Forum Nuus: #AnkerdorpPadskou

AfriForum het vandag met sy Ankerdorppadskou in Pretoria afgeskop. Tydens vandeesweek se loodsing gaan AfriForum-personeel inspring om onder meer vullis langs strate op te tel, padtekens te verf en te help met ontbossing van gebiede. ’n Besoek sal ook aan ’n diereskuiling gebring word waar skenkings van die publiek oorhandig sal word. Die Ankerdorppadskou is ’n veldtog waartydens hoop in verskeie dorpe in die land geskep gaan word. Deur die loop van die jaar gaan daar vir vier weke lank op verskeie dorpe gefokus word. Selfdoenaksies gaan in sewe dorpe in ses provinsies aangepak word. Tydens dié padskou sal gemeenskappe ook geleentheid kry om self moue op te rol om hul omgewings en dorpe in geheel beter en skoner te maak. Die dorpe wat deur die loop van die jaar aan die beurt kom is Rustenburg, George, Nelspruit, Tzaneen, Krugersdorp, Secunda en Bethlehem. Gemeenskapslede kan steeds deel van hierdie opwindende projekte wees selfs al woon hulle nie in een van die betrokke dorpe nie. Inwoners van omliggende dorpe word ook uitgenooi om deel te neem en ’n verskil te maak om ’n beter toekoms te skep.
Forum Nuus: Tinteltong Toekennings 2019
0
02:22

Forum Nuus: Tinteltong Toekennings 2019

| FORUM NUUS | In samehang met die viering van Internasionale Moedertaaldag, wat jaarliks op 21 Februarie gevier word, beloon AfriVriendelik innoverende Afrikaanse ondernemings. Die Tinteltong Toekennings word daarom toegeken aan ondernemings of mense wat dienste in Afrikaans lewer of Afrikaans bevorder deur kreatief met dié taal om te gaan.
Munisipaliteit en AfriForum vat hande om vullisterrein reg te ruk
0
03:39

Munisipaliteit en AfriForum vat hande om vullisterrein reg te ruk

“Dit wys jou net wat kan gebeur as AfriForum en munisipaliteite hande vat,” meen Esther Swart, voorsitter van AfriForum se Westonaria-tak, oor die Libanon-vullisterrein se merkwaardige resultate in dié burgerregte-organisasie se jaarlikse vullisterreinoudit.
Forum Nuus: #StopCenturionGrondeis
0
05:02

Forum Nuus: #StopCenturionGrondeis

Sowat 'n duisend lede van die Centurion-gemeenskap het gisteraand by Leriba Lodge in Pretoria vergader om aan AfriForum ’n formele mandaat te gee om ’n residensiële grondeis, wat ongeveer 4 000 hektaar se onroerende eiendom raak en nagenoeg 2 000 huisgesinne betrek, teen te staan.
Veldbrand ‘buite beheer’ in Kaapse Wynlande
0
00:28

Veldbrand ‘buite beheer’ in Kaapse Wynlande

ʼn Veldbrand wat sedert Maandagaand in die Kaapse Wynlande woed hou tans ‘n bedreiging vir Franschoek en omliggende plase in. Lees Maroela Media se berig hier: https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/fotos-en-video-veldbrand-buite-beheer-in-kaapse-wynlande/
Ure lange gespook om baba uit dreinpyp te red
0
00:32

Ure lange gespook om baba uit dreinpyp te red

ʼn Massiewe reddingspoging het Maandagoggend in Newlands-East in Durban plaasgevind toe reddingswerkers moes spook om ʼn pasgebore babadogtertjie uit ʼn stormwaterdreinpyp te red. (Video: Rescue Care Paramedics)
Forum Nuus: Dinamiese susters wen AfriVriendelik-entrepreneurskompetisie
0
02:21

Forum Nuus: Dinamiese susters wen AfriVriendelik-entrepreneurskompetisie

Christine Buchanan en Louiza Rademan, die mede-eienaars van Oh-Lief, ’n reeks natuurlike en organiese lyf-en babasorg-produkte, is onlangs aangewys as die wenners van AfriVriendelik se jaarlikse entrepreneurskompetisie. In dié video deel hulle die inspirerende wyse waarop hulle reeks ontstaan het, asook hoe waardevol ’n platform soos AfriVriendelik vir entrepreneurs is.
Baasbrein agter perlemoenstropery ‘het hart van goud’
0
00:26

Baasbrein agter perlemoenstropery ‘het hart van goud’

Julian Brown, die baasbrein agter ʼn perlemoenstroopsindikaat, het Woensdag emosioneel geraak toe hy in die hooggeregshof in Port Elizabeth geroep is om ter versagting van sy vonnis te getuig. Brown is vroeër skuldig bevind aan rampokkery en oortreding van die Wet op Marienehulpbronne. Die vonnisuitspraak sal na verwagting op 1 Maart gelewer word. (Video: ANA)
Forum Nuus: Gerrie Nel in hof teen Ford
0
02:48

Forum Nuus: Gerrie Nel in hof teen Ford

Adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaatvervolgingseenheid, het vandag namens die Jimmy-gesin in die Wes-Kaapse hoë hof verskyn in die geregtelike ondersoek na die dood van Reshall Jimmy. Jimmy het in Desember 2015 doodgebrand toe die Ford Kuga wat hy bestuur het aan die brand geslaan het. Ford-motormaatskappy is ook ’n party tot die verrigtinge. Die geregtelike ondersoek is uitgestel tot 18 Maart 2019. Dié ondersoek sal bepaal of Ford vir Jimmy se dood vervolg kan word.
Forum Nuus: AfriForum Jeug gaan woeker in 2019
0
03:42

Forum Nuus: AfriForum Jeug gaan woeker in 2019

Die burgerregtewaghond AfriForum se jeugvleuel staan ywerig reg om vanjaar met roepingsgedrewenheid te takel. Bestuurslede van verskeie AfriForum Jeug-takke het onlangs tydens ’n opleidingskamp bymekaar gekom om hul strategie vir die komende jaar, asook die aksies wat daaruit voortspruit, te bespreek.
Passasiers spring uit brandende bus
0
00:12

Passasiers spring uit brandende bus

Buspassasiers moes Maandagaand, 28 Januarie 2019 inderhaas by die ruite van die voertuig uitspring nadat die bus op die M1 by Savannah Park in Durban aan die brand geslaan het. (Video: Verskaf)
Speaker in Baai sy pos kwyt
0
00:44

Brand op Delmas

Twee mense is op Woensdag 16 Januarie dood in ’n brand in die middedorp van Delmas, Mpumalanga.
Dit sal ly tot konfrontasie met die Veiligheidsmagte
0
01:38

Uniforms en helder kleure om 9-jarige ‘vegter’ te groet

Chris en Yolandé von Wielligh sing ‘n lied wat vir Gidion du Toit geskryf is tydens Gidion se gedenkdiens by Saterdagoggend, 15 Desember 2018 by die NG Gemeente Moreletapark in Pretoria. Yolandé het die lied spesiaal vir Gidion geskryf. Gidion is op 27 November vanjaar oorlede nadat hy sedert sy geboorte ‘n dapper stryd teen Fanconi-anemie geveg het. (Videogreep: Maroela Media)
Bus met petrolbom bestook; bestuurder kritiek
0
00:08

Bus met petrolbom bestook; bestuurder kritiek

ʼn MyCiti-busbestuurder is ernstig beseer nadat die bus wat hy bestuur het Maandagaand omstreeks 22:00 in Roodebloemstraat in Woodstock, Kaapstad met ʼn petrolbom bestook is. (Video: ANA)