SA-nuus605 Videos



Cubana in Bloemfontein brand af
Video deur Johrné van Huyssteen
Gewapende rooftog Durban-Noord
Twee rowers is dood ná ’n gewapende rooftog in Durban-Noord op Dinsdag 20 November 2018.
STROOP: Renosterfliek kry staande applous van plaaslike gehoor
Bonné De Bod, aanbieder en vervaardiger, deel haar boodskap aan Suid-Afrikaanse kykers oor die kwessie van renosterstropery. Susan Scott, regisseur van STROOP, het ook ʼn voorbeeld gegee van die werklike krag van sosiale media in die stryd teen die renosterkrisis.
* Hierdie verslag is saamgestel deur Esté Meyer Jansen.
* Videoredigeering deur Marius Vermaak.
* Besoek Maroela Media vir meer oor hierdie storie:
https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/renosterfliek-kry-staande-applous-van-plaaslike-gehoor/
Biologiese wonder: Termiete bou al 4 000 jaar aan 200 miljoen grondhope
Dit is die mees uitgebreide struktuur wat nog deur ʼn enkele insekspesie gemaak is.
Lees meer: https://maroelamedia.co.za/nuus/wereld/biologiese-wonder-termiete-bou-al-4-000-jaar-aan-200-miljoen-grondhope/
Video: Verskaf.
Tehuis-staking: Pasiënt oorlede
Die staking by die San Michele-tehuis in Brakpan aan die Oos-Rand is Maandag tydelik opgeskort nadat ’n pasiënt van dié tehuis oorlede is.
Gestremdes aan eie lot oorgelaat weens staking
Die bestuur van San Michele-tehuis vir psigiatriese en gestremde pasiënte in Brakpan aan die Oos-Rand moet bontstaan om na nagenoeg 200 pasiënte om te sien sedert die meeste lede van die tehuis se personeel begin staak het. (Video: Solidariteit Helpende Hand)
Stappie nader aan grondonteiening sonder vergoeding
Die parlement se grondwetlike hersieningskomitee het vanoggend die verslag, waarin aanbeveel word dat die Grondwet gewysig moet word om uitdruklik voorsiening te maak vir onteiening sonder vergoeding, aanvaar. Na afloop van die vergadering het lede van die EFF gedans en gesing om die aanvaarding van die verslag te vier. (Video: EFF)
Hiér is die feite oor die nuwe skokdwelm in Pretoria
Video’s van jong mans en kinders wat aanvalle kry en psigotiese episodes beleef nadat hulle ʼn onbekende middel gerook het, word wyd op sosiale media versprei. Maroela Media het onder meer met ʼn slagoffer in een van dié video’s, hul ouers en paramedici wat na verskeie van dié gevalle uitgeroep is, gepraat om meer te wete te kom. (Video: Pieter Cloete/GrootFM)
Forum Nuus: Kallie Kriel verduidelik waarom AfriForum Nkandla-gemeenskap bystaan
Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, verduidelik in dié video waarom die burgerregte-organisasie in die hof veg om die KZN-regering te dwing om ’n skool vir die Nkungumathe-gemeenskap in Nkandla te bou.
It’s Time: ‘Ons wil deel wees van iets groots’
ʼn Uiteenlopende groep mense was Saterdag by die It’s Time-byeenkoms by die Rhino Park-vliegveld, oos van Pretoria, te sien, maar almal was dit eens – hulle is daar om verandering in Suid-Afrika teweeg te bring.
‘Duduzane vervolg om Jacob Zuma te straf’
Duduzane Zuma, ʼn seun van oudpres. Jacob Zuma, het Vrydag 26 Oktober vlugtig op ʼn aanklag van strafbare manslag in die Randburg‑landdroshof verskyn.
Die saak spruit uit die noodlottige voorval in 2014 waarin Zuma se Porsche met ʼn taxi gebots en die dood van die Zimbabwiese burger Phumzile Dube veroorsaak het. Video: ANA
’n Blik op Mike Bolhuis
Maroela Media het die private speurder Mike Bolhuis gevra wat die boodskap is wat hy hoop mense neem uit die nuwe televisiereeks Bolhuis wat handel oor die sake wat hy en sy span speurders ondersoek. Die reeks vertoon tans op kykNET-kanaal 144 op Woensdagaande om 20:00. Kyk die video om te hoor wat hy hierop antwoord.
* Hierdie verslag is saamgestel deur Esté Meyer Jansen.
* Videoredigeering deur Marius Vermaak.
* Besoek Maroela Media vir meer oor hierdie storie: https://maroelamedia.co.za/vermaak/televisie/n-blik-op-mike-bolhuis/
Slimkoppe spog met besonderse Lego-robotte
Suid-Afrika het beslis nie ʼn tekort aan jong slimkoppe wat in robotika belangstel nie – dit is nou as ʼn mens moet oordeel aan die 72 spanne wat aan vanjaar se Wêreld Robotika Olimpiade (WRO) tydens die Oktober-skoolvakansie deelgeneem het.
Die spanne het dit op 29 September by die Thinus Bester-saal van die Tshwane-Universiteit vir Tegnologie uitgespook om met die titel weg te stap as die land se beste robotbouers en -programmeerders.
* Hierdie verslag is saamgestel deur Esté Meyer Jansen.
* Videoredigeering deur Marius Vermaak.
* Besoek Maroela Media vir meer oor hierdie storie: http://spens.co.za/kCx
Forum Nuus: Marnus Broodryk aan entrepreneurs: Jy moet bepaal wat sukses vir jóú is
Die entrepreneur, skrywer, belegger en spreker, Marnus Broodryk, het entrepreneurs weer in die palm van sy hand gehad tydens AfriVriendelik se sake-ontbyt by Spier-landgoed in die Wes-Kaap, waar sy kernboodskap was dat elke individu self moet bepaal wat sukses vir hom of haar beteken.
Drama in hof waar pastoor verskyn
ʼn Onbekende vrou het Dinsdag vir drama in die hooggeregshof in Port Elizabeth gesorg toe polisiebeamptes haar fisiek uit die hofgebou moes dra waar ʼn Nigeriese pastoor op aanklagte van mensehandel verskyn het. Foto: ANA
Forum Nuus: AfriForum sluit boomplantmaand in Knysna af
AfriForum het vanjaar sy jaarlikse boomplantmaand-projek in Knysna afgesluit waar die organisasie 50 bome in die Pledge-natuurreservaat en byna 800 fynbosplante in die Brenton-omgewing geplant het.
Buurtwaglid gee eerste treë ná skietvoorval
’n AfriForum-buurtwaglid van Pretoria het ’n maand nadat hy vermoedelik met ’n AK47 in die rug geskiet is, sy eerste treë in die hospitaal gegee. Video: Verskaf
Hond net betyds gered voor trok hom sleep
ʼn Oplettende wetstoepassingsbeampte van die Yavapai-distrik in Arizona in die VSA het ʼn hond se lewe gered oomblikke voordat hy agter ʼn vragmotor gesleep sou word. Die voorval het op 8 September 2018 buite ʼn Shell-vulstasie langs ʼn snelweg in Ash Fork gebeur. Video: Yavapai County Sheriff's Office
