“Afrikaans is ’n hoëfunksie- amptelike taal in Suid-Afrika en ons kinders is daarop geregtig om onderrig in hul moedertaal te ontvang.”
Ernst Roets, adjunk-uitvoerende hoof van AfriForum, Werner Human, adjunkhoof van Solidariteit en Carien Bloem, onderwyskoördineerder by AfriForum, het tydens AfriForum se Quo Vadis-gespreksreeks in Nelspruit Suid-Afrikaanse onderwys en wat die toekoms vir ons kinders inhou, bespreek.
AfriForum het gewoeker in George tydens die organisasie se #AnkerdorpPadskou. Die plaaslike tak het onder meer water getoets, verskeie skoonmaakaksies aangepak en ’n vullisterreinoudit gedoen. AfriVriendelik en AfriForum Onderwys het ook onderskeidelik ’n sakeontbyt en verskeie teenboeliegesprekke in die omgewing aangebied. Die #AnkerdorpPadskou het ook op ’n hoë noot afgesluit met die afskop van die Quo Vadis-gespreksreeks, ’n reeks van gespreksgeleenthede wat deur Ernst Roets in verskeie ankerdorpe aangebied word.
Dr. Rina Venter het met Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, gesels oor haar outobiografie, die geskiedenis en wat gedoen kan word om nie die foute van die verlede te herhaal nie.
Lees die storie en boekresensie op Maroela Media:
https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/video-rina-venter-in-gesprek-met-flip-buys/
Entrepreneurs van George en Durbanville het saamgekom vir entrepreneursadvies en -inspirasie van die rugbyreus Kobus Wiese. Dit was twee heerlike oggende waar ons entrepreneurs kon netwerk en meer leer oor hoe Suid-Afrika moet aanhou om ons potensiaal te ontwikkel en aanhou om ons eie besighede te begin.
Indien jy ook belangstel om aan hierdie geleenthede deel te neem, maak seker jou besigheid is op AfriForum Netwerk, by www.afriforumnetwerk.co.za gelys.
#SkepWerk
AfriForum Jeug het Dinsdag ’n klagte teen studente van die EFF Students Command (EFFSC) aan die Universiteit van die Vrystaat aanhangig gemaak nadat ʼn personeellid asook studente vroeër die dag gedurende ’n betoging op kampus deur betogende studente aangerand is.
Is jy more op pad stemlokale toe, maar nog steeds onseker vir wie om te stem? Kyk gerus die volgende video en doen die volgende stembepaler om 'n ingeligte besluit te maak: https://solidariteit.co.za/stem-bepaler/
Die Solidariteit Beweging verteenwoordig egter ’n betekenisvolle meer as 500 000 mense en meen dit is van kritiese belang dat lede in die komende verkiesing gaan stem. “Deur te stem het jy ’n kans om jou stem hieroor te laat hoor.” - Flip Buys
Die voorval waarin ʼn student aan die Universiteit van Pretoria Saterdag tydens die Step It Up-danskompetisie, voorheen bekend as Serrie, beseer is, word as ʼn ongeluk bestempel. Die student, ʼn inwoner van die Madelief-dameskoshuis van die universiteit, is tydens dié koshuis se optrede in die eindstryd van die kompetisie in die universiteit se amfiteater op die kampus beseer toe sy as deel van die uitvoering deur haar koshuismaats in die lug gegooi is. (Video: Twitter via @MuloiwaThendo)
Die walle van ʼn waterreservoir in Alameinlaan in Montclair, Durban, het op 4 Mei 2019 omstreeks 05:00 meegegee en honderde kiloliter water het uitgestroom.
Kyk ook hier na die video van dr. Corné Mulder, hoofsweep van die VF Plus, wat die uitdaging tot die debat met die DA aanvaar.
Lees meer op Maroela Media: https://spens.co.za/mAI
Die rampverligtingsorganisasie Gift of the Givers het dié video as bewys ontvang dat Shiraaz Mahomed, die Suid-Afrikaanse joernalis wat in Januarie 2017 in Sirië ontvoer is, wel nog lewe. (Video verskaf via ANA)
Die DA het onlangs ’n versoek ontvang van die leier van die Vryheidsfront Plus (VF Plus), dr. Pieter Groenewald, om in debat te tree oor “Taalregte en die beskerming daarvan en in besonder die handhawing van Afrikaans”. Die DA het dr. Groenewald se uitnodiging aanvaar en dr. Annelie Lotriet, voorsitter van die DA in die Vrystaat, sal met hom debatteer oor taalregte – wanneer en waar ook al hy wil – met 100% vertroue in die DA se belofte om die regte van álle tale in Suid-Afrika te bevorder.
Lees Maroela Media vir meer hieroor:
Adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaatvervolgingseenheid, gee volledig terugvoer nadat hy vandag in die Randburgse landdroshof verskyn het in die informele geregtelike ondersoek na die dood van kol. Patrick Karegeya, voormalige intelligensiehoof van Rwanda.
Verskeie winkels in die Durbanse sakesentrum is Woensdagoggend (10 April 2019) beskadig nadat ʼn brand deur ʼn gebou in Queenstraat in dié stad se sakesentrum gewoed het. (Video: Rescue Care Paramedics)
Die burgerregte-organisasie AfriForum het sedertdien beeldmateriaal van die aanval op Bonnema, wat deur veiligheidskameras vasgevang is, in ʼn video saamgevat wat versprei word om bewusmaking oor plaasaanvalle te skep. LET WEL: Die gebeure in die video is ontstellend en nie geskik vir sensitiewe kykers of kinders nie.
AfriForum het vandag getuies in hul saak teen Thandi Modise, voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies (NRP), gedwing om mondelinge verklarings in die Potchefstroomse landdroshof af te lê. Dit volg nadat talle diere op haar plaas buite Potchefstroom in 2014 gevrek het weens verhongering en mishandeling.
“Die geskiedenis is soos ’n diamant, hy het ’n duisend verskillende kante en daar moet na alle kante gekyk word. Die geskiedenis van die Afrikaners is ook groter as net die geskiedenis van apartheid,” meen dr. Leopold Scholtz, historikus, joernalis en skrywer van Kraal Uitgewers se nuutste boek, In Bondgenote en dwarstrekkers: Die Transvaalse en Vrystaatse regerings in die Anglo-Boereoorlog, 1899-1902.