Boer345 Videos

image-.jpg
0

Hy is gewis nie klaar met die liefde nie, vertel die Afrikaanse sanger Juan Boucher ferm tydens ʼn onderhoud met Maroela Media. Maar dié keer, met die vervaardiging van sy sesde ateljeealbum, het hy besluit om ʼn heel ander rigting in te slaan: dié van drome, die goeie en die kwade en die lewe soos dit met hom en ander rondom hom gebeur.

Die sanger se jongste album, Onthou jy om jonk’, is onlangs uitgereik.

Boucher sê die titel van dié album is juis geskep om aanhangers te laat nadink. “As kunstenaar probeer ek altyd iets skep wat mense uitdaag en laat dink. Dié titel het my soos ʼn weerligstraal getref. Daar was nog nie iets wat die gevoel en betekenis van ‘onthou jy om jonk’ omskryf het nie. Die titel wil hê jy moet alles onthou óm jonk: die liefdes, die lewe, jou keuses.”

image-.jpg
0

In 2017 stig Altus Theart, Pieter Marcato en Jerry Spangenberg die Afrikaanse Alternatiewe popgroep EON en bereik hulle reeds groot sukses met hulle eerste treffer BITTERSOET wat tans op verskeie radiostasies op hoë rotasielyste is.

Die musiekvideo op YouTube bereik verrassende kykersgetalle en is ook te sien op verskeie Afrikaanse TV Kanale.

PIETER MARCATO is liedjieskrywer, sanger, lid en stigter van die groep Marcato, maar hy is ook saam met Altus en Jerry deel van EON. In 2013 het Pieter ook sy eie platemaatskappy as Legato Artists gestig wat nou al Marcato en EON se musiekbehoeftes hanteer.

JERRY SPANGENBERG gebore in Bloemfontein, maar dis op hul plaas in Kuruman waar hy sy liefde vir musiek ontwikkel het. Eers konsertina gespeel, toe klavier in sy tiener jare. Dromme het eers op hoërskool begin byt. Kitaar, sy groot liefde, het ironies laaste gekom want vandag is hy die kitaarspeler van EON. Jerry 4 jaar vir Mel Botes kitaar gespeel. J

image-.jpg
0

‘N brokkie inligting oor Chris Coetzer een van die Drie Tenore

Chris Coetzer is sinoniem met Suid-Afrika se Drie Tenore. Coetzer sing reeds van kindsbeen af as solis.

Hy is bekend vir sy geestelike sang sowel as “Golden Oldies” wat mense se hartsnare roer. Hy het ook al op televisieprogramme soos Noot vir Noot, Pasella en Binnelanders verskyn.

Coetzer het reeds vele albums die lig laat sien. In Junie is sy CD, Tydloos 2, in die Staatsteater in Pretoria bekend gestel en met ope arms ontvang.

Coetzer se Kerssang-DVD-en-CD-kombinasie beeld ons Verlosser Jesus Christus se geboorte as ’n waardering van die Skepping uit, en van liefde en lewe wat gratis aan ons gegee is.

Sy klassieke aanslag bied gehore die geleentheid om die siel te voed met musiek en lirieke wat weer sin

image-.jpg
0

‘N eerste snit tref ‘elke noot’ vir Emil Paul

Die nuweling, Emil Paul, se eerste enkelsnit wat Elke Noot, heet is onlangs vrygestel. Die genre van die snit kan beskryf word as ’n mengsel van pop en folk en is ’n nuwe, vars styl van Afrikaanse musiek.

Emil hoop dat mense sommer van die eerste noot sal wil dans. Hy hoop ook dat hulle die dieper betekenis sal hoor in sy lirieke en dat dit iets vir iemand sal beteken. Hopelik put hul sommer inspirasie uit die lirieke wat geskryf is deur Emil self.

Nie net skryf Emil graag sy eie liedjies nie, maar hy lewer ook insae in die vervaardiging daarvan. Hy is ook ’n kranige musikant in eie reg en bespeel ’n groot verskeidenheid instrumente o.a. klavier, ukulele, verskeie blokfluite, piccolo, trompet en kitaar.

Emil hoop dat die publiek sy enkelsnit gunstig sal ontvang. “Dit het ’n lekker klank en maak mens sommer lus om te sokkie, maar dit vertel terselfdertyd ’n storie waarmee mense heel moontlik kan identifiseer,” sê hy.

Volge

image-.jpg
0

‘N groot stem in Opera is verlore maar nie vergete nie:- Johan Botha (tenoor)

Hy maak sy debuut in 1989 op die verhoog van die munisipale teater in Roodepoort as Max in Der Freischütz. Sy internasionale deurbraak kom in 1993 by die Opera de la Bastille as Pinkerton in Puccini se Madama Butterfly.

Sedertdien het hy opgetree by toonaangewende operahuise oor die wêreld soos die Metropolitan Opera, Weense Staatsopera, Opera Australia, Royal Opera House (Londen), La Scala, en die Salzburg Festival. Hy is op 8 September 2016 na ‘n stryd teen kanker oorlede.

Johan Botha is die Suid-Afrikaanse operasanger wat by verreweg die meeste Internasionale opnames gemaak het:

Albert: Tiefland onder Bertrand de Billy (2006) Oehms OC 312
Dvorak: Stabat Mater (2001)
Charles Koechlin: The Jungle Book (1994)
The Puccini Experience (1995)
Mahler Simfonie 8 onnder Boulez en De Billy
Puccini: Turandot onder Gergiev (DVD)
Richard Strauss: Daphne onder Bychkov
Richard Strauss: Elekt

image-.jpg
0

‘N kort Bio oor Mimi Coertse:- die dame met die gou Operastem

Maria Sophia Coertse is op 12 Junie 1932 in Durban, Natal gebore. Sy matrikuleer aan die Hoër Meisieskool Helpmekaar in Johannesburg. In 1949 begin sy haar stemopleiding in Suid-Afrika. In Julie 1953 trou sy met die uitsaaier en komponis, Dawid Engela.

Sy verruil Suid-Afrika in September 1953 vir Londen, reis later na Den Haag en uiteindelik na Wene. Sy begin haar opleiding met Maria Hittorff en Josef Witt in Januarie 1954.

Coertse maak haar debuut in Januarie 1955 as die Eerste Blommemeisie in Richard Wagner se Parsifal by die Teatro San Carlo-teater in Napoli, Karl Böhm het begelei. Sy sing ook in Basle by die Teatro San Carlo. Op 17 Maart 1956 maak sy haar debuut by die Weense Staatsopera as die Koningin van die Nag in Die Towerfluit deur Mozart en bly aan by die Weense Staatsopera tot 1978. Haar Covent Garden-debuut was in 1956, in dieselfde rol. Sy het dié rol uiteindelik meer as 500 keer in vier tale (Duits, Engels, Frans en Italiaans) uitgev

‘N kort Bio oor Willem Botha, hy is jonk met baie talent

Willem Botha is ‘n Afrikaanse sanger en akteur. Botha is in 2004 as ‘n wenner van die Plusster-talentkompetisie wat deur Die Burger aangebied word aangewys.

In 2007 neem hy deel aan kykNET se Idols-reeks en word as naaswenner bekroon waartydens hy ‘n platekontrak met Sony-musiek losslaan. Sy debuutalbum, Kô Ma Hier, is in 2007 uitgereik.

In 2009 ontvang hy ‘n Euro Ster-toekenning vir sy liedjie Dis alles ‘n Miracle in die kategorie vir beste oorspronklike Afrikaanse liedjie.[2]

Botha studeer tans drama aan die Universiteit van Stellenbosch.

Loer hier onder na een van sy musiekvideo’s:- Willem Botha & Andriette Norman – “Hoe Meer Ons Dit Doen”

image-.jpg
0

‘n Kragtige ballade word uitgereik deur Almero

Hy is skaars twintig jaar oud en spog reeds met sy eie kortverhaal, digbundel en twee enkelsnitte, wat almal baie goed ontvang is. Met die vrystelling van sy nuutste treffer, Monochromie, gaan Almero nie net ’n opskudding veroorsaak in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf nie, maar ook vir homself ’n permanente plek lossing in die harte van musiekliefhebbers.

“Monochromie is wat ek noem ’n kragballade. Dit gaan oor ’n gevoel wat ek glo ons almal ervaar: die soeke na iemand wat ons tuis kan noem. Iemand wat ons nuwe dinge kan leer en laat voel en sien. Dit maak die vergelyking dat hierdie persoon, indien daar so iemand is, jou wêreld sal verkleur in kleure wat jy nie geweet het bestaan nie. Tog is daar ’n smekende aspek in die liedjie, ’n pleit dat hierdie persoon moet bly,” verduidelik hy oor hierdie treffende liedjie wat saam met Ruan Graaf geskryf en deur Nico Welgemoed vervaardig is.

“Ek is iemand wat baie waarde heg aan my huis, of w

image-.jpg
0

‘N nuwe snit uit deur die Radiomanne

Wat kry jy wanneer die lirieke en musiek van twee radio-omroepers met verskillende musieksmaak, trou? ’n Unieke samewerking en genre wat hopelik ’n vars klank tot stand bring.

Francois van Rensburg en Jacques Erasmus (DJ City Bay) het mekaar ontmoet by Groot FM 90.5. Beide Francois en Jacques is omroepers by dié radiostasie en Jacques is ook ’n vervaardiger.

DJ City Bay het al een of twee Afrikaanse liedjies vervaardig, maar die meeste van sy musiek word in Engels uitgereik. “Ek het vir Jacques gevra om weer iets in Afrikaans aan te pak, en lirieke asook ’n basiese melodie vir hom aangestuur waarmee hy kon werk,” vertel Francois.

Ontmoet Jacques Erasmus oftewel DJ City Bay. Hierdie baie talentvolle man kom uit die klein dorpie Hartbeespoort, naby die hoofstad – Pretoria. Die klein dorpie het egter nie sy entoesiasme bekamp nie; inteendeel, dit was waar hy sy passie gekweek het.

Hy het liedjies op die kitaar begin speel op d

image-.jpg
0

‘N opskop van Country musiek, ‘n spektakulêr in Kempton Park

Hierdie Spektakulêre vertoning bring ‘n byeenkoms van legendariese Suid-Afrikaanse Country-musici en ‘n nuwe generasie landsangers saam, sowel as lyndans, kos, drank en kuns.

Datum:- 11 Augustus 2018

Tyd:- 09:00

Toegang:- R100.00, Kinders (6 tot 12 jaar): R40.00, Kinders onder 6 word gratis toegelaat. Geen kaartjies word verkoop by die deur nie.


Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Kempton Park?? kliek hier !!


Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SA Radio

image-.jpg
0

‘N roerende weergawe van Koos du Plessis-treffer word vry gestel deur Wynand Strydom

Wynand Strydom het oor die afgelope vyftienjaar vir homself ’n stewige plek in die Afrikaanse musiekbedryf gevestig.

Dié oud-Pretorianer het al die verhoog met bekende name gedeel en by die grootste musiekfeeste opgetree.

Sy splinternuwe album, Skielik Is Jy Vry, is ’n treffende huldebly aan een van die musiekbedryf se grootste legendes, Koos du Plessis en word amptelik op 13 Julie 2018 uitgereik.

Die eerste enkelsnit vanaf hierdie album, Gebed, word nou aan radiostasies landswyd uitgereik. Die liedjie pas die sanger se diep, hoendervleismooi basstem soos ’n handskoen en dwing jou tot stilstand en om te luister.

“Ek is my lewe lank al baie lief vir Koos du Plessis se musiek. Dit was nog altyd ’n droom om al my gunstelingliedjies op een album op te neem en Gebed is verseker een van hulle,” verklap die gewilde sanger, Wynand Strydom, oor die inspirasie agter sy agtste solo-album wat op pad is.

Die hele album sal bestaan

image-.jpg
0

’n Ietsie nuurts vir die Noord-Kaap:- Droomvanger Orkes

Die splinternuwe vierstuk-orkes, Droomvanger, wat bestaan uit Pierré Meintjes (sang en klavier), Warrick Waddington (kitaar), Rikus Maritz (baskitaar) en Ryno Groenewald (dromme), is reg om die Noord-Kaap in alle glorie te verteenwoordig.

Die groep het tans hul eerste demosnit Erkenning opgeneem en nóg opwindende musiek vloei reeds deur hul pen. Ryno en Pierré skryf die musiek saam. “Ek pen die woorde en Pierré sit die melodie by op die klavier. Ons is regtig ’n goeie span,” sê Ryno.

Erkenning is ’n jaar terug geskryf en vertel die storie van hoe mens so ’n bietjie moet lewe. “Bring vir my die donker, sak vir my die son is metafories vir die aand, wat beteken dat ons slegs dan met ons geliefdes en vriende kuier, omdat ons deur die dag te besig is met werk of ander verpligtinge,” vertel Ryno.

Die groep spog reeds met tien oorspronklike liedjies wat reeds geskryf, gekomponeer en ingeoefen is. Boonop tree hulle vir die eerste kee

image-.jpg
0

’n Nuwe ‘sexy’ treffer van Dirk van der Westhuizen

Eers is daar suiker gegooi, toe spoel hy dit af en nou gaan Dirk van der Westhuizen die koue blus met sy nuwe vuurwarm enkelsnit getiteld Sexy Vi My.

Die enkelsnit, wat ook die titelsnit van Dirk se nuutste album is, is ’n Afrikaanse pop/dansliedjie wat enigiemand sexy gaan laat voel. “Hierdie is definitief ’n liedjie wat jy op die dansvloer uit volle bors gaan saam sing en jy gaan hotter as botter voel,” vertel die sanger en lag nederig.

Die liedjie is deur die talentvolle Johan Oberholzer geskryf. Talle treffers kom reeds uit Johan se pen. Oor die storie agter die liedjie sê Dirk: “Soveel mense se daaglikse lewens is gevul met prioriteite en verantwoordelikhede dat dae, maande en selfs jare net verby hul gaan sonder enige me time en feel good time. Ek hoop die liedjie gaan dit verander.”

Volgens Dirk het hy die liedjie as sy volgende enkelsnit gekies omdat dit belangrik is om mense spesiaal te laat voel, en hy kry dit hoeka reeds

01 PLAASVEILIGHEID: WELKOM
0

01 PLAASVEILIGHEID: WELKOM

Welkom by hierdie kort reeks oor plaasveiligheid. In ons tyd het “plaasveiligheid” en “plaasaanvalle” onafskeidbare onderwerpe geword. Vir ‘n suksesvolle plaasaanval is daar drie dinge nodig: 1. ‘n Gewillige aanvaller met die vermoe om ‘n aanval uit te voer 2. ‘n Geskikte teiken of slagoffer 3. Die afwesigheid van beskerming Hierdie 3 kernpunte is gebruik […]
02 PLAASVEILIGHEID:   AANVALLERS
0

02 PLAASVEILIGHEID: AANVALLERS

AANVALLERS Tussen 600 to 500 VC het die beroemde en suksesvolle Sjinese Generaal San Tsoe beklemtoon dat dit belangrik is om jou vyand te ken. As ‘n mens goeie inligting het kan jy effektiewe teenmaatreels tref. In hierdie konteks: WIE IS PLAASAANVALLERS?  Amper altyd mans  Omtrent helfte van aanvallers is vroee 20’s maar […]
03 PLAASVEILIGHEID: AANVAL TAKTIEKE
0

03 PLAASVEILIGHEID: AANVAL TAKTIEKE

3 AANVAL TAKTIEK Welkom by die derde deel van ons reeks oor plaasveiligheid. Ons gaan in hierdie deel fokus op plaas aanval taktiek. Dankie vir jou belangstelling. As jy ‘n familielid of vriend het wat hierdie reeks nuttig vind, vertel hulle daarvan. Ekstra inligting: Ingebreek 26 Ingewag 20 Genader 11 Oorval 8 Bestorm 6 Ingestap […]
04 PLAASVEILIGHEID: WAT GEBEUR TYDENS ‘N AANVAL?
0

04 PLAASVEILIGHEID: WAT GEBEUR TYDENS ‘N AANVAL?

04 WAT GEBEUR TYDENS ‘N PLAAS AANVAL? Welkom by die vierde video oor plaasveiligheid. Ons gaan in hierdie deel fokus op dit wat tydens aanvalle gebeur. Kyk gerus na die vorige video oor aanval taktiek. Die doel van hierdie video is NIE om bewustheid ten opsigte van die gruwels wat gebeur tydens aanvalle te verhoog […]
05 PLAASVEILIGHEID:   IS JY DALK ‘N TEIKEN
0

05 PLAASVEILIGHEID: IS JY DALK ‘N TEIKEN

05 Welkom by plaasveiligheid – video nommer 5 Video 1 wys dat ‘n aanvaller, ‘n slagoffer en die afwesigheid van beskerming nodig is vir ‘n suksesvolle plaasaanval. Hierdie video gaan oor slagoffers. Meeste boere vra hulleself: is ek of my gesin dalk teikens van ‘n plaasaanval. Daardie vraag kan nooit met absolute sekerheid geantwoord word […]
06 PLAASVEILIGHEID: GLAS SKUIFDEURE
0

06 PLAASVEILIGHEID: GLAS SKUIFDEURE

06 Welkom by plaasveiligheid – video nommer 6 Videos 1 tot 5 verduidelik hoe aanvallers werk en waar veiligheids maatreels van slagoffers van plaasaanvalle gefaal het. Hierdie video het wenke wat gebasseer is op huisaanvalle wat geslaag het omdat aanvallers by glas skuifdeure kon inkom. Plaas aanvalle in die vorm van huis aanvalle maak rofweg […]
07 PLAASVEILIGHEID:   UITKLOPGAS
0

07 PLAASVEILIGHEID: UITKLOPGAS

07 PLAASVEILIGHEID: UITKLOPGAS Welkom by VIDEO 7 oor plaasveiligheid. Ons gaan in hierdie deel fokus op iets wat ‘n mens sommer koue rillings gee: uitklopgas. Daar is tekens na sommige plaasaanvalle wat bestudeer is gevind dat uitklopgas gebruik is of gebruik sou word. Kyk gerus na die video van James Munro waar hy praat oor […]
image-.jpg
0

2018 SAMA 24: Die Afrikaanse benoemings!

Dis weer tyd vir die South African Music Awards (SAMA), wat vir die 24ste keer deur die Recording Industry of South Africa (RiSA) aangebied word. Die jaarlikse geleentheid vereer van die beste talent oor ’n tydperk van twee dae in sleutel kategorieë.

Sommige van die benoemdes gaan ook tydens die seremonie optree, wat beloof om ’n skouspel soos min te wees.

Hier is die Afrikaanse benoemdes:

BEST ROCK ALBUM
Willim Welsyn – Blitzkriek
Fokofpolisiekar – Selfmedikasie

BESTE POP-ALBUM
Ray Dylan – Uitbasuin
Karlien van Jaarsveld – Sing Vir Liefde
Brendan Peyper – Hy Loop Oop
Kurt Darren – Laat Die Dansvloer Brand
Lianie May – Iemand Om Lief Te Hê

BESTE KONTEMPORÊRE ALBUM
Saarkie – Queen van die Toorbos
Die Heuwels Fantasties – OKAY!
Jo Black – Skepe

image-.jpg
0

Adam optrede te Weiveld in Pretoria area. Lekker Langarm Musiek Saterdagaand!

Weiveld is Pretoria se Nuutste, Grootste en Beste Kuierplek. Weiveld is elke Vrydag en …Saterdagaand oop vir lekker kuier en die BESTE in langarm musiek.

Datum:- 6 April 2018

Toegangs prys:- R 50 en deure open 19:00,
tensy anders aangedui.

Daar tree ook kunstenaars van tyd tot tyd op en kaartjies vir hierdie geleenthede is beskikbaar by itickets.co.za. Alle informasie rakende hierdie optredes verskyn ook by itickets.co.za en kaartjiepryse wissel.

radio-afr-is-groot-sitplekke-300×300
0

Afrikaans is Groot 2017: Wat jy moet weet

MAAK SEKER JY IS TEN VOLLE BEWUS VAN DIE DATUM EN TYD VAN DIE VERTONING WAT JY BYWOON, SOOS AANGEDUI OP JOU KAARTJIE. Verkeer: Ons verwag meer as 8,000 mense per konsert, daarom raai ons jou aan om vroeg reeds by die Sun Arena te wees en sodoende te verseker jy is betyds vir die begin van die konsert. Die Tshwane Verkeersdepartement help ook om verkeersvloei te reguleer. Volg asb. hierdie roetes en gee gehoor aan die verkeersbeamptes.
image-.jpg
0

Afrikaans Pop Sanger Jaycee Crause, is baie stil, maar hier is ‘n bietjie inligting oor hom

Jaycee Crause se nuutste enkelsnit, MY GODIN is onlangs vrygestel en die reaksie op die liedjie is ongelooflik positief.

Met bekroonde liedjieskrywer, Rudi Claase en treffer vervaardiger Werner Beukes as kreatiewe skeppers van die liedjie word daar wyd bespiegel dat hierdie liedjie baie goed gaan doen in die Afrikaanse musiekmark.

Jaycee werk tans aan ‘n nuwe album en MY GODIN is die perfekte voorsmakie van wat van hom verwag kan word.

Hy kom al ‘n lang pad in die musiek bedryf en het besluit om die keer sy tyd te vat en rustig te werk aan ‘n nuwe album en die beste produk vir sy aanhangers te bied.
Jaycee het tot dusver drie albums uitgeruik en ons kan met trots sien dat elke album ‘n m