Afrikaanse musiek946 Videos

Billy Vaughn – Blou Hawaii (Blue Hawaii)
0
02:03

Billy Vaughn – Blou Hawaii (Blue Hawaii)

Richard Smith Vaughn was ‘n Amerikaanse sanger en orkesleier wat verskeie musiekinstrumente kon bespeel. Hy is op 12 April 1919 in Glasgow in die staat Kentucky gebore waar sy pa ‘n haarkapper van beroep was. Billy het reeds op skool die mandolien en verskeie ander instrumente baasgeraak. In 1941 het hy aangesluit by die “National […]
Sewus van Rooyen – Ek verlang na jou
0
02:04

Sewus van Rooyen – Ek verlang na jou

Hierdie plaat verteenwoordig sekerlik een van die grootste slenters in die geskiedenis van Afrikaanse musiek, indien nie in dié van Suid-Afrikaanse musiek nie! Eerstens was daar nooit ‘n plaaslike kitaarspeler met die naam Sewes van Rooyen nie, maar was dit in werklikheid ‘n skuilnaam wat Taffie Kikillus gebruik het. Dit opsigself is nie werklik so […]
Gé Korsten – Moet ek gaan
0
02:31

Gé Korsten – Moet ek gaan

Gerard Korsten is op 6 Desember 1927 in Rotterdam, Nederland, gebore, en was 7 jaar oud toe sy gesin na Suid-Afrika geëmigreer en hulle in Johannesburg gevestig het. Sy pa was ‘n boukontrakteur en derhalwe het Gé hom na skool as ‘n elektrisiën gekwalifiseer, hoewel hy vanaf die ouderdom van 20 in kore en kwartette […]
Min Shaw – Bethlehemster
0
02:55

Min Shaw – Bethlehemster

Min Shaw is ‘n Suid-Afrikaanse sangeres wat op 26 November 1934 in Johannesburg gebore is as Wilhelmina Jacoba Viviers. Sy het Helpmekaar Meisies Hoërskool bygewoon in dieselfde jare toe die beroemde operasangeres, Mimi Coertse, daar op skool was (Min was in standerd 7, of graad 9 deesdae, toe Mimi in matriek was). Na skool het […]
Louis van Rensburg – Tabakblaarwals
0
02:36

Louis van Rensburg – Tabakblaarwals

Louis Wilfred Janse Van Rensburg is op 31 Julie 1944 in Johannesburg gebore en het in Crosby groot geword waar hy die Hoërskool D.F. Malan bygewoon het. Hy het reeds as jong seun die harmonika bemeester, hoewel hy op daardie stadium geen aspirasies gehad het om eendag ‘n musikant te word nie. In matriek het […]
Ruben Lennox – Bitterfontein
0
02:34

Ruben Lennox – Bitterfontein

Ruben Joseph Lennox is op 26 Maart 1946 in Beaufort-Wes gebore en het sy skoolloopbaan voltooi aan die Hoërskool Sentraal waar hy ook lid was van ‘n skool orkes met die naam The Four Beams. Hy het reeds in standerd nege sy eerste liedjie, “Down Hawaiian Way”, geskryf. Na matriek het hy drie onderwys diplomas, […]
Jimmy Rayson met Dan Hill & Sy Orkes – Wil jy of wil jy nie
0
02:41

Jimmy Rayson met Dan Hill & Sy Orkes – Wil jy of wil jy nie

James Richard William Rayson is op 13 Desember 1923 in Wynberg, Kaapstad gebore waar sy pa werksaam was by die destydse Spoorweë & Hawens. Die familie het later verhuis na Mosselbaai waar Jimmy in skoolkonserte en tydens byeenkomste van die debatsvereniging gesing het. Na matriek het hy aangesluit by die Weermag en het tydens die […]
Johan van Rensburg & Die Alabama-Ritmegroep – He ain’t heavy, he’s my brother
0
04:31

Johan van Rensburg & Die Alabama-Ritmegroep – He ain’t heavy, he’s my brother

Suid-Afrikaanse groep wat deur Johan van Rensburg gestig is terwyl hy musiek regisseur van die Alabama Studentegeselskap was. Lede: 1. Johan van Rensburg – klavier 2. Rudi van Eldik – tromme 3. Louis van Rensburg – ritmekitaar (Johan se broer) 4. Koos Lessing – baskitaar Johan Janse van Rensburg is op 2 Oktober 1944 in […]
Chris Blignaut – Ou ryperd
0
02:51

Chris Blignaut – Ou ryperd

Christian August Blignaut is op 27 April 1897 in Johannesburg gebore en het ook daar grootgeword en skool gegaan. Sy ma was hoogs musikaal aangelê en het vir Chris van kleins af gehelp met sy musiek. Op 18 het hy gereageer op ‘n advertensie van African Theatres wat na sangers gesoek het, en in 1914 […]
Nico Carstens & Sy Orkes – Skud en wikkel kwela
0
02:49

Nico Carstens & Sy Orkes – Skud en wikkel kwela

Nico Carstens is op 10 Februarie 1926 in Kaapstad gebore as Nicolaas Cornelius Carstens. Hy het sy eerste trekklavier gekry toe hy 13 jaar oud was, en het sy eerste liedjie op 17 gekomponeer. Hy het ‘n lang en roemryke loopbaan gehad as musikant, orkesleier en komponis, het sowat 1,200 liedjies in sy lewe geskryf […]
Christa Steyn – By jou voel ek veilig
0
03:07

Christa Steyn – By jou voel ek veilig

Christina Maria Schutte is op 15 Junie 1958 in Krugersdorp gebore. Haar ouers was Ben en Myra Schutte, en sy het op Potchefstroom grootgeword waar haar pa ‘n predikant was. Sy het matriek aan die Potchefstroom Gimnasium voltooi waarna sy die graad B. Mus. aan die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys voltooi het. Sy […]
Lucas Maree – Victoriabaai
0
03:28

Lucas Maree – Victoriabaai

Lucas Maree is op 22 Julie 1954 in Johannesburg gebore as Lucas Lodewyk Maree. Sy pa was ‘n polisieman en die gesin het ook in Springs gewoon voordat hulle na Pretoria verhuis het waar Lucas matriek geskryf het aan die Hoërskool Langenhoven. Na skool het hy die graad BA (Drama) aan Tukkies voltooi waarna hy […]
Glenys Lynne – Sonneblomlande
0
03:04

Glenys Lynne – Sonneblomlande

Glenys Lynne Mynott is op 5 Mei 1945 in Boksburg gebore. As kind het sy ballet klasse en klopdanse geneem, en vanaf die ouderdom van 12 het sy met sanglesse by Al Preston in Johannesburg begin. Sy het haar eerste talentkompetisie, die landwye “Search For Talent”, gewen toe sy 14 jaar oud was, en haar […]
Ben E Madison – Droomland
0
02:43

Ben E Madison – Droomland

Ben E Madison is op 14 November 1931 in Germiston gebore as Stephanus Benjamin (Bennie) Blignaut. Hy het sy skoolloopbaan aan Parktown Boys High voltooi, waarna hy homself as passer en draaier bekwaam het, hoewel hy later ‘n verkoopsverteenwoordiger geword het. Op 25-jarige ouderdom het hy sanglesse by Al Preston begin neem, waarna hy die […]
Die Bats – Groen en goud
0
02:18

Die Bats – Groen en goud

Die Bats is in Oktober 1964 gestig deur: 1. Eddie Eckstein – tromme, sanger 2. Barry Jarman – kitaar, trompet, konsertina, verskeie ander instrumente 3. Jimmy Dunning - kitaar 4. Paul Ditchfield – baskitaar, klawerbord, sanger Klaarblyklik het hulle onder mekaar gestry oor wat die naam van die groep moet wees, toe die voormalige bestuurder van hulle platemaatskappy, Matt Mann, vir hulle gesê het “you’re all bats”, bedoelende dat hulle gek is, en so het die naam dan ontstaan. Hulle eerste solus sewe “All I Got” is in 1964 uitgereik, asook hulle eerste album met dieselfde titel. In Desember 1964 het hulle vir Dusty Springfield ondersteun tydens haar Suid-Afrikaanse toer. Hulle eerste Suid-Afrikaanse Top 20 treffer was “Shabby Little Hut” wat in 1965 die #3-posisie bereik het, en vir 8 weke op die treffersparade was. Hulle het ook later daardie jaar ‘n album met dieselfde titel uitgereik. Ook in 1965 het hulle Springbok Radio se “Battle of the Beats” gewen, en het hulle liedjie “That’s How I Feel” die #13-posisie op die SA Top 20 bereik, en was dit vir 9 weke op die treffersparade. In April 1966 het hulle na Engeland vertrek waar hulle vir 18 maande saam met baie bekende kunstenaars, soos Cat Stevens, Dusty Psringfield, The Troggs, The Kinks, The Zombies en The Mindbenders opgetree het, en het ook op Britse televisie verskyn. Hulle het in September 1967 na Suid-Afrika teruggekeer, en het tussen 1968 en 1970 nog vier SA Top 20 treffers gehad. In 1970 het hulle ‘n SARIE-toekenning ontvang vir “Who’s That Girl” wat as liedjie van die jaar aangewys is. In 1971 het hulle besluit om hulle naam te verander na Impi, en het hulle meer etniese klanke aangeneem, en het ook ‘n album met dieselfde titel uitgereik, maar die jaar daarna het hulle teruggekeer na die meer bekende naam en klanke van die Bats. Die Bats het ses SA Top 20 treffers gehad: 1. Shabby little hut – 1965, #3, 8 weke 2. That's how I feel – 1965, #13, 9 weke 3. Groen en goud – 1968, #7, 9 weke 4. Weltevrede Stasie – 1968, #15, 6 weke 5. Who's that girl? – 1969, #6, 10 weke 6. Rebecca Stein – 1970, #17, 3 weke Die Bats het in 1981 opgebreek, maar het in 2000 weer bymekaar gekom, en tree nog steeds op, hoewel Paul Ditchfield reeds 80 jaar oud is, en Eddie Eckstein later vanjaar 80 sal word.
Hansie Roodt – a. Spanish flea b. Wipneusie
0
02:27

Hansie Roodt – a. Spanish flea b. Wipneusie

Hansie (Johannes Petrus) Roodt is op 28 Augustus 1938 in Krugersdorp gebore, maar het in Carletonville groot geword. Hy het leer kitaar speel by sy pa en broer, Roy, beide baie bekwame musikante. Hy het aan Hoërskool Carletonville matrikuleer, en het daarna as 'n myn-opnemer in Carletonville begin werk. In 1962 het Hansie die geleentheid gekry om saam met Al Debbo te toer, en het na drie jaar saam met Al by Nico Carstens se orkes aangesluit. In 1967 het hy ‘n solo loopbaan begin volg, hoofsaaklik as ‘n sessie-musikant vir die SAUK en vir die EMI-platemaatskappy. Afgesien van sessiewerk in die ateljee, het hy ook kunstenaars soos Gene Rockwell, Bobby Angel, Barbara Ray, Lance James en Dan Hill begelei. In 1983 is hy aangestel as leier van die Suid-Afrikaanse Polisie-Dansorkes wat op amptelike polisiefunksies gespeel het. Die orkes het in 1984 die tweede plek in die TV boereorkeskompetisie behaal, en het in 1986 gewen. Hansie het in 1966 die album, “Hier Is Hansie!!!” (sy eerste van vele), uitgereik, en het ook tydens sy loopbaan ‘n groot aantal liedjies self geskryf. Hy het in Pretoria gewoon tot en met sy dood op 16 September 2005. Hierdie liedjie is in 1970 op die album "Opskud Party" uitgereik.
Vicki du Preez – Senorita
0
01:56

Vicki du Preez – Senorita

South African artist, born Vicki Groenewald on 2 August 1946 in Westdene, Johannesburg. She was educated at Jubileum Primary School in Mayfair West and at D.F. Malan High School in Crosby. Her father had a jazz band in the 1940s and 1950s, which motivated her to start singing at the age of 3. At school she regularly appeared in concerts and operettas. In 1972 she started singing with various bands, until she met Bez Martin and an audition at the SABC followed, resulting in this transcription record with Theo Erasmus and his Orchestra. In 1976 she was offered a recording contract, and several 7” singles followed, including “Totsiens Aufwiedersehen” which reached #12 on the South African Top 20 in 1977, charting for 7 weeks. She also appeared in various television shows, including Ateljee 4, Treffers, Sing Country, Spies en Plessié and Skemertyd, and regularly performed with her band Vision. This song is off the SABC Transcription Record “Nou Soek My Hart Die Sonskyn”, with Theo Erasmus and His Orchestra, released in 1975.
Caroline Grace – Voor Jou
0
03:16

Caroline Grace – Voor Jou

Music video by Caroline Grace performing Voor Jou. © 2019 Universal Music (Pty) Ltd South Africa http://vevo.ly/KCDY19
Chris Chameleon 2009 Theater Tour: Day 29 & 30
0
02:07

Chris Chameleon 2009 Theater Tour: Day 29 & 30

Lazy off day on the couch in order to gear up for the gig at Almelo at Theater Hof 88. November 9 & 10. Part of the Chris Chameleon Theater Tour to Belgium and the Netherlands