AfriForum het ’n “boete” aan die Tshwane Metropolitaanse Munisipaliteit uitgereik ná dié metro aangedui het hy wil inwoners wat water vermors met R5 000 beboet. AfriForum meen die Tshwane-metro moet eerder infrastruktuur herstel, aangesien nagenoeg 35% van water in die stelsel verlore gaan en dit tot verliese van ongeveer R4 miljoen per dag lei. Volg hierdie skakel om ’n lekkasie aan te meld.
