Die paaie in baie dorpe is in ’n haglike toestand en AfriForum-takke landwyd spring dikwels in om dit self te herstel. AfriForum se Bethlehem-tak het sedert Januarie vanjaar slaggate in dié dorp opgevul om die paaie rybaar en veiliger vir motoriste te maak. Die tak het reeds 60 ton teer gebruik en gaan steeds voort met hierdie volhoubare projek.
