AfriForum se Heilbron-tak het in ’n kort tyd al heelwat gedoen om die stand van sake in dié dorp te verbeter. En hoewel inwoners die munisipale verval daagliks aanskou, het dié tak besluit dit sal hulle nie onderkry nie. Hulle gryp in waar die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit versuim om hulle pligte na te kom. Die tak het reeds gras gesny, 800 sakkies teer geallokeer om slaggate te vul en asblikke in die dorp geplaas om die strooi van rommel te voorkom.
