Top 20 vir die week: 26 Februarie 2018

Die Afrikaanse sangeres Liezel Pieters se jongste enkelsnit “Sing jou hart uit”, is maar onlangs uitgereik en pronk reeds op treffersparades landwyd.

Die liedjie betree die week se Top 20 op nommer 19. Die musiekgroep Anders se liedjie “Bruid”, wat ook die title van hul jongste album is, neem die week die nommer 1-posisie in.

Kom ons spring weg en kyk na die stand van sake op ons Top 20 lys vir die week wat voorlê:-

1. Anders – “Bruid”
2. Jo Black – “Die vrou wat ek liefhet”
3. Vernon Barnard – “Voel”
4. Janie Bay ft Hunter Kennedy – “Wag vir jou”
5. Jay – “So lank sal ek jou liefhê”
6. Ray Dylan – “Uitbasuin”
7. Steve Hofmeyr – “Ek is”
8. Kurt Darren – “Haal asem”
9. Juan Boucher – “Onthou jy om jonk”
10. ADAM – “Sê my”
11. Joshua na die Reën – “2017”
12. Juanita, Ruan Josh, Franja du Plessis – “Meer as ‘n melodie”
13. Brendan Peyper – “Vanaand sê ek net ja”
14. Kurt Darren – “Laat die dansvloer brand”
15. Lizandra Winter en Joshua na die Reën – “Ek wil vir jou”
16. Steve Hofmeyr – “Feeslied”
17. Leah en Jo Black – “Nooit alleen”
18. Elvis Blue – “Blou”
19. Liezel Pieters – “Sing jou hart uit”
20. Ray Dylan – “Vir ewig jonk”

En daar het julle die Top 20 van ons kant af. En soos gewoonte gee ek vir jou die gewilde musiek videos/klankgreep sommer net hier vir jou om na te kyk en n ate luister. Indien jy ‘n Sanger ingedagte het wat jy dink moet op die Top 20 kom, kontak ons gerus (loer op die webtuiste vir die kontak besonderhede).

Hier is jou nommer 1 – Anders – “Bruid”

Hier is jou nommer 2 – Jo Black – “Die vrou wat ek liefhet” – ek kon ongelukkig nog nie ‘n musiekvideo of klankgreep vir julle in die hande kry nie, maar, ek gaan aanhou soek tot ek iets gevind het.

Hier is jou nommer 3 – Vernon Barnard – “Voel”

Hier is vir jou bonus video’s net vir jou … geniet dit !!

Hier is Liezel Pieters met “Sing jou hart uit” – ek kon ongelukkig nog nie ‘n musiekvideo vir julle in die hande kry nie, maar, ek gaan aanhou soek tot ek iets gevind het, maar hier is vir jou solank ‘n klankgreep van haar treffer !!

Hier is Kurt Darren – “Haal asem” – ek kon ongelukkig nog nie ‘n musiekvideo vir julle in die hande kry nie, maar, ek gaan aanhou soek tot ek iets gevind het, maar hier is vir jou solank ‘n klankgreep van sy treffer !!

En hier is Leah en Jo Black – “Nooit alleen”

(Visited 69 times, 1 visits today)

You might be interested in

Post A Comment For The Creator: T Thomas

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.