Boeboe is vir 'n week af om eksamen by die Poly-Anne School of Beauty te gaan skryf. Haar niggie, Sue-Ellen, help uit in haar plek. Sy oortuig Frikkadel en Worsie dat Spiros Takanakis hulle resep wil steel.
Daar is groot pandemonium op Nigel wanneer Tiger nie die rugbykaartjies vir die Springbokke teen die All Black se toets gekry het nie. Daar is net een kaartjie beskikbaar en almal wil hom hê. Frik, Tiger en 'n hele klomp ander word gearresteer.
Worsie word 'n wors, Daar is chaos by die Vetkoekpaleis wanneer Worsie vrouens ontdek. Frikkadel en Boeboe kan glad nie met hom praat nie en sy ma is ontsteld.
Die 1980-jeugreeks “Trompie en die Boksombende” was vir baie jongmense van daardie tyd ‘n rolmodel deurdat die berugte Boksombende hul altyd vir reg en geregtigheid beywer het.
Koop of omkoopDie Vetkoekpaleis maak oop vir besigheid en Frikkadel beleef die probleme wat daarmee gepaard gaan. Hy word deur 'n "gesondheidsinspekteur" besoek. Frikkadel is so op sy senuwees dat hy 22 vetkoeke verniet weggee. Na druk van Worsie en Boeboe besluit hy dat besigheid volgens die boek maar die beste is.
SAUK TV: Vetkoek Paleis, Seisoen 2, Episode 4 – Ella se Tog en Boeboe se moeilikheid>br> Ella se Tog: Ella en Apie kry huweliksprobleme en sy trek by Frikkadel en Poppie in. Boeboe kry ook moeilikheid wanneer Spiros se dogter uitvind van haar verloofde se manewales met Boeboe.
SAUK TV: Vetkoek Paleis: Seisoen 2, Episode 3 - Die lewe is 'n video en Spiros se vetkoeke>br> Die lewe is 'n video: Spiros begin ook vetkoeke maak en Frikkadel besef hy sal iets moet doen om die Vetkoekpaleis meer gewild te maak.
SAUK TV: Vetkoek Paleis: Seisoen 2, Episode 2 - Frikkadel se keuse en prioriteite>br> Frikkadel se keuse: Frikkadel wil bitter graag die Blou Bulle se wedstryd bywoon maar Poppie wil eerder die naweek weggaan.
Poplap en die twee tjortse: Worsie en Boeboe stry oor hoeveel "tjortse" daar in die bekende uittelrympie, "olke bolke", is. Frikkadel wil 'n skiboot koop en dit "Poplap" noem.
Maroela Media het die private speurder Mike Bolhuis gevra wat die boodskap is wat hy hoop mense neem uit die nuwe televisiereeks Bolhuis wat handel oor die sake wat hy en sy span speurders ondersoek. Die reeks vertoon tans op kykNET-kanaal 144 op Woensdagaande om 20:00. Kyk die video om te hoor wat hy hierop antwoord.
* Hierdie verslag is saamgestel deur Esté Meyer Jansen.
* Videoredigeering deur Marius Vermaak.
* Besoek Maroela Media vir meer oor hierdie storie: https://maroelamedia.co.za/vermaak/televisie/n-blik-op-mike-bolhuis/