SAUK TV: Vetkoekpaleis Seisoen 2 Episode 9  – ‘n Nuwe vennoot
0
26:01

SAUK TV: Vetkoekpaleis Seisoen 2 Episode 9 – ‘n Nuwe vennoot

Boeboe se vriend, Pelvic, kraak sy pelvis en Sherridon se niggie moet in die Vetkoekpaleis kom help. Mnr. Louw, die skoolhoof, bied Frik 'n goeie bedrag aan vir 'n vennootsjkap in die Vetkoekpaleis. Die personeel kom egter nie oor die weg met die nuwe vennoot nie en dit lei tot 'n vuisgeveg in die Vetkoekpaleis.
SAUK TV: Vetkoekpaleis Seisoen 2 Episode 11  – Die toeriste-inval
0
26:01

SAUK TV: Vetkoekpaleis Seisoen 2 Episode 11 – Die toeriste-inval

Sherridon word gekies om 'n valskermkursus te doen vir sy werk en Pelvic wil Boeboe op sy CD se omslag laat pryk as 'n rooi sebra. Tannie Gerty van Bloemfonteitn maak moles in die winkel. Wanneer 'n klomp toeriste die winkel wil besoek besluit Frik-hulle om dit te versier in 'n Afrika-styl. Alhoewel die kostuums die personeel nie aanstaan nie, verloop die geleentheid voor die wind.
SAUK TV: Orkney Snork nie – seisoen  1 episode 6- Stink pap en stywe lyne
0
27:00

SAUK TV: Orkney Snork nie – seisoen 1 episode 6- Stink pap en stywe lyne

Oupa word gedagvaar en Hendrik berei voor vir die jaarlikse hengelkompetisie. Weens beweerde ongerymdhede moet Hendrik voor die tugkomitee verskyn, en Oupa maak so neffens die hof ‘n jakkalsdraai. Om alles te kroon is Maggie se nuwe mikrogolfoond in die gedrang – die eerste prys van die hengelkompetisie.
SAUK TV: Vetkoekpaleis Seisoen 3 Episode  3  – Ysbeertjie
0
24:01

SAUK TV: Vetkoekpaleis Seisoen 3 Episode 3 – Ysbeertjie

Worsie en Frikkadel word vennote in 'n roomyshoekie in die Vetkoekpaleis. Alles verloop volt tot daar op 'n naam vir die hoekie besluit moet word. Die storie begin wanneer Frikkadel Delport sy eie take-away-besigheid begin, nadat sy werk personeel moes verminder. Hy huur vir hom assistente, met wisselende gevolge. Frik besef ook dat dit nie altyd so maklik is om jou eie besigheid te hê nie, veral nie as jy boonop ´n vrou het om gelukkig te hou nie!