0
25:43

Vetkoek Paleis Seisoen 1, Episode 9 – Lulu en Loftus

Boeboe doen 'n besering op en moet vir 'n week in traksie lê. Frikkadel moet iemand kry om uit te help want hy wil na 'n baie belangrike rugbywedstryd gaan kyk: Noord-Transvaal teen Natal. Poppie en hy kry stry en sy weier om hom te help. Tiger gee vir hom 'n plek se naam wat hom sal help om kelnerinne te kry, maar tot sy skok is dit 'n "escort agency". Toe dit lyk of sy kanse om na die wedstryd te gaan kyk nul is, tree Poppie in en sy beman die Vetkoekpaleis.
0
24:00

Vetkoek Paleis Seisoen 1, Episode 10 – Poppie Kry Stilstuipe

Frikkadel moet katvoet loop om in Poppie se goeie boekies te bly, Poppie gaan vroeg huistoe omdat sy siek voel. Boeboe is oortuig dat sy swanger is en Worsie laat sy ma weet wat op haar beurt weer vir die hele familie laat weet. Poppie is woedend en dinge word vererger wanneer Frik haar en haar baas agtervolg toe hulle dokumente moes laat teken. Boeboe en Worsie oortuig Frik om 'n romantiese aand te reel om Poppie uit haar stilstuipe te laat kom.
SAUK TV: Vetkoekpaleis Seisoen 2 Episode 12 – Verbode Vrugte
0
26:02

SAUK TV: Vetkoekpaleis Seisoen 2 Episode 12 – Verbode Vrugte

Ella gaan maak ongenooid Worsie se woonstel skoon en gooi sy teddiebeer uit. Dit veroorsaak dat Frik vir Ella uit die winkel jaag. Ella vra die dominee om met Frik te gaan praat. Boeboe eindig op die dominee se skoot en gee ook sommer vir mevrou dominee bietjie raad om haar privaatlewe op te kikker.