Kom geniet die Die Melktert Kommissie Live – Pretoria
Na `n baie lang afwesigheid van die verhoog het Die Melktert Kommisse besluit om weer hul voete op die verhoog te waag!
Datum:- 6 Oktober 2018
Tyd:- 19:00
Toegang:- R170
Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Lynnwood?? kliek hier !!
Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SKY.co.za nou!
Die Melktert Kommissie is `n 4-stuk Afrikaanse rock band, oorspronklik van Jeffeysbaai en bestaan uit Lucinda Rosa Neethling (Lead vocals en acoustic guitar), Jean Marie Korff (Electric guitar en backing vocals), Tim van der Westhuizen (Bass guitar) en Jan-Adriaan Korff (Drums en backing vocals). Die band het in 2002 bymekaar gekom vir die eerste Rockspaaider kompetisie wat hul gewen het.
Hul eerste CD “Volroom” is in Junie 2003 opgeneem en later daardie jaar vrygestel. In April 2005 het hulle besluit om “Die Melktert Kommissie” as “n professie op te neem en om voltyds te toer en bemark en het selfs “n draai in Londen gaan maak. Daar was twee musiekvideos gemaak van snitte op die album naamlik: Tiener en Sticks and Stones.
Adres:- Atterbury Theatre, Corner Lynnwood Road and Daventry Street, Lynnwood
GPS Koordinate:- -25.766156,28.279538
Kontak:- 012 942 5951
Kaartjies kan bespreek word by Computicket !!
Die tweede album, “Wonderwoorde” was in November 2005 opgeneem en vroeg in 2006 vrygestel. Die ontvangs van die nuwe album was baie goed deur die publiek sowel as die media. Hulle het die land platgetoer en rekord verkope gehad. Drie musiekvideos van snitte op die album het gevolg: Hier`s ek weer, My engel en Proudly South African.
Nominasies na Wonderwoorde se vrystelling sluit in `n Kanna nominasie vir hul “Wonderwoorde” produksie by KKNK en by die MK Awards vir Beste Rock Groep. Middel 2007 het Die Melktert Kommissie hul derde album “Vergewe en Vergeet” opgeneem. Twee musiek videos Mr Jealousy en Pronk is vanaf die album gemaak. Die snit Pronk is ook gebruik op die klankbaan vir die Afrikaanse film, “Bakgat!”.
Aan die einde van 2009 het DMK hul vertonings begin afskaal voordat hulle aangekondig het dat die groep `n break gaan neem. Drie van die lede woon tans in Kaapstad terwyl een nog in die Jakarandastad woon.
SA-Radio.com
Om jou gebeurtenis, konsert of konsert te lys,
kontak SA-Radio.com
Om ons giggids te ontvang,Skryf hier in GRATIS!
