Iets vir die kinders:- In die Land van Kammalielie – Pretoria
`n Reuse storm het die land van Kammalielie getref. Was dit dalk Bambino, die reus van Bitterbos, se allemintige nies wat als begin het? Feetjies en kabouters is wild en wakker weggewaai; een van hulle tot binne-in menseland!
Sal Klara die feetjie, weer haar pad terug Kammalielieland toe vind? Sal iemand in menseland haar kan help om by haar heel beste maatjie, Kieliekabouter, uit te kom?
Datum:- 30 Juie 2018
Tyd:- 11:00
Toegang:- R80
Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SKY.co.za nou!
Adres:- Atterbury Theatre, Corner Lynnwood Road and Daventry Street, Lynnwood
GPS Koordinate:- -25.766156,28.279538
Kontak:- 012 942 5951
Kaartjie is beskikbaar by Computicket
Kom kuier saam met Anna Davel en Nastassja Pretorius in die land van Kammalielie en help die verdwaalde feetjie Klara, tot sy weer veilig in haar huisie is saam met Kieliekabouter en al haar kleurvolle Kammalielie-vriende. Die teikenmark is kleuters, maar oud en jonk geniet die vertoning!
Teks, musiek en regie: Anna Davel
Choreografie: Nastassja Jooste en Clint Lesch
Lirieke: Jaco Jacobs
Animasie: Diek Grobler
SA-Radio.com
Om jou gebeurtenis, konsert of konsert te lys,
kontak SA-Radio.com
Om ons giggids te ontvang,Skryf hier in
GRATIS!
