Video235 Videos

image-.jpg
0

Top 20 vir die week: 9 April 2018

Vernon Barnard, die sanger wat ‘Voel’ sing, het ‘n nuwe treffer, sy splinternuwe liedjie is “Alles om my”, die nuwe pop-liedjie betree hierdie week ons Top 20 op die 20ste posisie.

DZL en ADAM betree ook hierdie week ons Top 20. ADAM het die afgelope naweek hulle splinternuwe album “Bewe” bekendgestel. DZL se liedjie “Het jy al gelewe” is in posisie nommer 17 en ADAM met hulle liedjie “Haar vuur” is in posisie nommer 16. Loer hieronder na ‘n video van ADAM se liedjie “Haar vuur” in die Die Groot Ontbyt studio. Loer ook hier onder na die treffer van DZL “Het jy al gelewe”

Robbie Wessels & Bok van Blerk behou die nommer 1 posisie die week met hulle treffer “Die sluise van die hemel”.

Kom ons spring weg en kyk na die stand van sake op ons Top 20 lys vir die week wat voorlê:-

1. Bok van Blerk & Robbie Wessels – “Die sluise

image-.jpg
0

‘N eerste snit tref ‘elke noot’ vir Emil Paul

Die nuweling, Emil Paul, se eerste enkelsnit wat Elke Noot, heet is onlangs vrygestel. Die genre van die snit kan beskryf word as ’n mengsel van pop en folk en is ’n nuwe, vars styl van Afrikaanse musiek.

Emil hoop dat mense sommer van die eerste noot sal wil dans. Hy hoop ook dat hulle die dieper betekenis sal hoor in sy lirieke en dat dit iets vir iemand sal beteken. Hopelik put hul sommer inspirasie uit die lirieke wat geskryf is deur Emil self.

Nie net skryf Emil graag sy eie liedjies nie, maar hy lewer ook insae in die vervaardiging daarvan. Hy is ook ’n kranige musikant in eie reg en bespeel ’n groot verskeidenheid instrumente o.a. klavier, ukulele, verskeie blokfluite, piccolo, trompet en kitaar.

Emil hoop dat die publiek sy enkelsnit gunstig sal ontvang. “Dit het ’n lekker klank en maak mens sommer lus om te sokkie, maar dit vertel terselfdertyd ’n storie waarmee mense heel moontlik kan identifiseer,” sê hy.

Volge

image-.jpg
0

Daar is ‘n lekker bederfie vir Brendan Peyper se aanhangers

Die spiertier sanger, Brendan Peyper, bederf sy aanhangers weer ’n keer. Voor die uitreiking van ’n nuwe album, reik hy weer ’n eksklusiewe weergawe van sy huidige album, Hy Loop Oop, uit.

Nes sy vorige eksklusiewe uitreiking van sy debuut-album, Stop, Wag, Bly Nog ’n Bietjie, kan aanhangers uitsien na verskeie verrassing. Die eksklusiewe album bevat twee nuwe snitte en ’n data disc met drie musiekvideo’s asook aflaaibare muurpapier vir jou rekenaar.

Die twee nuwe snitte heet, Klim Jou Everest, en We Got Forever. Eersgenoemde is ook sy nuwe enkelsnit wat binnekort op radiostasies reg oor die land gehoor sal kan word.

Brendan het ook die liedjie vir die eerste keer lewendig opgevoer tydens vanjaar se Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) op Oudtshoorn. Facebook-gebruikers is gaande oor die liedjie en het met verskeie hartjiegesigies emoticons gereageer.

“Sjoe, ongelooflik. Geen woorde op die oomblik,” het een van sy aanha

image-.jpg
0

Top 20 vir die week: 3 April 2018

Die sangeres Elizma Theron is terug!! Sy het ‘n splinternuwe enkelsnit, “Marilyn Monroe”. Die musiekvideo wat saam met die enkelsnit bekend gestel is, is besonders aangesien die sangeres se ma, sussie en vriendin teenoor haar in die musiekvideo vir die liedjie speel. Elke dame kan soos Marilyn Monroe voel. Sy betree die Top 20 op posisie nommer 19.

Na slegs ‘n week op die nommer 1 posisie, maak Appel plek vir Bok van Blerk en Robbie Wessels se duet “Die Sluise van die Hemel”.

Kom ons spring weg en kyk na die stand van sake op ons Top 20 lys vir die week wat voorlê:-

1. Bok van Blerk & Robbie Wessels – “Die sluise van die hemel”
2. Appel – “Boer loop deur my are”
3. Steve Hofmeyr – “Redgebed”
4. DECA en Len Muller – “Oorwin”
5. Elandré – “Die lyn”
6. Liezel Pieters – “Sing jou hart uit”
7. Kurt Darren – “Haal asem”
8. Jo Blac

image-.jpg
0

Sangeres Elizma Theron straal helderder as óóit

Vandag se vroue is te gereeld so totaal oorweldig deur dinge om te doen en ander om tevrede te stel, dat hulle te min tyd neem om na hulself om te sien en hulle werklike waarde en potensiaal besef.

Die polsende nuwe enkelsnit van Elizma Theron, Marilyn Monroe, is oorgehaal om vroue van oraloor tot stilstand te bring, deeglik in die spieël te laat kyk, die vonk binne hulself te laat herontdek en met hernude lewenslus die wêreld op sy kop te draai!

Dis ’n energiebelaaide, pop-rock snit met lewenslustige lirieke, seepgladde harmonieë, sterk elektriese kitaar tema en aansteeklike ritmes wat jou, hakskoene en al, op maat van die musiek sal laat laat saamdans – propvol selfvertroue en reg om die dorp behoorlik rooi te verf!

Oor die snit sê Elizma: “Marilyn Monroe ’n liedjie is vir elke vrou, ongeag van hoe jy lyk, wat jou agtergrond is, hoe oud of jonk jy is, of die grootte van jou klere.”

“Marilyn Monroe was die toonbeeld van s

image-.jpg
0

Georic Lomas se debuutalbum op pad, kyk uit daarvoor!

Dit was die jaar 2013, en tussen al die bekendes in die rolverdeling van die gewilde musiekfilm, As Jy Sing, het ’n nuweling die oog en die oor gevang.

Amper 4 jaar later en Georic Lomas het nie net ’n getroue groep bewonderaars opgebou nie, maar na die uitreiking van sy eerste treffer, Bazaruto, hier teen die einde van verlede jaar, kom die opwindende nuus dat sy debuutalbum binnekort op die rakke sal wees.

Maar voor die CD die winkels gaan tref teen Junie, sal ’n paar liedjies vanaf die album, getiteld Silhoeët, reeds vanaf 17 Maart beskikbaar wees op iTunes en Apple Music. Silhoeët sal 14 liedjies in totaal bevat met Johan Vorster, Christoph Kotzé en Georic homself wat pen op papier neergesit het.

Die eerste liedjie wat nou aan radiostasies gestuur sal word heet Die Leeu, en is ’n lekker vinnige dansnommertjie wat gewild sal wees onder almal wat jonk en jonk van gees is. Daar word ook reeds beplan aan die musiekvideo vir die liedj

image-.jpg
0

Juan Boucher breik Goue status

Juan Boucher se nuutste album Onthou Jy Om Jonk’ het in minder as drie maande goue status behaal.

En watter meer gepaste manier was dit, om dit saam met die bekendstelling van ’n splinternuwe video Onthou Jy Om Jonk’ te vier. Loer hier onder na die musiekvideo.

Die spesiale geleentheid is onlangs in samewerking met Jukebox op kykNET NOU! (DStv-kanaal 146) uitgesaai. Die video het in minder as 48 uur reeds meer as 7000 trefslae gespog.

Juan se nuwe album is nog steeds in die top 40 op nasionale verkope en is besig om weer teen die ranglyste op te beweeg. Met ʼn bykans volsbespreekte dagboek is Juan oortuig die album het nog nie naastenby sy volle potensiaal bereik nie.

Juan Boucher is in 2017 aangewys as die mees gewildste manlike kunstenaar (soos gekies deur die publiek) by die Ghoemas 2017.

image-.jpg
0

Camille:- Amerikaanse meisie sing in Afrikaans!

Camille van Niekerk is ‘n sanger en vokale instrukteur in Ventura, Kalifornië. Sy is lief vir die deel van die skoonheid en vreugde van musiek met ander, hetsy deur prestasie of onderrig.

Camille het op die ouderdom van sewe begin studeer en in musicals begin presteer. Sy het gedans, gerangskik en gespeel soos rolle in Belle in die Skoonheid en die Bees, Chiffon in Klein Winkel van Horror, en Gabriella in Hoërskoolmusiek. In 2010 het Camille begin werk aan haar BA in Musiekopvoeding aan die Azusa Pacific University, waar sy klassieke stem bestudeer het met Rebecca Genzink en jazzstem met Kristin Korb en John Proulx. Camille het op die top van haar klas met ‘n 3,98 GPA geslaag. Sy het toe haar onderrigkwalifikasie van die San Diego State University verdien en klas- en instrumentale musiek aan die klas geleer. Kort nadat sy na die LA-land verhuis het, het Camille haar privaat vokale ateljee begin, met vokale afrigting, ooropleiding en opname vir s

image-.jpg
0

Marcato se tweede album, “Vrede vir almal” is hier

Marcato se tweede album, Vrede vir almal… wat onlangs bekend gestel is, beloof om hulle aanhangers met ’n splinternuwe klank en introspektiewe lirieke sowel as ’n stewige dosis sosiale kommentaar te verras. ’n Uiteenlopende verskeidenheid van temas soos identiteit, vriendskap, verhoudings, geldgierigheid, misdaad, oorlog, droogte en besoedeling word op dié album aangespreek deur ’n alomteenwoordige derdepersoonsverteller wat op al tien die snitte aan die woord is. Dit volg na die sukses wat Marcato aanvanklik as ’n drieledige groep oor die afgelope tien jaar reeds met hul debuutalbum, When his whistle blows bereik het.

Die titelsnit, Vrede vir almal… beklemtoon dat mense ten spyte van al die lewe se uitdagings slegs vrede sal kan vind deur hoop uit die verlede vir die hede sowel as die toekoms te put.

Die eerste enkelsnit vanaf dié album, Silhoeëtte beskryf algehele verlatenheid waartydens mense met die foute van hul verlede gekonfront

image-.jpg
0

Dis tyd om so bietjie te skoffel saam met die Kitaarkêrels

Hennie De Bruyn het homself nou al bewys as ’n kitaarkêrel wat nie net ’n kitaar kan slaan nie, maar ook weet hoe om deur middel van kitaarmusiek, die voete vas aan die dansbaan te hou.

Ons Suid Afrikaners is lief vir skoffel en boeredansmusiek vloei soos bloed in ons are.

De Bruyn was al die jare ’n ambagsman, maar het reeds op die ouderdom van tien jaar die kitaar bemeester. “Ek het eintlik in 1964 by oom Jan Brits en Chris Oberholzer leer musiek maak. Ek het altyd hul plate gekoop en daarop my kitaarspel beoefen.”

Veertig jaar later het hy maats bygekry wat ook ’n kitaar kan slaan, en saam is die kitaarkêrels meer gewild as ooit. Met meer as 22 albums en 3 DVD’s op hul kerfstok, wéét hierdie manne hoe om manne aan die skoffel te kry. Vir meer as nege jaar is hulle al benoem vir toekennings van SATMA, SAMA tot Ghoema’s en spog ook met ’n paar goue plate!

Hul splinternuwe album, Kalahari Skoffeltyd is vol gepak met

image-.jpg
0

Dis uiteindelik hier:- ADAM se nuwe album en video laat ‘bewe’

Die gewilde sanggroep ADAM (Hugo Ludik, Reynardt Hugo en Kyle Grant) se splinternuwe album, Bewe, is vanaf vandag landwyd en ook op digitale platforms beskikbaar. ’n Ekstra bederfie vir bewonderaars is ook hul musiekvideo vir die eerste enkelnit, Sê My (Bewe), wat pas vrygestel is. En dis iets wat jy wil sien.

Dié prettige tong-in-die-kies-video, wat deur Gerhard van Rooyen van GVR Productions vervaardig is, pas perfek by hierdie opgewekte poptreffer wat geïnspireer is deur stigterslid, Hugo Ludik, se eie mislukte pogings om ’n oulike meisie by ’n kroeg raak te loop. Dit is by Presleys in Pretoria verfilm en wys skreeusnaakse tonele van drie ouens, wat by drie ‘dames’ aanlê… maar daar is ’n catch, want die drie dames word ook deur die drie sangers gespeel! En sjoe, lyk hulle nie te ‘oulik’ nie…

Volgens Reynardt Hugo was dit baie pret om die video te skiet, maar ook nogal ’n groot uitdaging omdat hulle elkeen twee karakters moe

image-.jpg
0

Top 20 vir die week: 26 Maart 2018

Bok van Blerk en Robbie Wessels se duet “Die Sluise van die Hemel is tans op nommer 6, Appel se liedjie “Boer loop deur my are”, tans op nommer 2, en Steve Hofmeyr se liedjie “Redgebed”, want tans op nommer 3 is, is steeds onder die Top-5 aflaaisarsies die week.

Loer gerus hieronder na die musiekvideo’s, net vir jou om te geniet.

Na slegs ‘n week in die nommer 1-posisie, maak Liezel Pieters plek vir Appel se nuwe treffer liedjie “Boer loop deur my are”

Kom ons spring weg en kyk na die stand van sake op ons Top 20 lys vir die week wat voorlê:-

1. Appel – “Boer loop deur my are”
2. Elandré – “Die lyn”
3. Steve Hofmeyr – “Redgebed”
4. Liezel Pieters – “Sing jou hart uit”
5. Kurt Darren – “Haal asem”
6. Bok van Blerk & Robbie Wessels – “Die sluise van die hemel”
7. Jo Black – “Die vrou wat ek liefhet”
8. Janie Bay ft Hunter Kennedy

image-.jpg
0

Die duo DZL se nuwe enkelsnit “Het Jy Al Gelewe”, is ‘avontuurlustig’

Die manne van DZL word daaraan geken dat hulle nie iets op die gewone, tradisionele manier doen nie. Dit blyk duidelik met die bekendstelling van hulle nuwe enkelsnit Het Jy Al Gelewe, wat vandag, 23 Maart 2018, op radiostasies regoor die land vrygestel word.

Die manne het ook ’n lekker verrassing vir hulle ondersteuners; die publiek kan ’n avontuur saam met Andries en Wiaan los slaan.

Lede van die publiek word uitgenooi om hulle stories te vertel waartydens hulle die lewe as’t ware by die horings gepak het. Die beste stories wen dan ’n avontuurlustige uitstappie met die twee manne.

“Ons hou mos daarvan om altyd iets mal aan te vang wat die bloed deur jou are laat bruis en daarom gee ons lede van die publiek die geleentheid om so ’n avontuur met ons mee te maak,” vertel Andries.

Het Jy Al Gelewe, die eerste enkelsnit vanaf DZL se nuwe album, Realiteit is ’n lekkerluister country-popdanstreffer wat gaan oor die vreugde van

image-.jpg
0

Die sanger Vernon Barnard deel sy siel in sy debuut-album

“Ek wil graag hê dat my musiek soveel as moontlik moet weerspieël van wie ek as mens is. Hoe meer geloof jy in die onderwerp het waaroor jy sing, hoe beter en meer eg is die vertolking daarvan.

Daarom het ek liedjies gekies waarmee ek myself kon vereenselwig en wat ’n opbouende boodskap vir die luisteraar kan bring,” verklap Vernon Barnard oor sy eerste album wat pas vrygestel is.

Deur Jou Oë is iets waarna Vernon-aanhangers al uitsien vanaf die oomblik toe Bobby van Jaarsveld sy stoel vir hom gedraai het gedurende die blindeoudisies van die realiteitsprogram, The Voice SA. Die album bied ’n treffende kombinasie van pop- en alternatiewe musiek, in die sanger se kenmerkende styl, wat by gehore van alle ouderdomme sal aanklank vind.

Tien van die veertien snitte op die album is oorspronklike Afrikaanse werke, waarvan twee, Onthou en Steunpilaar, uit die ster se eie pen kom. Daar is ook ’n Engelse liedjie, I Like It Tha

image-.jpg
0

Piet Botha se jongste uitreiking gaan ‘old school’ met Die Middernagtrein

Sewe jaar ná sy laaste offer in Afrikaans, stel Piet Botha Die Middernagtrein in Maart aan die wêreld bekend.

Hierdie album, sê Piet, “het weer terug na die old school gegaan”. Hy en die manne van sy band Jack Hammer is vars uit die ateljee waar hulle vir drie weke aan Die Middernagtrein by Wolmer Records gewerk het.

“Daar is goed in die lewe waarvoor mens nie kan weghardloop nie,” sê Piet. “Dis maar die noodlot, dís wat die middernagtrein is. Dis spookagtig, verbode, soos wanneer mens huis toe ry ná ’n gig in die middel van die nag. Die middernagtrein is maar ’n metafoor vir life on the road.”

Hierdie is Piet se sesde Afrikaanse album, uit ’n totaal van sestien vollengte albums.

Aanhangers van Piet en Jack Hammer wat iets rustiger verwag het, mag dalk verras wees. Lanie van der Walt, die album se regisseur van Wolmer Records en ’n ou lid van Jack Hammer, het saam met Jake Gunn en Johnathan Martin, weer op die sn

radio – top 20 2
0

Dis TOP 20 tyd op SAUK Radio – Week 18 September 2017

Hier is jou Top 20 vir hierdie week. Ons het ‘n nuwe Sanger wat sy toetrede maak tot die Top 20, en dit is niemand anderste as Emil Struwig met sy liedjie “Liefde wen altyd” Ongelukkig het ons slegte nuus vir die Karen Zoid aanhangers, sy skuif na die 2de plek toe die week om […]

[Video] Buitebioskoop 2017: Afrikaners is plesierig – en dan fliek hulle só

ʼn Warm lenteson het Saterdag skaars oor die Botaniese Tuin in Pretoria gesak of meer as 1 000 fliekvlooie het reeds hul piekniekkomberse oopgegooi om Afrikaanse musiek en flieks behóórlik in die buitelug te vier. Maroela Media en attooh! se derde buitebioskoop het die inryteater vanjaar weer in sy volle glorie laat herleef en was […]

[Video] Kaleidoskoop vertel oor versoening, vergifnis in ‘die goeie’

Kaleidoskoop: Jouba en Anique Jordaan (Foto: Facebook) Die Afrikaanse musiekgroep Kaleidoskoop se jongste liedjie, “Die goeie”, vertel van ʼn boodskap van “vergifnis, versoening en transformasie”. Die groep stel die musiekvideo vir dié liedjie Dinsdag eksklusief op Maroela Media bekend. “Een manier om jou gedagtes te vernuwe is om jou oë op die goeie dinge te […]