SA-nuus616 Videos

Forum Nuus: AfriForum verwelkom Malema se skuldigbevinding 01-10-2025
0
01:22

Forum Nuus: AfriForum verwelkom Malema se skuldigbevinding 01-10-2025

Julius Malema, leier van die EFF, is vandag in die Landdroshof in Oos-Londen skuldig bevind op vyf aanklagtes waaronder die afvuur van ’n vuurwapen in ’n beboude gebied sonder genoegsame rede. Dit volg nadat AfriForum in Augustus 2018 strafregtelike klagtes teen Malema aanhangig gemaak het ná ’n video die lig gesien het waarin hy, tydens […]
Forum Nuus: #VirWieMoetEkStem
0
02:34

Forum Nuus: #VirWieMoetEkStem

Is jy more op pad stemlokale toe, maar nog steeds onseker vir wie om te stem? Kyk gerus die volgende video en doen die volgende stembepaler om 'n ingeligte besluit te maak: https://solidariteit.co.za/stem-bepaler/ Die Solidariteit Beweging verteenwoordig egter ’n betekenisvolle meer as 500 000 mense en meen dit is van kritiese belang dat lede in die komende verkiesing gaan stem. “Deur te stem het jy ’n kans om jou stem hieroor te laat hoor.” - Flip Buys
Forum Nuus: AfriVriendelik-opleiding bemagtig entrepreneurs
0
04:11

Forum Nuus: AfriVriendelik-opleiding bemagtig entrepreneurs

AfriVriendelik het vandeesmaand opleiding vir entrepreneurs in die Vrystaat, Wes-Kaap en Gauteng aangebied. Tydens dié sessies word entrepreneurs ingelig oor die geheime van entrepreneurskap en verkope, bemarking en sosiale media met die fokus op ’n teikenmark en Facebook, asook kleinsake geldsake met fokus op belasting.
AfriForum belig inmenging in sport internasionaal
0
02:33

AfriForum belig inmenging in sport internasionaal

AfriForum het pas klagtes teen sportkwotas en politieke inmenging in sport by Wêreldrugby in Dublin, Ierland, en die Internasionale Netbalfederasie in Manchester, Brittanje, ingedien. Die afvaardiging onder leiding van Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, vergader ook met van die liggame se besture om die kwessie internasionaal te belig. ’n Verslag getiteld: Transformasie in SA Sport: Telbord nie in regering se guns, wys op die vergrype in Suid-Afrika waar sportlui op grond van kwotas en nie meriete nie in spanne ingesluit word.
Kenners beantwoord jou vrae oor die NGV
0
48:42

Kenners beantwoord jou vrae oor die NGV

Maroela Media het sy lesers gevra om hulle vrae oor die regering se Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) aan te stuur. Uit die vrae wat Maroela Media ontvang het, is dit duidelik dat daar talle bekommernisse oor dié plan is. Op die paneel: dr. Johann Serfontein, senior gesondheidskonsultant van HealthMan, verbonde aan die Vryemarkstigting, dr. Anthea Jeffery van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge, en Morné Malan van die Solidariteit Navorsingsinstituut, asook Flip Buys van die Solidariteit Beweging.
Boerevrou 2019
0
01:17

Boerevrou 2019

Die Boerevrou Gedenkboek 2019, ʼn publikasie wat die ontstaan van die eerste Afrikaanse vrouetydskrif honderd jaar gelede gedenk, is vroeër die maand by die Afrikaanse Protestantse Akademia (APA) naby Loftuspark in Pretoria bekendgestel. *Die APA het die video verskaf.
Onnies geskors ná bakleiery by KZN-skool
0
00:15

Betogers maak amok; N4 gesluit

Die N4-snelweg buite Emalahleni (Witbank) is Vrydag, 18 Augustus 2017 gesluit nadat woedende betogers die pad met ʼn groot hoeveelheid steenkool en klippe versper het.
Forum Nuus: AfriForum verduidelik sy planne vir gemeenskappe om dienslewering te versnel
0
02:22

Forum Nuus: AfriForum verduidelik sy planne vir gemeenskappe om dienslewering te versnel

AfriForum se ankerdorpstrategie is daarop gemik om gemeenskappe sterkter te maak gegewe die vinnige agteruitgang en verval in die land en munisipaliteite se onvermoë om dienste te lewer. Die strategie fokus onder meer op die voorsiening van munisipale dienste van gehalte deur ’n selfbestuurmodel. Dienste word gelewer om byvoorbeeld water- en rioolnetwerke weer funksioneel te […]
Forum Nuus: Inspirerende Barolong Boo Seleka-leier vereer met nuwe grafsteen 11-07-2024
0
03:07

Forum Nuus: Inspirerende Barolong Boo Seleka-leier vereer met nuwe grafsteen 11-07-2024

Kgosi Tshipinare Moroka, die laaste leier van Thaba’Nchu as ’n onafhanklike staat, is met ’n nuwe grafsteen vereer in ’n gesamentlike erfenisprojek van die Barolong Boo Seleka-koninkryk en AfriForum. Kgosi Moroka is 140 jaar gelede vermoor. Hy was geken as ’n inspirerende leier wat noue bande met die Voortrekkers en die Vrystaatse Republiek gevorm het.
Forum Nuus: AfriForum en Indonsa Yesizwe gedenk koning Dinuzulu kaCetshwayo se dood 19-10-2023
0
03:59

Forum Nuus: AfriForum en Indonsa Yesizwe gedenk koning Dinuzulu kaCetshwayo se dood 19-10-2023

AfriForum en die Zoeloe-koninkryk se ideesentrum Indonsa Yesizwe het gister (18 Oktober) die nalatenskap van koning Dinuzulu kaCetshwayo gedenk deur ’n begraafplaas op ’n plaas buite Middelburg, waar ’n aantal van sy direkte familielede begrawe is, saam skoon te maak. Koning Dinuzulu is op 18 Oktober 1913, gister presies 110 jaar gelede, op dié plaas […]
Forum Nuus: AfriForum verwyder vullis ná staking Tshwane Metro lamlê
0
03:29

Forum Nuus: Boekeplek weer oop en stel Jan van Tonder boek bekend 05-05-2023

Jan van Tonder se nuutste boek Sagie se Storie is gister vir die heropening van die Boekeplek en Kuierstoep bekendgestel. Van Tonder, die skrywer van Die kind en Roepman, het met die derde boek in die Sagie-reeks oor ’n periode van omtrent 40 jaar nou uiteindelik Sagie se storie klaar vertel. Soos met die ander […]
Forum Nuus: Reuseoptog teen plaasmoorde gehou 25-10-2022
0
03:32

Forum Nuus: Reuseoptog teen plaasmoorde gehou 25-10-2022

Honderde boere en ondersteuners teen plaasmoorde en –aanvalle het met plaasbakkies, trekkers, stropers en ander plaasimplemente aan ’n massa-optog in Roedtan deelgeneem waar die vermeende aanvallers van Nicky Janse van Rensburg in die hof verskyn het. Die boere se boodskap was duidelik: Genoeg is genoeg.
Forum Nuus: Slagoffer kry hulp by AfriForum se privaatvervolgingseenheid ná onbehoorlike inmenging
0
01:50

Forum Nuus: Slagoffer kry hulp by AfriForum se privaatvervolgingseenheid ná onbehoorlike inmenging

AfriForum se privaatvervolgingseenheid gaan Zander Oosthuizen bystaan in die aanrandingsaak teen Oupa Chembe. Hy het na bewering verlede jaar by die Key West-winkelsentrum ’n duik in Oosthuizen se kar geskop en hom daarna aangerand. Oosthuizen en twee van sy vriende was nog in skoolklere toe die insident plaasgevind het. Kommer oor onbehoorlike inmenging het daartoe […]
Forum Nuus: AfriForum-vrywilligers gee naweke prys om dorpe op te knap
0
03:49

Forum Nuus: AfriForum-vrywilligers gee naweke prys om dorpe op te knap

AfriForum se vrywilligers is die hart en siel van dié burgerregte-organisasie en gee dikwels hul naweke prys om ’n verskil in hul gemeenskappe te maak. Takke in die Mooirivier-streek het die afgelope naweek gewoeker en slaggate gevul, gras gesny, padtekens geverf en kragbokse beveilig.
Forum Nuus: Spanne slaggereed vir Dink of Sink se finaal
0
04:25

Forum Nuus: Spanne slaggereed vir Dink of Sink se finaal

Die ses senior spanne wat na die eindstryd van vanjaar se Dink of Sink-onvoorbereidedebatskompetisie deurgedring het, is reeds besig om gereed te maak vir die nasionale finaal wat op 19 September in Pretoria plaasvind. Die tegnieke vir voorbereiding verskil, maar elke span het één doel voor oë – om die ander uit te stof!
0
05:08

Swart polisie verkrag blanke man in die openbaar “omdat hy wit is” volgens slagoffer.

Swart polisie verkrag blanke man in die openbaar “omdat hy wit is” volgens slagoffer. Two black cops rape white guy in public, “because he was white”, according to victim. Shocking footage of alleged police brutality in Fourways emerges (WARNING: Graphic images) DOUGLASDALE – A video has emerged which depicts alleged police brutality by members of […]
Forum Nuus: Dinamiese susters wen AfriVriendelik-entrepreneurskompetisie
0
02:21

Forum Nuus: Dinamiese susters wen AfriVriendelik-entrepreneurskompetisie

Christine Buchanan en Louiza Rademan, die mede-eienaars van Oh-Lief, ’n reeks natuurlike en organiese lyf-en babasorg-produkte, is onlangs aangewys as die wenners van AfriVriendelik se jaarlikse entrepreneurskompetisie. In dié video deel hulle die inspirerende wyse waarop hulle reeks ontstaan het, asook hoe waardevol ’n platform soos AfriVriendelik vir entrepreneurs is.
Forum Nuus: Meer as 200 bale voer vir boere in die Vrystaat geskenk – Droogte Hulp
0
02:20

Forum Nuus: Meer as 200 bale voer vir boere in die Vrystaat geskenk – Droogte Hulp

Volgens Henk Maree, nasionale veldtogkoördineerder van AfriForum, is droogtehulp vanjaar steeds belangrik omdat talle boere nog die gevolge van die afgelope paar jaar se droogte ervaar, ondanks die welkome reëns die afgelope maande. Die publiek kan betrokke raak by die veldtog deur hul naam na 38312 te SMS om R10 tot AfriForum se droogtefonds by te dra.