Musiek414 Videos

image-.jpg
0

Paarl Rugby Klub ADAM & die Wildberries

Kom geniet die aand saam met ADAM en die Wildberries.

Datum:- 15 Junie 2018

Tyd:- 19:00 tot 22:55

Toegang:- R120


Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Paarl?? kliek hier !!


Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SKY.co.za nou!


Adres:- Paarl Rugby Club Pub & Grub, Market Street, Paarl, Western Cape

GPS Koordinate:- -33.671033, 18.904717

Kontak:- 021 870 1685


SA-Radio.com
Om jou gebeurtenis, konsert of konsert te lys,
kontak SA-

image-.jpg
0

Nuwe enkelsnit vrygestel deur Dawie de Jager

Dawie de Jager is beslis nie ’n onbekende gesig in die musiekbedryf nie. Hy het nie net die ‘oor’ van Bobby van Jaarsveld en The Voice SA-aanhangers gedurende die tweede seisoen van dié realiteitsprogram gevang nie, maar is ook die kreatiewe komponis agter die klankbane van verskeie lokettreffers, waaronder Roepman, Sy Klink Soos Lente, Jonathan, Verraaiers en is tans ook besig met Stroomop.

Nou is hy weer in die kollig met sy splinternuwe enkelsnit, Beyond Infinity, wat pas bekendgestel is en beloof om luisteraars weer van vooraf te beïndruk en sy loopbaan ’n verdere hupstoot te gee.

Die musikant, met sy kenmerkende hoedjie, se diep storievertellerstem is die perfekte pasmaat vir hierdie hoendervleismooi kontemporêre snit uit sy eie pen. Beyond Infinity is belaai met emosie en laat jou onmiddellik besef hoeveel liefde Dawie het vir dit wat hy doen. Die snit se meesleurende wysie is nie net sag op die oor nie, maar is ook iets wat lank in jo

image-.jpg
0

Classics 2018 is amper hier, so kom maak jou drome waar

’n Reusebederf kan dalk op jou wag as jy nou, voor 25 Mei, jou kaartjies vir Classics bespreek.

Kunstenaars soos Patrizio Buanne, Amira Willighagen, Jannie Moolman, Corlea Botha, Monique Steyn, Kevin Leo, Touch of Class, Joseph Clark en Stèfan Bezuidenhout gaan optree.

Datum:- 9 Junie 2018

Tyd:- 12:00 / 18:30

Toegang:- R250 – R550


Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly in Menlyn, Pretoria?? kliek hier !!

Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SA Radio
0

Report: Apple Music U.S. Subscriptions To Outpace Spotify.

Apple Music is gaining ground on Spotify in the battle for U.S. subscribers. The Wall Street Journal is reporting that Apple Music's growth rate for U.S. subscribers has risen to five percent monthly compared to Spotify's two percent monthly growth. If the pace continues, Apple will outpace Spotify by this summer. Last month Spotify said it has 70 million subscribers to its premium music streaming service. Apple told the Wall Street Journal it now has 36 million subscribers – up from the 30 million it reported in September. Neither company specifies how many subscribers are from the U.S., but the Journal cites record industry insiders as to the stateside subscription growth increases for both companies.
image-.jpg
0

Joe Foster gesels meer oor sy nuwe album

Drie jaar nadat die sanger en liedjieskrywer, Joe Foster, sy Ghoema-bekroonde album Hartklank vrygestel het, doen hy dit weer.

Hy vat as’t ware die ‘volgende stap’ met hierdie nuwe album. Alhoewel hy gedurende die twee albums reeds talle liedjies en projekte aangepak het, het hy gevoel dat die tyd nou reg is vir ’n volgende album.

Twee van die dertien liedjies op die album is reeds vrygestel en goed ontvang deur die publiek. Vrede Maak en Look Away, Joe se eerste Engelse snit, het sedert die uitreiking daarvan gereeld op treffersparades gekuier. Hierdie twee snitte is ’n lusmaker van wat aanhangers van die nuwe album kan verwag, wat vroeg in Augustus vrygestel word.

Aanhangers kan ook solank gereed maak vir Joe se volgende enke

radio – top 20 2
0

Jou Top 20 vir die week 21 November 2017

Hier is jou Top 20 vir hierdie week, met ‘n paar verassings, daar is sommer ‘n paar liedjies wat groot spronge gemaak het, en daar is 3 nuwe kunstenaars tot die Top 20. Leah en Jo Black behou vir die derde keer in ‘n ry die top posisie met hulle liedjie “Nooit Alleen”. Die 3 […]
image-.jpg
0

Hy is gewis nie klaar met die liefde nie, vertel die Afrikaanse sanger Juan Boucher ferm tydens ʼn onderhoud met Maroela Media. Maar dié keer, met die vervaardiging van sy sesde ateljeealbum, het hy besluit om ʼn heel ander rigting in te slaan: dié van drome, die goeie en die kwade en die lewe soos dit met hom en ander rondom hom gebeur.

Die sanger se jongste album, Onthou jy om jonk’, is onlangs uitgereik.

Boucher sê die titel van dié album is juis geskep om aanhangers te laat nadink. “As kunstenaar probeer ek altyd iets skep wat mense uitdaag en laat dink. Dié titel het my soos ʼn weerligstraal getref. Daar was nog nie iets wat die gevoel en betekenis van ‘onthou jy om jonk’ omskryf het nie. Die titel wil hê jy moet alles onthou óm jonk: die liefdes, die lewe, jou keuses.”

image-.jpg
0

‘N eerste snit tref ‘elke noot’ vir Emil Paul

Die nuweling, Emil Paul, se eerste enkelsnit wat Elke Noot, heet is onlangs vrygestel. Die genre van die snit kan beskryf word as ’n mengsel van pop en folk en is ’n nuwe, vars styl van Afrikaanse musiek.

Emil hoop dat mense sommer van die eerste noot sal wil dans. Hy hoop ook dat hulle die dieper betekenis sal hoor in sy lirieke en dat dit iets vir iemand sal beteken. Hopelik put hul sommer inspirasie uit die lirieke wat geskryf is deur Emil self.

Nie net skryf Emil graag sy eie liedjies nie, maar hy lewer ook insae in die vervaardiging daarvan. Hy is ook ’n kranige musikant in eie reg en bespeel ’n groot verskeidenheid instrumente o.a. klavier, ukulele, verskeie blokfluite, piccolo, trompet en kitaar.

Emil hoop dat die publiek sy enkelsnit gunstig sal ontvang. “Dit het ’n lekker klank en maak mens sommer lus om te sokkie, maar dit vertel terselfdertyd ’n storie waarmee mense heel moontlik kan identifiseer,” sê hy.

Volge

image-.jpg
0

Ghoema Nuus:- ‘n gekroonde groep se nuwe musiekvideo laat die voete jeuk

“Vlugvoetig se musiekvideo is een groot Kaleidoskopiese partytjie van kleur, ritme en genotvolle danspassies – in ’n egte Swing-dansstyl uit die vyftigs! Die liefdesverhaal wat afspeel, is een van hoop vir die sogenaamde bleeksiele wat duidelik met hulle unieke danspassies óók ’n meisie se hart kan verower!

As jy nie luskry om te dans saam met hierdie jolige spulletjie nie, moet jy dalk die volumeknoppie net nóg ’n bietjie opdraai,” sê Kaleidoskoop se Anique Jordaan oor die video van hulle nuutste enkelsnit wat pas op kykNET Top 20 bekendgestel is en almal aan die praat het.

Dit is die duo, wat bestaan uit Jouba en Anique Jordaan, se derde enkelsnitvrystelling vanaf hulle album, Gunsteling Seisoen, wat in 2018 ’n Ghoema-toekenning gewen het vir Beste Album deur ’n Groep/Duo.

Hierdie opgewekte liedjie, met ’n voetjeuklekker Folk-Swing-styl, gaan oor ’n meisie wat onwillekeurig in ’n man se kop kom ronddans, is deur Joub

image-.jpg
0

Dis tyd om so bietjie te skoffel saam met die Kitaarkêrels

Hennie De Bruyn het homself nou al bewys as ’n kitaarkêrel wat nie net ’n kitaar kan slaan nie, maar ook weet hoe om deur middel van kitaarmusiek, die voete vas aan die dansbaan te hou.

Ons Suid Afrikaners is lief vir skoffel en boeredansmusiek vloei soos bloed in ons are.

De Bruyn was al die jare ’n ambagsman, maar het reeds op die ouderdom van tien jaar die kitaar bemeester. “Ek het eintlik in 1964 by oom Jan Brits en Chris Oberholzer leer musiek maak. Ek het altyd hul plate gekoop en daarop my kitaarspel beoefen.”

Veertig jaar later het hy maats bygekry wat ook ’n kitaar kan slaan, en saam is die kitaarkêrels meer gewild as ooit. Met meer as 22 albums en 3 DVD’s op hul kerfstok, wéét hierdie manne hoe om manne aan die skoffel te kry. Vir meer as nege jaar is hulle al benoem vir toekennings van SATMA, SAMA tot Ghoema’s en spog ook met ’n paar goue plate!

Hul splinternuwe album, Kalahari Skoffeltyd is vol gepak met

image-.jpg
0

Juanita Du Plessis tree op te Mosselbaai

Juanita Du Plessis sal op 25 Mei eksklusief in die Mosselbaai Stadsaal optree met haar splinternuwe vertoning.

Datum:- 25 Mei 2018

Tyd:- 19:30

Toegang:- VIP toegang: R150.00 sluit sitplekke in die eerste 8 rye, Algemene toegang: R100.00, Kinders onder 2: Gratis


Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly in Mosselbaai?? kliek hier !!


Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SKY.co.za nou!


Adres:- Mosselbaai Stadsaal, 101 Marsh Street, Mosselbaai

GPS Koordinate:- -34.181981,22.138718

Jy kan jou kaartjies kry by SA Radio

image-.jpg
0

Die Flooze van Witbank het ‘n nuwe musiekvideo – ‘bliengmasjien’

Die Flooze van Witbank is terug met ’n masjien vol blieng.

“En wat kry jy as jy ’n spul spanners meng met silwer sequence?” vra Flooze wanneer sy oor haar splinternuwe album, Die Bliengmasjien, begin gesels.

Blieng-bada-blieng… Bada-blieng-blieng-blieng, al wat jy sien, is Die Blingmasjien. “Ek scheme tien uit tien, maar laat ek jou vertel: Tinkerbell word Blinkerbell…” voeg sy knipoog by.

Sy is Flooze, die goose wat die Tennis Tune kan doen op die ritme van Boris Becker se topspin-tennisballe. Sy is die rowwe blond wat jou happy chappy groet met ’n opgetofde Hoezit my Tjomma-mix. Sy is die meisie wat danse het, wat lyk soos iets uit ’n Kung-Fu Panda-fliek.

En nou bring sy Die Bliengmasjien wat haar nuwe treffers gaan laat sparkle-sparkle soos ’n diamant reg uit Kimberley se gat.

Haar spiksplinternuwe skitteralbum, Die Bliengmasjien, is hier met klanke wat in jou ore gaan herhaal en jou luidsprekers kliphard laat gons. Sy mee

0

Jo Black maak rolprentdebuut in ‘Susters’

Dalk het hy al vir ’n geruime tydjie soos ’n akteur begin voel as mens in ag neem die musiekvideo van sy treffer, Skepe, is reeds meer as 2 miljoen keer op YouTube gekyk. Maar nou het Jo Black en sy baard die grootskerm betree met die aankondiging dat hy sy opwagting gaan maak in die rolprent Susters. Jo sluit aan by ’n sterk rolverdeling wat Leah, Quanita Adams en Diaan Lawrenson in die hoofrolle insluit. Dié verhaal gaan oor drie aangenome susters wat van mekaar vervreemd geraak het en hoe hulle op ’n ontdekkingsreis gaan met die afsterwe van hul moeder. Dis ’n reis gevul met tere herinneringe, interessante karakters, ongelooflike mooi plekke en dit wat die skoner geslag baie goed mee is – hoe om sakke vol pret te hê.

[Video] ‘Kaleidoskoop’ vier die lente

Kaleidoskoop [promosie-artikel] ʼn Kaleidoskoop is ʼn outydse speelding wat mooi patrone en kleure maak sodra jy dit op ʼn ligbron rig en daardeur kyk. Dit is ook die naam van een van ons land se talentvolste groepe. “Ons vind inspirasie deur ons oë op Jesus – óns ligbron – te rig. Só hoop ons om […]
musiek – top 20 4
0

SAUK Radio se Top 20 vir hierdie week !!

Die lysie van die Top 20 op SAUK Radio het nie veel verander nie, maar daar word gekompeteer vir die no 1 gleuf. Die dames ‘kraai nog koning’ op die ranglys. Refentse skiuf op na nommer 6 met hulle liedjie “Vuil Vanderbijl”. Kom ons ondersteun ons kunstenaars, en hou aan met stem, wie weet watter […]
image-.jpg
0

Van Polisieman tot Sanger:- Desmond Wells

Twaalf jaar terug het my kollegas vir my gesê: “Wat? Gaan jy die polisie los! Wat van jou medies en jou pensioen?”

Só skryf ’n dankbare Desmond Wells op sy Facebook-blad, wie se paadjie vol kronkels was vóór hy die vrugte van geluk kon pluk. Desmond het gewerk op die Cape Flats, soos hulle dit in die volksmond noem, as polisiebeampte, en in daardie tyd was daar baie noue ontkomeings en skietgevalle. Desmond was so passievol oor sy werk dat hy in 2000 genomineer is as polisiebeampte van die jaar.

In 2004 het hy deel gevorm van die Wes-Kaap polisie se provinsiale atletiekspan en het selfs ’n bronsmedalje ontvang.

“Dit was maar baie negatiewe omstandighede waaronder ek gewerk het en vir jare daarna sou ek nog steeds nagmerries en terugflitse kry oor die lelike goed wat ek vir soveel jare elke dag moes sien,” sê Desmond.

In 2005 besluit Desmond om sy loopbaan as polisiebeampte in die SAPD prys te gee om voltyds te sing. In dié jaar ontvang h

image-.jpg
0

Daar is ‘n nuwe snit uit van Cordelia en dit is ‘n ‘kragtige boodskap’

Cordelia se splinternuwe enkelsnit, Wees Lief is een waar sy die siel agter haar sang in pragtige eenvoud blootlê – ’n diepgaande boodskap in ’n aangrypende mooi musikale pakkie versier!

Die hart van hierdie snit is iets wat al ’n geruime tyd binne Cordelia klop: “Ek wil nog altyd meer as net sing en optree. Ek wil ’n verskil maak”, sê sy. “Die tipe verskil wat mense inspireer om hoop en liefde in alle omstandighede te kies en te lééf.”

Die snit groei van aanvanklik akoestiese snaarklanke en stem, tot die byvoeging van ’n sterk bas- en simfonielyn, tot vol harmonieë en orkes met trom en selfs techno-elemente.

Nes die musiekvideo ten toon stel, werp dit ’n blik op die verskillende nuanses van liefde – van vriendskap, gesins- en familie liefde tot die onbreekbare band van jarelange, Godgegewe liefde tussen man en vrou.

Dit sing van ’n liefde wat verstaan, bly staan, saam staan deur alles, ander opbeur en red u

musiek – top 20 logo
0

SAUK Radio Top 20 Afrikaanse Treffers

Willem Botha se nuwe enkelsnit, “Soen en vergeet”, maak vandeesweek sy toetrede tot die Top-20. Dié snit is ook op sy langverwagte album wat later vanjaar uitgereik gaan word – sy eerste album in bykans vyf jaar. Jo Black behou die gesogte no. 1-posisie met sy liedjie “Bring die hoop weer terug”. 1. Jo Black […]
image-.jpg
0

Amanda Strydom in Konsert te Sasolburg

Amanda Strydom is volksbesit. Sy vier vanjaar 39 jaar in die vermaaklikheidsbedryf. In hierdie konsert sing sy liedjies uit haar groot repertoire van haar albums en ook ballades in Frans , Engels en Nederlands.

Oudergewoonte weef sy stories en poesie tussendeur die musiek en dek die hele spektrum van die skreeusnaakse tot roerende patos.

Datum:- 22 April 2018

Tyd:- 14h30

Toegang:- R150.00


Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly in Sasolburg?? SA Radio

saukradiologo
0

Musiek van die 70’s en 80’s elke Donderdag op SAUK RADIO met Gottie Myburgh

Skakels om na SAUK Radio te luister. Luister met:  Android: http://radio.sauk.mobi:7068/;stream.mp3  BlackBerry: http://radio.sauk.mobi:7068/;stream.mp3  iPhone: http://radio.sauk.mobi:2199/tunein/saukradio.pls Rekenaar vanaf ons tuisblad: www.t.v.co.za Skakel elke Saterdagmiddag in op SAUK Radio en luister na sport tellings soos dit gebeur en na heerlike musiek elke dag heeldag! Gesels saam in die Klets kamer op ons tuisblad: https://sauktv.com/ waar die radio […]

‘Afrikaans is groot’ deel opwindende nuus

Foto: Afrikaans is Groot/Facebook Aanhangers van die gewilde Afrikaans is groot-konserte kan uitsien na twee ekstra aanbiedings van dié gewilde jaarlikse produksie. Organiseerders van dié konsert het vandeesweek bevestig dat twee aanbiedings bygevoeg word weens die “oorweldigende aanvraag” na kaartjies. Dié ekstra aanbiedings word op 30 November (Donderdag) om 19:30 en 3 Desember (Sondag) om […]
image-.jpg
0

Bouwer Bosch is baie bekend, maar hier is ‘n kort Bio van hom

Bouwer Bosch (gebore in Pretoria in 1984) is ‘n Suid-Afrikaanse sanger-liedjieskrywer, musikant, akteur en entrepreneur. Hy stel sy eerste album Almal maak Voute in 2011 vry, en word vereer met ‘n Ghoema-trofee vir beste nuweling vir dié album in 2012. Sy album Hopelik is in 2016 vrygestel.

Bosch voltooi sy skoolloopbaan in Potchefstroom en verwerf ‘n BA-graad in Kommunikasiekunde aan die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom in 2009. Hy is ook deel van die musiekgroep Straatligkinders wat in 2006 gestig is. In 2013 maak hy sy debuut as akteur in die film Klein Karoo. Hy was ook te sien in kykNET se Donkerland en Ligte Kamera Liefde.

Sy maatsappy, Bouwer Bosch Films, vervaardig musiekvideo’s en hy is ook ambassadeur vir sy eie liefdadigheidsorganisasie, Liefde Wen.