Bestel blomme aanlynOrder flowers online

Musiek414 Videos

image-.jpg
0

Classics 2018 is amper hier, so kom maak jou drome waar

’n Reusebederf kan dalk op jou wag as jy nou, voor 25 Mei, jou kaartjies vir Classics bespreek.

Kunstenaars soos Patrizio Buanne, Amira Willighagen, Jannie Moolman, Corlea Botha, Monique Steyn, Kevin Leo, Touch of Class, Joseph Clark en Stèfan Bezuidenhout gaan optree.

Datum:- 9 Junie 2018

Tyd:- 12:00 / 18:30

Toegang:- R250 – R550


Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly in Menlyn, Pretoria?? kliek hier !!

Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SA Radio
image-.jpg
0

Sharoney stel nuwe musiekvideo vry ‘Crush’

Sharoney, se nuwe enkelsnit, Crush, kan gereeld op radiostasies landwyd gehoor word en die musiekvideo vir hierdie liedjie is ook onlangs bekendgestel!

“Crush is ’n tipiese hoërskoolmeisieliedjie. Elke meisie was al verlief, veral op skool. Soms bly hierdie spesifieke outjie jou ‘crush’ vir nog lank na matriek. Dit gee jou skoon vlinders in die maag as jy aan hom dink. Jy bloos as hy met jou praat en soms kan jy nie help om net te glimlag as jy sy naam sien nie,” vertel die sangeres oor hierdie snit uit die pen van Hugo Ludik en Kyle Grant.

“Die liedjie het my onmiddellik getrek omdat ek self al ’n ‘crush’ gehad het op iemand toe ek jonger was. Dit beskryf so mooi hoe ek op daardie spesifieke tyd gevoel het, maar toe het ek nie die regte woord geh

0

Gerhard Steyn en Nádine se nuwe treffer: Ons2

Ses jaar terug het Gerhard Steyn en Nádine kragte saamgesnoer vir die wegholtreffer, Rooi Roos. Nou is dié duet paar terug met hul nuwe duet, Ons2 vanaf Gerhard Steyn se nuwe album “Hartvanger”. Luister en kyk na die musiek video:

[Video] ‘Kaleidoskoop’ vier die lente

Kaleidoskoop [promosie-artikel] ʼn Kaleidoskoop is ʼn outydse speelding wat mooi patrone en kleure maak sodra jy dit op ʼn ligbron rig en daardeur kyk. Dit is ook die naam van een van ons land se talentvolste groepe. “Ons vind inspirasie deur ons oë op Jesus – óns ligbron – te rig. Só hoop ons om […]
0

Jo Black maak rolprentdebuut in ‘Susters’

Dalk het hy al vir ’n geruime tydjie soos ’n akteur begin voel as mens in ag neem die musiekvideo van sy treffer, Skepe, is reeds meer as 2 miljoen keer op YouTube gekyk. Maar nou het Jo Black en sy baard die grootskerm betree met die aankondiging dat hy sy opwagting gaan maak in die rolprent Susters. Jo sluit aan by ’n sterk rolverdeling wat Leah, Quanita Adams en Diaan Lawrenson in die hoofrolle insluit. Dié verhaal gaan oor drie aangenome susters wat van mekaar vervreemd geraak het en hoe hulle op ’n ontdekkingsreis gaan met die afsterwe van hul moeder. Dis ’n reis gevul met tere herinneringe, interessante karakters, ongelooflike mooi plekke en dit wat die skoner geslag baie goed mee is – hoe om sakke vol pret te hê.
image-.jpg
0

Amanda Strydom in Konsert te Sasolburg

Amanda Strydom is volksbesit. Sy vier vanjaar 39 jaar in die vermaaklikheidsbedryf. In hierdie konsert sing sy liedjies uit haar groot repertoire van haar albums en ook ballades in Frans , Engels en Nederlands.

Oudergewoonte weef sy stories en poesie tussendeur die musiek en dek die hele spektrum van die skreeusnaakse tot roerende patos.

Datum:- 22 April 2018

Tyd:- 14h30

Toegang:- R150.00


Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly in Sasolburg?? SA Radio

image-.jpg
0

Angel verskuif country pop grense

Angel de Lange se nuwe album, Vat my terug, haar eerste onder die Select-vaandel, is oorgehaal om een van die grootste country-rock bederwe van 2018 te wees!

Hierdie fenomenale talent van die Ooste van Johannesburg se lae register-stem herinner aan die van die legendariese Bonnie Tyler, en met dié album – waar liedjieskrywers soos Rudi Claase, Dennis East en Manie Jackson hul penne by Angel se eie gevoeg het – kom dit beslis tot sy volle reg.

Die album beslaan twaalf snitte wat ’n hele rits nuutskeppings met ’n goeie paar wêreldbekende gunstelinge afwissel in ’n samestelling wat diegene wat daarna luister sal boei van begin tot einde. Dis primêr ’n country geur, met vuurwarm rock-elemente bygevoeg – ’n album waarna jy seker net lekker kan luister ook, maar een wat ook nie skroom om jou gereëld dansvloer toe te sleep vir ’n goeie skoffel of two-step nie.

Oorspronklike snitte sluit Juwele, Ek huil oor jou, Poppedans, die ampe

image-.jpg
0

Afrikaans gaan Klein Musiek Konsert – Pretoria

Afrikaans gaan KLEIN musiekfees is die eerste van sy soort in Gauteng.

Datum:- 28 Julie 2018

Tyd:- 1ste vertooning:- 09:00, 2de vertooning:- 11:30

Toegang:- R110, Kinders onder 1 Gratis


Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Zwavelpoort, Pretoria?? SA Radio
image-.jpg
0

Hy is gewis nie klaar met die liefde nie, vertel die Afrikaanse sanger Juan Boucher ferm tydens ʼn onderhoud met Maroela Media. Maar dié keer, met die vervaardiging van sy sesde ateljeealbum, het hy besluit om ʼn heel ander rigting in te slaan: dié van drome, die goeie en die kwade en die lewe soos dit met hom en ander rondom hom gebeur.

Die sanger se jongste album, Onthou jy om jonk’, is onlangs uitgereik.

Boucher sê die titel van dié album is juis geskep om aanhangers te laat nadink. “As kunstenaar probeer ek altyd iets skep wat mense uitdaag en laat dink. Dié titel het my soos ʼn weerligstraal getref. Daar was nog nie iets wat die gevoel en betekenis van ‘onthou jy om jonk’ omskryf het nie. Die titel wil hê jy moet alles onthou óm jonk: die liefdes, die lewe, jou keuses.”

image-.jpg
0

Bouwer Bosch is baie bekend, maar hier is ‘n kort Bio van hom

Bouwer Bosch (gebore in Pretoria in 1984) is ‘n Suid-Afrikaanse sanger-liedjieskrywer, musikant, akteur en entrepreneur. Hy stel sy eerste album Almal maak Voute in 2011 vry, en word vereer met ‘n Ghoema-trofee vir beste nuweling vir dié album in 2012. Sy album Hopelik is in 2016 vrygestel.

Bosch voltooi sy skoolloopbaan in Potchefstroom en verwerf ‘n BA-graad in Kommunikasiekunde aan die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom in 2009. Hy is ook deel van die musiekgroep Straatligkinders wat in 2006 gestig is. In 2013 maak hy sy debuut as akteur in die film Klein Karoo. Hy was ook te sien in kykNET se Donkerland en Ligte Kamera Liefde.

Sy maatsappy, Bouwer Bosch Films, vervaardig musiekvideo’s en hy is ook ambassadeur vir sy eie liefdadigheidsorganisasie, Liefde Wen.

image-.jpg
0

Coenie de Villiers en Mauritz Lotz te sienne in Sandbaai

Kom luister na Coenie de Villiers en Mauritz Lotz vir die nuutste versameling van Coenie se musiek. Die liedere is stil en suiwer en hy word vergesel met Mauritz Lotz wat sy eie towerkrag daar byvoeg.

Datum:- 8 Augustus 2018

Tyd:- 19:30

Prys:- R150.00, Vriende Van Die Kalfiefees: R142.50


Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Sandbaai, Hermanus ?? kliek hier !!


Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SKY.co.za nou!



Adres

image-.jpg
0

Dis tyd om so bietjie te skoffel saam met die Kitaarkêrels

Hennie De Bruyn het homself nou al bewys as ’n kitaarkêrel wat nie net ’n kitaar kan slaan nie, maar ook weet hoe om deur middel van kitaarmusiek, die voete vas aan die dansbaan te hou.

Ons Suid Afrikaners is lief vir skoffel en boeredansmusiek vloei soos bloed in ons are.

De Bruyn was al die jare ’n ambagsman, maar het reeds op die ouderdom van tien jaar die kitaar bemeester. “Ek het eintlik in 1964 by oom Jan Brits en Chris Oberholzer leer musiek maak. Ek het altyd hul plate gekoop en daarop my kitaarspel beoefen.”

Veertig jaar later het hy maats bygekry wat ook ’n kitaar kan slaan, en saam is die kitaarkêrels meer gewild as ooit. Met meer as 22 albums en 3 DVD’s op hul kerfstok, wéét hierdie manne hoe om manne aan die skoffel te kry. Vir meer as nege jaar is hulle al benoem vir toekennings van SATMA, SAMA tot Ghoema’s en spog ook met ’n paar goue plate!

Hul splinternuwe album, Kalahari Skoffeltyd is vol gepak met

image-.jpg
0

Sangeres Elizma Theron straal helderder as óóit

Vandag se vroue is te gereeld so totaal oorweldig deur dinge om te doen en ander om tevrede te stel, dat hulle te min tyd neem om na hulself om te sien en hulle werklike waarde en potensiaal besef.

Die polsende nuwe enkelsnit van Elizma Theron, Marilyn Monroe, is oorgehaal om vroue van oraloor tot stilstand te bring, deeglik in die spieël te laat kyk, die vonk binne hulself te laat herontdek en met hernude lewenslus die wêreld op sy kop te draai!

Dis ’n energiebelaaide, pop-rock snit met lewenslustige lirieke, seepgladde harmonieë, sterk elektriese kitaar tema en aansteeklike ritmes wat jou, hakskoene en al, op maat van die musiek sal laat laat saamdans – propvol selfvertroue en reg om die dorp behoorlik rooi te verf!

Oor die snit sê Elizma: “Marilyn Monroe ’n liedjie is vir elke vrou, ongeag van hoe jy lyk, wat jou agtergrond is, hoe oud of jonk jy is, of die grootte van jou klere.”

“Marilyn Monroe was die toonbeeld van s

image-.jpg
0

‘N eerste snit tref ‘elke noot’ vir Emil Paul

Die nuweling, Emil Paul, se eerste enkelsnit wat Elke Noot, heet is onlangs vrygestel. Die genre van die snit kan beskryf word as ’n mengsel van pop en folk en is ’n nuwe, vars styl van Afrikaanse musiek.

Emil hoop dat mense sommer van die eerste noot sal wil dans. Hy hoop ook dat hulle die dieper betekenis sal hoor in sy lirieke en dat dit iets vir iemand sal beteken. Hopelik put hul sommer inspirasie uit die lirieke wat geskryf is deur Emil self.

Nie net skryf Emil graag sy eie liedjies nie, maar hy lewer ook insae in die vervaardiging daarvan. Hy is ook ’n kranige musikant in eie reg en bespeel ’n groot verskeidenheid instrumente o.a. klavier, ukulele, verskeie blokfluite, piccolo, trompet en kitaar.

Emil hoop dat die publiek sy enkelsnit gunstig sal ontvang. “Dit het ’n lekker klank en maak mens sommer lus om te sokkie, maar dit vertel terselfdertyd ’n storie waarmee mense heel moontlik kan identifiseer,” sê hy.

Volge

image-.jpg
0

Bobby Van Jaarsveld is in Pietermaritzburg

Die ooit so charismatiese Bobby van Jaarsveld vier 10 jaar in die musiekbedryf met sy band by Golden Horse.

Datum:- 26 April 2018

Tyd:- 19:30

Toegang:- R150

Die nag beloof om jou deur Bobby se musikale reis te neem en te wys waarom hy 10 jaar lank daarby is. Maak dit ‘n datumaand terwyl hy al die vonke in jou hart aansteek!


Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly naby Golden Horse Casino?? SA Radio

image-.jpg
0

Kom beleef Stef Bos Kern – Pretoria

Stef Bos soek naar die KERN van alles. Hij weet hy gaan dit nooit nie vind nie, maar hy bly soek In woorde en songs gedigte en stories. Die ene keer is hy skreeusnaaks, dan weer kry jy hoenervleis.

Datum:- 5 Mei 2018

Tyd:- 19:15

Toegang:- R160 – R180

image-.jpg
0

Juanita Du Plessis tree op te Mosselbaai

Juanita Du Plessis sal op 25 Mei eksklusief in die Mosselbaai Stadsaal optree met haar splinternuwe vertoning.

Datum:- 25 Mei 2018

Tyd:- 19:30

Toegang:- VIP toegang: R150.00 sluit sitplekke in die eerste 8 rye, Algemene toegang: R100.00, Kinders onder 2: Gratis


Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly in Mosselbaai?? kliek hier !!


Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SKY.co.za nou!


Adres:- Mosselbaai Stadsaal, 101 Marsh Street, Mosselbaai

GPS Koordinate:- -34.181981,22.138718

Jy kan jou kaartjies kry by SA Radio

image-.jpg
0

Van Polisieman tot Sanger:- Desmond Wells

Twaalf jaar terug het my kollegas vir my gesê: “Wat? Gaan jy die polisie los! Wat van jou medies en jou pensioen?”

Só skryf ’n dankbare Desmond Wells op sy Facebook-blad, wie se paadjie vol kronkels was vóór hy die vrugte van geluk kon pluk. Desmond het gewerk op die Cape Flats, soos hulle dit in die volksmond noem, as polisiebeampte, en in daardie tyd was daar baie noue ontkomeings en skietgevalle. Desmond was so passievol oor sy werk dat hy in 2000 genomineer is as polisiebeampte van die jaar.

In 2004 het hy deel gevorm van die Wes-Kaap polisie se provinsiale atletiekspan en het selfs ’n bronsmedalje ontvang.

“Dit was maar baie negatiewe omstandighede waaronder ek gewerk het en vir jare daarna sou ek nog steeds nagmerries en terugflitse kry oor die lelike goed wat ek vir soveel jare elke dag moes sien,” sê Desmond.

In 2005 besluit Desmond om sy loopbaan as polisiebeampte in die SAPD prys te gee om voltyds te sing. In dié jaar ontvang h

image-.jpg
0

Lizandra Winter is besig met groot dinge

Hoendervleismooi is die perfekte woord om Lizandra Winter se splinternuwe enkelsnit op te som. Die Begin bou voort op die sukses van haar eerste amptelike solo-snit en musiekvideo, Fluister, wat nie net deel was van die 2016-lokettreffer, Vir Altyd, se klankbaan nie, maar ook steeds gereeld speeltyd kry oor die radio en op die kassie.

Volgens haar, gaan hierdie Pop-Rock-treffer daaroor dat ’n mens so vasgevang word in die gejaag van die lewe, dat jy vergeet wat regtig belangrik is. “Ek sê altyd vir my man dat ek nie vir eendag wil leef nie en tog vang ek myself so baie dat ek toelaat dat ‘môre’ die skoonheid van vandag steel. Ek het die lied geskryf om myself te herinner dat die tyd soms moet stilstaan, en ek myself moet verloor in die oomblik.

Ook dat geld nie geluk kan koop nie. Die lied het ’n goedvoel-verwerking waarby die meeste luisteraars sal aanklank vind,” vertel sy opgewonde. “In vandag se tyd is dit die norm dat, terwyl jy b

image-.jpg
0

Kom skoffel saam met Klipwerf in die Kaap

Die mees populerste musiek orkes Klipwerf is hier vir `n dans party soos nog nie gesien nie. Bespreek jou kaartjies of tafel nou. Klipwerf Orkes meeste CD verkope in SA. Kom dans saam.

Datum:- 18 Augustus 2018

Tyd:- 19:00 to lekker laat

Toegang:- R150.00, Tafelsitplekke op ‘n eerste-op-die-eerste basis. ‘N tafel sit 10 gaste, kaartjies kan individueel of in groepe van 10 gekoop word.


Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Goodwood?? kliek hier !!

Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SKY.co.za nou!

Wil jy adverteer op hierdie baie gewilde webwerf?