Bestel blomme aanlynOrder flowers online

Musiek414 Videos

musiek – top 20 logo
0

SAUK se Top 10 – met ‘n nuwe lied van Lance James

Jo Black se bekende liedjie “bring die hoop weer terug” het een plek terug gekuif, die nommer een liedjie is die lied van Stella genaamd “deur die liefde en die seer”. Die bekende sanger Lance James, ‘n legend in die musiekbedryf het ook vanjaar ‘n Afrikaanse liedjie uitgereik genaamd “lied van hoop” Stella – ‘deur […]
musiek – top 20 4
0

SAUK Radio se Top 20 vir hierdie week !!

Die lysie van die Top 20 op SAUK Radio het nie veel verander nie, maar daar word gekompeteer vir die no 1 gleuf. Die dames ‘kraai nog koning’ op die ranglys. Refentse skiuf op na nommer 6 met hulle liedjie “Vuil Vanderbijl”. Kom ons ondersteun ons kunstenaars, en hou aan met stem, wie weet watter […]
image-.jpg
0

Sangeres Chanell van den Bergh is ‘twee tree’ nader aan haar droom

Chanell van den Bergh het onlangs haar splinternuwe enkelsnit, Twee Tree vrygestel.
Dié snit, geskryf deur Chanell en Daniel Po, handel oor die tipiese Engelse gesegde, I’ve got your back – die gevoel in ’n vriendskap of verhouding waar jy weet iemand sal altyd agter jou staan, ongeag wát.

Chanell hoop om met dié country/pop enkelsnit te slaag daarin om die publiek vir ’n paar minute weg te neem uit hul realiteit. “Ek hoop mense sal dit goed ontvang en dat hul sommer sal wil dans wanneer hul dit hoor.”

Die musiekvideo, vervaardig deur VPH Films, is in die Noorde van Pretoria geskiet, want hulle wou graag ’n treinspoor insluit in die tonele. Chanell vertel dat die opname groot pret was en dat alles sommer vanself in plek geval het.

“Ek het nie geweet ek moet daarin dans nie, maar toe die musiek begin en almal sê ek moet dans, toe dans ek maar – en geniet dit,” vertel sy.

Chanell is intussen ook besig met haar

image-.jpg
0

Die sangers Karen Zoid en Johnny Clegg se spesiale oomblik

Karen Zoid en Johnny Clegg het in Donderdagaand se episode van die Republiek van Zoid Afrika sy ikoniese treffer, Great Heart, gesing.

Dit het na afloop van die episode binne oomblikke die gewildste liedjie op die Suid-Afrikaanse iTunes-winkel geraak.

Die komediant Schalk Bezuidenhout en skrywer Erns Grundling was Karen se ander besoekers in haar republiek.

Vir Karen was dit egter veral ’n roerende ervaring om met Johnny, Suid-Afrika se sogenaamde “wit Zoeloe” wat ’n stryd teen kanker voer, te gesels.

“Ek het al met meer as 200 ongelooflike mense onderhoude op Republiek van Zoid Afrika gevoer, waarvan elkeen uniek en spesiaal op sy eie manier was, maar die tyd saam met Johnny Clegg was heilig en almal in die ateljee kon dit aanvoel,” sê Karen.

“Dit was deurdrenk met lewenswyshede, eerlikheid, respek en emosie. Hierdie is oomblikke met ’n ware legende wat ek vir ewig saam met my sal dra.”

Sedert die vyfde s

image-.jpg
0

Paarl Rugby Klub ADAM & die Wildberries

Kom geniet die aand saam met ADAM en die Wildberries.

Datum:- 15 Junie 2018

Tyd:- 19:00 tot 22:55

Toegang:- R120


Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Paarl?? kliek hier !!


Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SKY.co.za nou!


Adres:- Paarl Rugby Club Pub & Grub, Market Street, Paarl, Western Cape

GPS Koordinate:- -33.671033, 18.904717

Kontak:- 021 870 1685


SA-Radio.com
Om jou gebeurtenis, konsert of konsert te lys,
kontak SA-

image-.jpg
0

Nuwe musiekvideo uit van Verona

Verona het beslis geen bekendstelling nodig in vermaakkringe nie. Dié kleindorpiemeisie van Meyerton het oor die afgelope paar jaar nie net naam gemaak as realiteitsprogramster, radio-omroeper en televisieaanbieder nie, maar ook as joernalis, vervaardiger en sanger.

Haar eerste Afrikaanse enkelsnit, Maskers, vanaf haar gelyknamige debuut album wat eersdaags uitgereik word, is onlangs vrygestel en het reeds ’n Nr. 1 plek op beide 90.6 VCR en SFM Streek se trefferparades bereik. Die snit, wat deur haar en Hugo Ludik geskryf is, het ’n folk-pop-aanslag met betekenisvolle lirieke en ’n meesleurende wysie wat die luisteraar vir lank sal bybly.

“Dit gaan oor die maskers wat jy dra in jou lewe. Die meeste van ons skuil agter maksers om ons ware self weg te steek en te beskerm. Dikwels bang om onsself te wys. Ons steek ook seerkry en swaarkry so weg. In hierdie liedjie probeer ek mense aanpor om van daardie maskers ontslae te raak waaraan jy so swaar

musiek – top 20 logo
0

SAUK Radio Top 20 Afrikaanse Treffers

Willem Botha se nuwe enkelsnit, “Soen en vergeet”, maak vandeesweek sy toetrede tot die Top-20. Dié snit is ook op sy langverwagte album wat later vanjaar uitgereik gaan word – sy eerste album in bykans vyf jaar. Jo Black behou die gesogte no. 1-posisie met sy liedjie “Bring die hoop weer terug”. 1. Jo Black […]
image-.jpg
0

Dis uiteindelik hier:- ADAM se nuwe album en video laat ‘bewe’

Die gewilde sanggroep ADAM (Hugo Ludik, Reynardt Hugo en Kyle Grant) se splinternuwe album, Bewe, is vanaf vandag landwyd en ook op digitale platforms beskikbaar. ’n Ekstra bederfie vir bewonderaars is ook hul musiekvideo vir die eerste enkelnit, Sê My (Bewe), wat pas vrygestel is. En dis iets wat jy wil sien.

Dié prettige tong-in-die-kies-video, wat deur Gerhard van Rooyen van GVR Productions vervaardig is, pas perfek by hierdie opgewekte poptreffer wat geïnspireer is deur stigterslid, Hugo Ludik, se eie mislukte pogings om ’n oulike meisie by ’n kroeg raak te loop. Dit is by Presleys in Pretoria verfilm en wys skreeusnaakse tonele van drie ouens, wat by drie ‘dames’ aanlê… maar daar is ’n catch, want die drie dames word ook deur die drie sangers gespeel! En sjoe, lyk hulle nie te ‘oulik’ nie…

Volgens Reynardt Hugo was dit baie pret om die video te skiet, maar ook nogal ’n groot uitdaging omdat hulle elkeen twee karakters moe

image-.jpg
0

Lucas se liedjies – Kiekies – Stellenbosch

Lucas Maree as liedkunstenaar het min gelykes in Afrikaans. Jannie du Toit en Thean Kotze (stigterslid van Ses Snare) herontdek sy verbeeldingryke kyk na die lewe en laat die gehoor met persoonlike anekdotes iets beleef van sy uitsonderlike menslikheid en kreatiewe gees.

Datum:- 15 Mei 2018

Tyd:- 19:00

Toegang:- R120

Twee ervare verhoogkunstenaars bied die liedjies van hulle gewaardeerde vriend, kollega en `n legende van Afrikaanse musiek passievol aan. Soos Lucas self die sestigs se folk gesing het met die klem op fyn afgeronde kitaarspel, harmoniee en tekste wat iets te se het, beweegThean en Jannie singend en spelend deur die wonderlike landskap van verhale, ideale, wysheid en drome wat die ou Groot Beer – soos sy vriend Coenie de Villiers hom genoem het ? daargestel het.


Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly in Stellenbosch??

image-.jpg
0

‘N nuwe snit uit deur die Radiomanne

Wat kry jy wanneer die lirieke en musiek van twee radio-omroepers met verskillende musieksmaak, trou? ’n Unieke samewerking en genre wat hopelik ’n vars klank tot stand bring.

Francois van Rensburg en Jacques Erasmus (DJ City Bay) het mekaar ontmoet by Groot FM 90.5. Beide Francois en Jacques is omroepers by dié radiostasie en Jacques is ook ’n vervaardiger.

DJ City Bay het al een of twee Afrikaanse liedjies vervaardig, maar die meeste van sy musiek word in Engels uitgereik. “Ek het vir Jacques gevra om weer iets in Afrikaans aan te pak, en lirieke asook ’n basiese melodie vir hom aangestuur waarmee hy kon werk,” vertel Francois.

Ontmoet Jacques Erasmus oftewel DJ City Bay. Hierdie baie talentvolle man kom uit die klein dorpie Hartbeespoort, naby die hoofstad – Pretoria. Die klein dorpie het egter nie sy entoesiasme bekamp nie; inteendeel, dit was waar hy sy passie gekweek het.

Hy het liedjies op die kitaar begin speel op d

image-.jpg
0

Nuwe album uit van dié rebelseun Jan Blohm

Die sanger Jan Blohm se jongste vrystelling, Die Liefde Album, is pas na ses jaar uitgereik. Die Liefde Album is nie gevul met heuning-lirieke wat drup nie, maar eerder rou, eerlike waarheid wat nét Jan kan vasmessel in ’n album gevul blues, rock en poëtry.

Dié rebelseun wat ons leer ken het, is nou ouer en meer volwasse. ’n Jan wat glo dat in die tye waarin ons tans leef, liefde al is wat die wêreld nou nodig het. Dít kan jy hoor in sy lirieke, sy passie in die stiltes tussen woorde, terwyl sy eerlike, rou akoestiese melodië jou hartsnare pluk net soos die sterk kitaargedrewe liefde-album homself.

Jan glo nie aan tweedehandse liefde nie en glo liefde is ’n doen-ding, nie ’n sê-ding. Juis waaroor hy ook respektiewelik hierdie album opgeneem het waar die musikante gelyktydig gespeel het tydens die opnames, en hy glo dit die hartklop van die album gaan wees. Eerlik en rou, nés die liefde!

Aan die stuur van hierdie produksie is Joh

image-.jpg
0

Juanita Du Plessis tree op in East London

Platinum verkoper, Juanita du Plessis, is opgewonde om terug te wees by Hemingways met haar splinternuwe liedjies, goue oldies, evangelie en haar tydlose treffers!

Datum:- 29 Junie 2018

Tyd:- 19:00

Toegang:- Slegs 4 kaartjies toegelaat per kliënt: Goue Beloningsprogram: R135.00;
Platinum Belonings Program: R127.50; Swart Beloningsprogram: R120.00


Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly naby Hemingways Casino?? SA Radio

image-.jpg
0

Kom laat jou sintuie feesvier by die Proe’toria fees

Wat kry jy wanneer jy op ’n Saterdag die beste musiek, smaaklikste kos, lekkerste wyn en oulikste kindervermaak kombineer by een van die gewildste kuierplekke in Pretoria? ’n Onvergeetlike buitelug-feesdag, wat die sintuie sal bederf, en oud en jonk sal saamtrek vir die kuier van die jaar!

Datum:- 25 Augustus 2018

Tyd:- 12:00 – 23:00

Toegang:- Kinders Onder 12 Jaar – Gratis, Kinders 12 Jaar tot 18 Jaar – R80.00, Volwassenes R180.00


Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SKY.co.za nou!

Volgens Leon Pheiffer, stigter van die fees, is dit beslis nie ’n geleentheid om mis te loop nie. “Ons beplan om vir oud en jonk ’n onvergeetlike ervaring te skep. Dié fees gaan nie net aan feesgangers stalletjies met die beste kos, wyn en drankie

Hoezit Howzit
0

Hoezit versoek program met Pieter 07 Julie 2016

Kuier elke Donderdag aand om 7nm saam op Hoezit, die nuwe versoek-program op SAUK-Nuus! met Pieter van Zyl  sms of whatsup hom by 0795116488 met ‘n boodskap met die liedjie van jou keuse Stuur jou boodskap na enige iemand op enige plek en vra vir jou gunsteling liedjie, slegs op Hoezit! Van 19:00 tot 21:00, net deur […]
saukradiologo
0

Musiek van die 70’s en 80’s elke Donderdag op SAUK RADIO met Gottie Myburgh

Skakels om na SAUK Radio te luister. Luister met:  Android: http://radio.sauk.mobi:7068/;stream.mp3  BlackBerry: http://radio.sauk.mobi:7068/;stream.mp3  iPhone: http://radio.sauk.mobi:2199/tunein/saukradio.pls Rekenaar vanaf ons tuisblad: www.t.v.co.za Skakel elke Saterdagmiddag in op SAUK Radio en luister na sport tellings soos dit gebeur en na heerlike musiek elke dag heeldag! Gesels saam in die Klets kamer op ons tuisblad: https://sauktv.com/ waar die radio […]
image-.jpg
0

Die Amerikaner reik eerste Afrikaanse enkelsnit uit!

Die Amerikaner Camille van Niekerk het pas haar heel eerste oorspronklike Afrikaanse snit, Proteas Op Die Tafel, vrygestel.

Camille, wat in Amerika gebore is, het ’n ongelooflike voorliefde vir ons mooi taal ontwikkel na haar huwelik met haar Suid Afrikaanse man wat tans medies in Amerika studeer.

Haar Afrikaanse weergawes van bekende treffers wat sy aanvanklik vir haar man en sy ouers gesing het ’n internet sensasie geword. Duisende aanhangers het voorstelle gestuur wat hulle graag sal wil hoor. Camille het dit akoesties getoonset en met haar aanhangers op sosiale media gedeel.

“Wat ’n groot voor reg was dit nie vir my toe Gian Groen aangebied het om ’n oorspronklike lied te skryf,” sê sy.

Nadat Gian met haar kontak gemaak het, het sy vir hom gesê dat sy al op ’n geleentheid saam haar man in Suid-Afrika was en dat sy verlief geraak het op die mooi Kaap en sy proteas.

Gaan SA Radio

image-.jpg
0

Nuwe musiekvideo uit deur Joe Foster

“’n Mens maak seer met woorde en juis oor daardie rede kan ’n mens nie altyd met woorde jammer sê nie, maar eerder vergifnis vra deur iemand net vas te hou.” Só sê die sanger en liedjieskrywer Joe Foster, wie se musiekvideo van sy nuwe enkelsnit, Vrede Maak, onlangs opgeneem is. Dié enkelsnit is eksklusief op die JOOX-musiekstroom app aan sy aanhangers beskikbaar gestel.

“Ek het JOOX gekies want ek dink regtig dis baie belangrik om deel te wees van hierdie platform,” het Joe vertel. Volgens Joe is JOOX perfek vir die Afrikaanse musiekbedryf – veral as mens die toekoms in ag neem waar musiekstroom-apps nóg meer gaan groei en gewilder gaan word.

Vandat Joox in Suid-Afrika bekend gestel is, het dit ’n reuse-omwenteling in die Afrikaanse
musiekwêreld veroorsaak.

Met verskeie funksies op die app het musiekliefhebbers nou hul gunsteling Afrikaanse treffers binne bereik en kan hulle selfs hul eie persoonlike speellyste saams

Ontmoet Lize Beekman in ‘n neutedop

Lize Beekman is ‘n Afrikaanse sangeres en liedjieskrywer. Sy het op 3-jarige ouderdom aangekondig dat sy eendag haar eie liedjies gaan skryf. Op 12 is haar eerste lied, Like an Eagle, deur die Country-sanger Clive Bruce opgeneem.

Beekman se lied, ’n Sonneblom uit Bethlehem, wat deur Laurika Rauch opgeneem is, is in 2002 gedurende die GMT Awards as Lied van die Jaar genomineer. Van haar ander treffers sluit in: Draadkar oor die see, Suidlandgebed en Ek het ‘n boer sien dans. Sy het haar eerste solo-uitstalling in 2013 gehou.

Diskografie
* Ek Was Al Daar DVD, 2010 SELECT
* Sit ‘n Bietjie Langs My, 2008 Lize Beekman
* Lize Beekman – Lullabies, 2007 BOWLINE
* Draadkar Oor Die See, BOWLINE
* Iemand Het Gesê, 2004 JNS
* Cake, 2000 JNS
* Eyes Of A Child, 1997

Loer hier onder aan een van haar musiekvideo’s:- Lize Beekman – Diepsee of Knysnabos<

Nadine het ‘n vertoning te Weiveld

Kom kuier saam met Nadine by Weiveld. Oop vir lekker kuier en die BESTE in langarm musiek. Weiveld bied ook die HEEL BESTE in klank aan, asook TWEE GROOT skerms.

Datum:- 6 Julie 2018

Tyd:- 19:00

Toegang:- R50

Sitplekke/ Tafels moet voor 19:30 ingeneem word. Bespreekte plekke word slegs tot 19:30 gehou.


Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SKY.co.za nou!

Adres:- Plot 49, Zwavelpoort, h / v Grahamweg (verlenging van Lynnwoodweg) en Boschkopweg, Pretoria

Kontak:- 071 471 6698

Kaartjies kan bespreek word by Ticketpros


image-.jpg
0

Nuwe musiekvideo uit deur SAARKIE – Langpad

“Ons nuwe musiekvideo gaan oor die tyd wat verbystap, terwyl ons aanhou musiek maak. Tyd gaan verby, klerestyle verander, maar die son sak altyd en kom weer op. As rockgroep, staan ons ook soos tyd nie stil nie, maar bou ons elke dag verder aan ons plek in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf,” verklap SAARKIE oor die tema agter die musiekvideo van hulle nuutste treffer, Langpad, wat die afgelope Vrydag op die kykNET Top 20 vrygestel is.

Die konsep van die video is deur Girl with Hat Productions, wat bestaan uit André Oosthuizen (mede-regisseur, redigeerder en kameraman), Mjön van Blommestein (mede-regisseur) en kameraman, Thabi Modotuane, uitgedink en is in die groep se “Saarkie-huis” verfilm. Die verloop van tyd word aangedui deur die groeplede se klere wat verander, terwyl hulle steeds besig is om op presies dieselfde plek aan hulle musiek te skaaf.

SA Radio

image-.jpg
0

Gehoor van Carlo, leer hom ken, hier is ‘n kort Bio van hom

Carlo (Volle naam Carlo de Goede) is ‘n Suid-Afrikaanse musikant. Hy het sy sangloopbaan op ouderdom 12 begin en het mettertyd menige diplomas en trofeë gewerf. Terwyl hy nog op skool was, is hy gekies om die hoofrol in ‘n musiekblyspel van die bekende “Grease” te speel in Johannesburg.

In 2001 is hy gekies om Suid-Afrika te verteenwoordig in Amerika as ‘n kunstenaar vir Mother City Records (gestig deur Mr Eddie Singleton, eienaar van Mo-Town Records VSA). Carlo was ook die hoofsanger van die groep “Amy Blue” wat heel dikwels by La Med, Kampsbaai opgetree het. In sy kort tydjie by “Blue Productions” het hy die verhoog in ‘n verskeidenheids-konsert met die bekende Sonja Herholdt gedeel by die High Street Teater.

H