Musiek414 Videos



Hier is jou Top20 vir die week – 28 November 2017
Die Heuwels Fantasties praat oor jongste album
Kom geniet ‘n aand saam met Touch of Class – Pretoria
Touch of Class is een van die gewildste sangpare met Platinum CDs en vele groot treffers. Ruhan du Toit se unieke stem saam met Deon van der Merwe se treffende kitaarklanke vind aanval by jonk en oud.
Datum:- 4 September 2018
Tyd:- 18:15
Toegang:- R200
Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Lynnwood?? SA Radio
Top 20 vir die week: 4 Junie 2018
Tarryn Lamb bly vir die vierde keer in ‘n ry in die no.1 posisie met haar liedjie “Mal oor jou”. Juanita se treffer “Dankie vir jou liefde het gespring tot die no 2 posisie. Jay spring op na die 3 posisie met sy treffer “Lê ‘n bietjie langer”.
Daar is wel ‘n paar liedjies wat julle moet dop hou, en dit is:- Elandré met “Honderd duisend maal” wat op sy album Kleindorp-dromer is. Die liedjie word tans op verskeie radiostasies gespeel. Jan Bloukaas se liedjie “Desembers” word ook baie gespeel en defnitief ‘n liedjie om dop te hou.
Kom ons spring weg en kyk na die stand van sake op ons Top 20 lys vir die week wat voorlê:-
1. Tarryn Lamb – “Mal oor jou”
2. Juanita du Plessis – “Dankie vir jou liefde”
3. Jay – “Lê ‘n bietjie langer”
4. Brendan Peyper – “Klim jou Everest”
5. Jo Black – “Die vrou wat ek liefhet”
6. Elandré – “Die lyn”
SAUK se Top 10 – met ‘n nuwe lied van Lance James
Robbie Wessels Groostse Treffers – Carnival City Casino and Entertainment World – Johannesburg
Robbie is n kunstenaar, eie in sy soort. As akteur, sanger, liedjieskrywer en filmmaker kan hu jou laat le van die lag, maar jou ook dieper laat delf in die dinge van die lewe.
Datum:- 25 Mei 2018
Tyd:- 19:00
Toegang:- R150
Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly in die Carnival City Casino and Entertainment World area?? kliek hier !!
Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek
Treffende musiekvideo uit van ADAM en Elizca
Met die uitreiking van ADAM se tweede enkelsnit, Kalmeer, het die manne ernstig geraak en ’n sterk boodskap aan die jeug van Suid-Afrika gebring.
“Ek het Kalmeer geskryf uit ’n plek van onsekerheid oor my/ons toekoms as die jeug van Suid-Afrika, asook uit ’n plek van politieke onsekerheid. Dit het my geweldig gepla en na baie diep denke het ek tot die gevolgtrekking gekom dat alles okay gaan wees. Ons gaan okay wees. Ons, as ’n nasie, was al daar (konsentrasiekampe, Anglo-Boereoorlog, Apartheid – en nog baie ander tye van politieke onstabiliteit en onsekerheid oor jou toekoms) en ons het sterker anderkant uitgekom. Ons is sterker mense as gevolg daarvan,” sê Hugo Ludik.
Die musiekvideo vir hierdie treffende lied, wat vervaardig is deur Fathom Media en finansieël ondersteun is deur Afriforum en Dapper Media, is pas uitgereik. Dit is geskiet by die Willem Prinsloo Landbou Museum in Cullinan.
Kom kuier by die Rocking Potch – Potchefstroom
Rocking Potch is `n Splinternuwe fees wat Co Creative Concerts na Potchefstroom bring. Met stalletjies, `n biertuin, wyn en craft beer tent en van die land se Top Kuntsenaars is hierdie verseker die plek om te wees.
Datum:- 7 & 8 September 2018
Tyd:- 13:00
Toegang:- R250.00: vir alby dae!!
Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Potchefstroom?? kliek hier !!
Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SKY.co.za nou!
A
Kom ons kyk sobietjie na Ray Dylan se indrukwekkende Bio
Ray Dylan (Jacobus Frederik Jersich, gebore 15 Augustus 1978 in Odendaalsrus) is ‘n bekende Afrikaanse sanger. Van sy treffers sluit in Hokaai Stoppie Lorrie, Jessica, Breek die Ys en Asemloos.
In 2010 ontvang hy ‘n SAMA-toekenning in die kategorie beste country-album (Afrikaans) vir Goeie Ou Country.
JAKES, soos sy beste vriende hom noem, of Jaco vir sy familie en geliefdes, is in standerd agt uit die skool geskors omdat sy musiekloopbaan vir hom belangriker as skoolwerk was.
Sedert 2002 ken Suid-Afrikaanse musiekliefhebbers hom as die vaardige sanger RAY DYLAN.
Sedert sy albumdebuut met die CD New Kid In Town het dinge vir hom gebeur: onder meer die duettreffer It’s Your Love – saam met Karen Zoid.
Die afgelope jare het Select-Musiek sy talent en veelsydigheid op talle saamgestelde albums benut. Die musikale wiele het begin rol en nou’s dit tyd om te sê: Hokaai, Stoppie Lorrie!
Dit was die eerste treffer
GOUE STATUS vir Franja du Plessis se album
Sy het reeds haar eie stempel op die Suid-Afrikaanse musieklandskap gemaak, en haar goue status is ’n bewys daarvan.
Franja du Plessis, die dogter van die immergewilde, Juanita du Plessis se debuut-album het vroeër vanjaar die winkelrakke getref. Nooit sou sy kon raai dat dié album so weghol sukses sou wees.
Franja het haar goue toekenning vanoggend op die GROOT Ontbyt op kykNET ontvang. Sy skryf op haar Facebook-blad: “Soooo baie dankie aan almal wat my album al gekoop het! Julle sal nooit weet hoe baie dit vir my beteken nie!”
Ons resensent, Leoné Prinsloo, beskryf Franja se album as volg: “Hierdie album wat deur betekenisvolle lirieke sowel as aansteeklike ritmes gekenmerk word, bied ’n groot verskeidenheid liedjies wat ewe goed op die lang pad en die dansbaan ontvang behoort te word.”
Loer hier onder na een van haar treffer musiekvideo’s:- Franja du Plessis – Stad van verlange
Kom vier Afrikaans in die Vrystaat!!
Dit is amper tyd vir die vierdie Ek ♥ DIE VRYSTAAT FEES in Bloemfontein en hierdie een gaan nog beter en groter wees as van te vore.
Datum:- 22 September 2018
Tyd:- 09:00 tot laat
Toegang:- R180 – R250:- per persoon met eie kombers of stoel; R500 per persoon vir bespreekte BBP-sitplekke en wynproe-konsert met uitgesoekte kunstenaars; en R1 500 vir ’n bespreekte tafel waar ses mense kan sit.
Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Bloemfontein?? SA Radio
Skakels om na SAUK Radio te luister op alle selfone, rekenaars en tablette
Andries en Wiaan, oftewel DZL, se passie in musiekvideo vasgevang
Die manne van DZL verras weer eens met ’n splinternuwe musiekvideo waartydens hulle subtiel die kykers se aandag vestig op dit wat hulle na aan die hart lê: natuurbewaring.
“Dit is maar wat deur ons bloed druis en ek dink deur die jare het die publiek gesien natuurbewaring is regtig ’n passie vir ons. Ons word geken vir ons werk binne renosterkringe, maar hierdie keer het ons besluit om die aandag op ’n ander interessante spesie te vestig,” vertel Wiaan Fourie.
Die musiekvideo bevat dele waar die DZL-manne in die Limpopo-provinsie ’n span van die Endangered Wildlife Trust bygestaan het om ’n groep wilde honde na Kwa-Zulu Natal te skuif vir ’n nuwe teelprogram.
Wilde honde is ’n uiters bedreigde spesie en daar is net 6600 in Afrika oor. In lande soos Mosambiek en Angola het die wilde hond populasie uitgesterf as gevolg van die burger oorloë wat in daardie lande plaasgevind het.
“Ons weet almal dat spesies soos renost
Kom beleef Stef Bos Kern – Pretoria
Stef Bos soek naar die KERN van alles. Hij weet hy gaan dit nooit nie vind nie, maar hy bly soek In woorde en songs gedigte en stories. Die ene keer is hy skreeusnaaks, dan weer kry jy hoenervleis.
Datum:- 5 Mei 2018
Tyd:- 19:15
Toegang:- R160 – R180
Cape Town Grand Jol Suidooster Sepie
Kom PARTYTJIE saam by die TygerBurger Grand Jol op 5 Mei en ontmoet die sterre van Suidooster Trek jou dansskoene aan en kuier een aand saam vanaf 19h00 tot laat. Met gewilde kunstenaars soos Kurt Darren, Emo Adams, Garth Taylor, Loyiso, Tarryn Lamb en Salome op die grootste dansvloer in Kaapstad.
Die GrandArena sal vir hierdie eiesoortige geleentheid in `n spoggerige dansvloer omskep word en gaste sal geleentheid kry om die aand verby te dans.
Datum:- 5 Mei 2018
Tyd:- 19:00 tot 23:30
Toegang:- R240
Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly naby Grand West Casino & Entertainment World?? SA Radio
Koos du Plessis was ‘n wonderlike sanger en ‘n man met baie talente, hier is ‘n Bio oor hom
Koos du Plessis (geb. Rustenburg, 10 Mei 1945 – oorl. Krugersdorp, 14 Januarie 1984) was ‘n Suid-Afrikaanse musikant wat toonaangewend was in die Afrikaanse musiek-en-liriekbeweging van die 1970’s en ’80’s.
Hoewel hy kommersieel nie baie suksesvol was as uitvoerende kunstenaar nie, het die albums wat hy in sy leeftyd uitgereik het, ‘n nuwe rigting in Afrikaanse musiek ingelui en word dit vandag as van die invloedrykstes in die taal se musiekgeskiedenis beskou. Tientalle verwerkings van sy komposisies is sedertdien deur verskeie ander Afrikaanse kunstenaars opgeneem en ‘n hele paar het huldeblyk-albums aan hom opgeneem.
Du Plessis is op 14 Januarie 1984 in ‘n motorongeluk op die ou Krugersdorppad in Knoppieslaagte oorlede, nadat sy Volkswagen Kewer op ’n laagwaterbrug in Knoppieslaagte naby Centurion die pad byster raak terwyl hy ná middernag op pad is na Nick Taylor, sy musiekregisseur.
Slegs drie
Saldanha: Albert Frost Live at Blue Bay Lodge
Angel verskuif country pop grense
Angel de Lange se nuwe album, Vat my terug, haar eerste onder die Select-vaandel, is oorgehaal om een van die grootste country-rock bederwe van 2018 te wees!
Hierdie fenomenale talent van die Ooste van Johannesburg se lae register-stem herinner aan die van die legendariese Bonnie Tyler, en met dié album – waar liedjieskrywers soos Rudi Claase, Dennis East en Manie Jackson hul penne by Angel se eie gevoeg het – kom dit beslis tot sy volle reg.
Die album beslaan twaalf snitte wat ’n hele rits nuutskeppings met ’n goeie paar wêreldbekende gunstelinge afwissel in ’n samestelling wat diegene wat daarna luister sal boei van begin tot einde. Dis primêr ’n country geur, met vuurwarm rock-elemente bygevoeg – ’n album waarna jy seker net lekker kan luister ook, maar een wat ook nie skroom om jou gereëld dansvloer toe te sleep vir ’n goeie skoffel of two-step nie.
Oorspronklike snitte sluit Juwele, Ek huil oor jou, Poppedans, die ampe
Kurt Darren se nuwe album ‘laat die dansvloer brand’
Die sangers Karen Zoid en Johnny Clegg se spesiale oomblik
Karen Zoid en Johnny Clegg het in Donderdagaand se episode van die Republiek van Zoid Afrika sy ikoniese treffer, Great Heart, gesing.
Dit het na afloop van die episode binne oomblikke die gewildste liedjie op die Suid-Afrikaanse iTunes-winkel geraak.
Die komediant Schalk Bezuidenhout en skrywer Erns Grundling was Karen se ander besoekers in haar republiek.
Vir Karen was dit egter veral ’n roerende ervaring om met Johnny, Suid-Afrika se sogenaamde “wit Zoeloe” wat ’n stryd teen kanker voer, te gesels.
“Ek het al met meer as 200 ongelooflike mense onderhoude op Republiek van Zoid Afrika gevoer, waarvan elkeen uniek en spesiaal op sy eie manier was, maar die tyd saam met Johnny Clegg was heilig en almal in die ateljee kon dit aanvoel,” sê Karen.
“Dit was deurdrenk met lewenswyshede, eerlikheid, respek en emosie. Hierdie is oomblikke met ’n ware legende wat ek vir ewig saam met my sal dra.”
Sedert die vyfde s
Afrikaans gaan Klein Musiek Konsert – Pretoria
Afrikaans gaan KLEIN musiekfees is die eerste van sy soort in Gauteng.
Datum:- 28 Julie 2018
Tyd:- 1ste vertooning:- 09:00, 2de vertooning:- 11:30
Toegang:- R110, Kinders onder 1 Gratis
Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Zwavelpoort, Pretoria?? SA Radio
Kom skoffel saam met Klipwerf in die Kaap
Die mees populerste musiek orkes Klipwerf is hier vir `n dans party soos nog nie gesien nie. Bespreek jou kaartjies of tafel nou. Klipwerf Orkes meeste CD verkope in SA. Kom dans saam.
Datum:- 18 Augustus 2018
Tyd:- 19:00 to lekker laat
Toegang:- R150.00, Tafelsitplekke op ‘n eerste-op-die-eerste basis. ‘N tafel sit 10 gaste, kaartjies kan individueel of in groepe van 10 gekoop word.
Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Goodwood?? kliek hier !!
Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SKY.co.za nou!
Wil jy adverteer op hierdie baie gewilde webwerf?
Coenie de Villiers en Mauritz Lotz te sienne in Sandbaai
Kom luister na Coenie de Villiers en Mauritz Lotz vir die nuutste versameling van Coenie se musiek. Die liedere is stil en suiwer en hy word vergesel met Mauritz Lotz wat sy eie towerkrag daar byvoeg.
Datum:- 8 Augustus 2018
Tyd:- 19:30
Prys:- R150.00, Vriende Van Die Kalfiefees: R142.50
Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Sandbaai, Hermanus ?? kliek hier !!
Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SKY.co.za nou!
Adres
