Afrikaanse musiek946 Videos

Lance James – Een aand in Desember
0
02:03

Lance James – Een aand in Desember

Lance James Liebenberg is op 18 Julie 1938 in Germiston gebore. Hy het reeds op die ouderdom van 9 sy eerste talentkompetisie in Margate gewen. Nadat hy sy skoolopleiding aan Parktown Boys High voltooi het, het hy in 1954 as aanbiedings-assistent by die SAUK begin werk. Vanaf 1959 tot 1961 het hy in Londen, Engeland, […]
Leslie Greeff – Onthou jy nog?
0
02:40

Leslie Greeff – Onthou jy nog?

Leslie Eugene Greeff is op 14 April 1921 op Bethanie in Namibië gebore, waar sy pa in diens van die S.A. Polisie was. In later jare het die gesin eers na Uitenhage verhuis waar Leslie sy laerskooldae aan Muir Kollege voltooi het, en toe na Wellington waar hy matriek aan die Hoër Jongenskool in die […]
Forum Nuus: AfriForum verwyder vullis ná staking Tshwane Metro lamlê
0
02:59

Francois Hayes – Ridders van die wapad

Francois Hayes is op 14 Maart 1948 in Oos-Londen gebore as een van ‘n tweeling. Hy het reeds as ‘n jong seun begin sing, en nadat hy aan die Hoërskool Grens matriek geskryf het, het hy hom as onderwyser bekwaam aan die onderwyskollege op Graaff-Reinet. Terwyl hy op kollege was, het hy sy eerste orkes […]
Cathy Viljoen – Die Heiland is gebore
0
02:37

Cathy Viljoen – Die Heiland is gebore

Catherina Johanna Susanna Viljoen is op 20 Januarie 1946 in Johannesburg gebore en het aan die Wes-Rand groot geword in ‘n musikale familie. Sy was van kleins af baie lief vir sing, maar was reeds getroud en het ‘n gesin gehad toe sy besluit het om ‘n loopbaan as sangeres te volg. Een van haar […]
Charles Berman met Sam Petzer se Orkes en Koor – Om en om die braaivleisvuur
0
01:56

Charles Berman met Sam Petzer se Orkes en Koor – Om en om die braaivleisvuur

Samuel Petzer is op 21 Junie 1901 in Oos-Londen gebore en het gekom uit ‘n musikale familie, met sy vyf broers wat almal verskillende instrumente kon bespeel, en sy twee susters wat orreliste was. Hy het reeds op die ouderdom van sewe die kitaar en konsertina bemeester. Na skool het hy hom as ‘n stoffeerder […]
Chris du Toit – Geluksduifie (Blue bird of happiness)
0
02:04

Chris du Toit – Geluksduifie (Blue bird of happiness)

Christoffel Nicolaas du Toit is op 13 Julie 1929 in Bloemfontein gebore, maar sy ouers het na Johannesburg verhuis toe hy 3 jaar oud was. Hy het waarskynlik sy musiektalent van sy moeder geërf en het toevallig daarvan bewus geword nadat hy op ‘n kitaar begin tokkel het wat deur ‘n oom, wat tydens die […]
Francois van Heiningen – Waar is die reën
0
02:54

Francois van Heiningen – Waar is die reën

Francois van Heyningen is op 23 Mei 1935 op Theunissen in die Vrystaat gebore, en het sy skoolloopbaan op Bultfontein voltooi. Hy het reeds op skool sanglesse begin neem, en het na skool verdere lesse by prof PJ Lemmer in Bloemfontein, asook by Gregoria Fiasconaro in Kaapstad gekry. Nadat hy vir ‘n versekerings- asook vir […]
Olaf Andresen met Militêre Orkes olv John Imrie – Sambreeltjies
0
03:30

Olaf Andresen met Militêre Orkes olv John Imrie – Sambreeltjies

Hans Olaf Waldemar Rudiger Felix Januarius Andresen is op 14 Januarie 1902 in Berlyn, Duitsland, gebore en het reeds op skool viool begin speel en sy eerste uitvoering gelewer toe hy 14 jaar oud was. Na skool het hy besluit om die wêreld te verken deur op ‘n swerftog te gaan, en het homself in […]
Hendrik Susan – Suikerbossie
0
02:48

Hendrik Susan – Suikerbossie

Cornelis Hendricus Susan is op 4 Mei 1903 in Pretoria gebore. Sy vader was ‘n drukker uit Nederland wat in 1886 na Suid-Afrika gekom het en hier getroud is met Mary-Ann Olivier. Op 14 het hy met vioollesse begin by Len Te Groen, ‘n goeie vriend se pa, en het hy ook later by prof […]
Die Kavalier – My hart verlang na die Boland
0
02:14

Die Kavalier – My hart verlang na die Boland

Malcolm Watson is in Zambië gebore en het as kind saam met sy ouers na Suid-Afrika gekom. As tiener op hoërskool het hy sy eerste groep, The Statesmen, in Pietermaritzburg gestig, en was na skool vir 6 jaar lank lid van die baie gewilde groep, The Rising Sons. Hulle het Suid-Afrikaanse Top 20 treffers gehad […]
Dimpel Pretorius & Sy Springbokspan – Rol uit die vaatjie
0
02:05

Dimpel Pretorius & Sy Springbokspan – Rol uit die vaatjie

Willem Francois (Boet of Dimpel) Pretorius is op 15 Desember 1937 in Johannesburg gebore en het matriek aan die Hoërskool D.F. Malan voltooi. Op 15 het hy aan ‘n talentkompetisie deelgeneem en ‘n goue medalje vir sang gewen, waarna sy pa vir hom ‘n kitaar gekoop het. Hy het homself hierna op kitaar toegespits en […]
Gerrie Snyman & Die Harmoniste – Stoppie
0
02:34

Gerrie Snyman & Die Harmoniste – Stoppie

Gerrie Snyman is op 26 April 1906 in Greymont, Johannesburg, gebore. Op tienjarige ouderdom het hy begin traporrel speel, en kort daarna ook klavier, kitaar, konsertina, Hawaiiese kitaar, trekklavier en saksofoon leer speel. Na skool het hy hom bekwaam as ‘n skrynwerker, en in 1925 het hy sy eerste orkes gestig. Hulle het gereeld in die Labour Party Club (destyds op die hoek van Harrisson- en Kerkstraat in Johannesburg) opgetree. In 1930 en 1931 het hy sy eerste opnames gemaak vir die plate-reus “His Master’s Voice”, saam met sy orkes Die Ses Hartbrekers. Gerrie het ook op sommige van hierdie liedjies gesing, en ‘n paar daarvan self geskryf (hy het uiteindelik meer as 100 liedjies geskryf). Benewens ‘n puik musikant was Gerrie ook ‘n akteur, rolprentvervaardiger en ‘n gerekende kunsskilder. Hy het in 1926 sy eerste van meer as ‘n honderd skilderye voltooi, wat meestal op die Suid-Afrikaanse natuurlewe en pragtige landskappe gefokus was. Hy het twee maal uitstallings van sy werke in die VSA gehou, en in 1980 is al sy skilderye daar verkoop. In die 1940’s het sy saam met sy familie en ander akteurs die Gerrie Snyman Teater Geselskap op die been gebring, en verskeie toere deur ons land onderneem. Van die toneelstukke wat hulle aangebied het is, ondermeer, Die Weerwolf, Johannesburg By Nag, Die Wonderkinders Van Johannesburg, Geheime Van Donker Johannesburg en Wena. Gerrie het die bekende Boereplaas Ontspanningsoord net buite Johannesburg by Ferndale, Randburg, oor ‘n tydperk van ses jaar self gebou. Dit was ‘n uithang dansplek en slegs formele aanddrag was toelaatbaar. Sy ander groot liefde was rolprente, waarvan hy 4 vervaardig het, en ook self daarin opgetree het. Sy bekendste was sonder twyfel Die Leeu Van Punda Maria (1954) en Die Skelm Van Die Limpopo (1962). Gerrie het tot en met sy dood, op 5 Augustus 1997 in Springs, aktief gebly en sy liefde vir musiek bly uitleef. Hierdie liedjie, deur Gerrie Snyman & Die Harmoniste, is vrygestel op die album “Kaapse Nooi” (datum onbekend, maar waarskynlik in 1965). BAIE DANKIE AAN CHRISTA PRETORIUS VAN WELKOM VIR DIE LEEN VAN DIE PLAAT, EN DANKIE AAN MARIUS DE VOS VIR DIE BIOGRAFIE VAN GERRIE SNYMAN!
Vicki du Preez – Vanaand
0
01:55

Vicki du Preez – Vanaand

South African artist, born Vicki Groenewald on 2 August 1946 in Westdene, Johannesburg. She was educated at Jubileum Primary School in Mayfair West and at D.F. Malan High School in Crosby. Her father had a jazz band in the 1940s and 1950s, which motivated her to start singing at the age of 3. At school she regularly appeared in concerts and operettas. In 1972 she started singing with various bands, until she met Bez Martin and an audition at the SABC followed, resulting in this transcription record with Theo Erasmus and his Orchestra. In 1976 she was offered a recording contract, and several 7” singles followed, including “Totsiens Aufwiedersehen” which reached #12 on the South African Top 20 in 1977, charting for 7 weeks. She also appeared in various television shows, including Ateljee 4, Treffers, Sing Country, Spies en Plessié and Skemertyd, and regularly performed with her band Vision. This song is off the SABC Transcription Record “Nou Soek My Hart Die Sonskyn”, with Theo Erasmus and His Orchestra, released in 1975.
Chris Chameleon 2009 Theater Tour: Day 25
0
03:22

Chris Chameleon 2009 Theater Tour: Day 25

rock n roll, Arnhem. Chris forgets his clothes and has a new hair-do. November 6. Part of the Chris Chameleon Theater Tour to Belgium and the Netherlands.
Chris Chameleon Theatre Tour 2009: Day Four
0
02:52

Chris Chameleon Theatre Tour 2009: Day Four

Chris Chameleon's Theater Tour 2009 in Belgium and the Netherlands - DAY FOUR. In this edition, we see Chris during sound check at the Ancienne Belgique in beautiful Brussels, Belgium. October 15.
Doedie (Die Ou Transvaal)
0
04:17

Doedie (Die Ou Transvaal)

Provided to YouTube by Sony Music Entertainment Doedie (Die Ou Transvaal) · Fredi Nest 20 Goue Treffers ℗ 2005 South Africa - Sony Music Entertainment Africa (Pty) Ltd, under Select Music a division of Sony Music Entertainment Africa (Pty) Ltd Auto-generated by YouTube.
Some Days Are Diamonds
0
03:54

Some Days Are Diamonds

Provided to YouTube by Sony Music Entertainment Some Days Are Diamonds · Fredi Nest Sing John Denver ℗ 2015 SME Africa (Pty) Ltd Composer, Lyricist: Dick Feller Auto-generated by YouTube.
Keep on Rolling
0
02:41

Kyk Maar Goed

Provided to YouTube by Sony Music Entertainment Kyk Maar Goed · Fredi Nest Se My ℗ 2005 Sony Music Entertainment Africa (Pty) Ltd Composer, Lyricist: Stef Kruger Auto-generated by YouTube.
As Musiek Groen Was – Petra Mans
0
03:37

As Musiek Groen Was – Petra Mans

Music and Lyrics: Jak. J Brits. Video by Up Stage Productions Make up done by Kallie Kotze (Kellan) Vocalist: Petra Mans
Hou Vas Klou Vas
0
03:15

Hou Vas Klou Vas

Provided to YouTube by Sony Music Entertainment Hou Vas Klou Vas · Fredi Nest Die Platinum Reeks ℗ 2013 South Africa – Sony Music Entertainment Africa (Pty) Ltd, under Select Music a division of Sony Music Entertainment Africa (Pty) Ltd Auto-generated by YouTube.