Jurie Ferreira met Nico Carstens & Sy Orkes – Tahiti, verre land
Johannes Jurgens Ferreira is op 3 Maart 1921 in Ventersdorp in die Noordwes Provinsie gebore. As kind het hy en sy tweelingbroer, Ben, gereeld saam met hulle pa, Jurie Ferreira Sr, gesing terwyl hy hulle op die kitaar begelei het. In 1936, as 15-jarige, het Jurie se pa hom Johannesburg toe geneem vir sy eerste […]



