Forum Nuus: Herdenkingsgeleentheid bevorder verhouding tussen Afrikaners en Zoeloes 21-10-2024

AfriForum en die KwaZulu-Natal Amafa- en Navorsingsinstituut het Vrydag ’n herdenkingsgeleentheid op die plaas Rietfontein (KwaThengisangaye) buite Middelburg, Mpumalanga, gehou ter nagedagtenis aan die voormalige Zoeloekoning koning Dinuzulu (1868-1913). Tydens die herdenking is die geskiedenis van koning Dinuzulu en die goeie verhoudinge wat hy met Afrikaners gehad het, in herinnering geroep. Een van die merkwaardigste momente in dié verhouding was genl. Louis Botha, toenmalige eerste minister in die nuutgevormde unieregering, se bevel in 1910 om koning Dinuzulu uit die tronk in Newcastle vry te laat.
Die huidige Zoeloekoning, koning Misuzulu KaZwelithini, het Vrydag op die geleentheid benadruk dat die formele gesprekke met die Afrikanergemeenskap wat nou uit dié herdenkingsgeleentheid sal volg, daarop gemik sal wees om samewerking te bewerkstellig op elke terrein wat tot voordeel van dié twee gemeenskappe kan strek.

(Visited 1 times, 1 visits today)

You might be interested in

Post A Comment For The Creator:

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.