Skole bekoor gehoor by tweede Monumentale Cantus-koorfees

Die burgerregte-organisasie AfriForum was vanjaar vir die tweede keer deel van die Monumentale Cantus-koorfees wat op 12 Augustus by die Voortrekkermonument gehou is.

Dié inisiatief is moontlik gemaak deur Vashti Trichard en Vaughan van Zyl, albei gesoute koorleiers en-afrigters, ten bate van die behoud en voortbestaan van dié monument, wat ʼn belangrike deel van Afrikaners se erfenis uitmaak.

Die koorfees sluit ook aan by die herdenking van Afrikaans as lees- en skryftaal, met die stigting van die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA) op 14 Augustus 1876.

(Visited 14 times, 1 visits today)

You might be interested in

Post A Comment For The Creator:

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.