Forum Nuus: AnkerdorpPadskou – Tzaneen
0
02:26

Forum Nuus: AnkerdorpPadskou – Tzaneen

Plaaslike besighede, skole én vrywilligers het vandeesmaand moue opgerol en tydens AfriForum se Ankerdorppadskou in Tzaneen verskeie projekte aangepak om die dorp te verbeter én in die proses hoop te skep. In dié video gesels Magnus Steyn, hoof van Hoërskool Merensky, oor die opknappingswerk wat die organisasie by die skool verrig het, asook die sukses van die eerste Dink of Sink- uitdunrondte in die Verre-Noorde, wat by dié spogskool aangebied is.
Leerder bang om terug te keer skool toe ná aanranding
0
00:37

Leerder bang om terug te keer skool toe ná aanranding

ʼn Hoërskoolmeisie wat Donderdag ten aanskoue van ander leerders op die skoolterrein deur ʼn medeleerder aangerand is, sê sy is nou te bang om terug te keer skool toe en sal waarskynlik van skool verwissel.
Battle of Majuba
0
00:33

Betogers, ouer betrokke in skermutseling by skool

Een van die ouers van ʼn leerling van Hoërskool Overvaal is Woensdagoggend tydens ‘n betoging voor die skool deur ʼn betoger geskop. Die betoging hou verband met ʼn hofuitspraak vroeër die week dat die Gautengse departement van onderwys nie die skool kan dwing om 55 Engelssprekende leerders by die skool in te neem nie.
Skole bekoor gehoor by tweede Monumentale Cantus-koorfees
0
02:52

Skole bekoor gehoor by tweede Monumentale Cantus-koorfees

Die burgerregte-organisasie AfriForum was vanjaar vir die tweede keer deel van die Monumentale Cantus-koorfees wat op 12 Augustus by die Voortrekkermonument gehou is. Dié inisiatief is moontlik gemaak deur Vashti Trichard en Vaughan van Zyl, albei gesoute koorleiers en-afrigters, ten bate van die behoud en voortbestaan van dié monument, wat ʼn belangrike deel van Afrikaners se erfenis uitmaak. Die koorfees sluit ook aan by die herdenking van Afrikaans as lees- en skryftaal, met die stigting van die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA) op 14 Augustus 1876.
Skoliere se ‘boelie-video’ ondersoek
0
00:28

Skoliere se ‘boelie-video’ ondersoek

ʼn Wes-Kaapse hoërskool het gesê hy is bewus van ʼn video wat op sosiale media versprei word waarin daar gesien kan word hoe ʼn seunsleerder van die skool tydens ʼn oënskynlike rusie ‘n huilende meisie met ʼn voorwerp slaan en haar met iets gooi. Die video is digitaal gemanipuleer om die kinders se identiteit te […]
Manie Jackson – Liefde En Genade
0
03:37

AfriForum reik uit na Nkandla-gemeenskap – Forum Nuus

AfriForum was verlede week in die distrik van Nkandla, tuiste van president Jacob Zuma, om te kyk hoe die gemeenskap gehelp kan word om vir meer as 400 kinders toegang tot ʼn hoërskool te kry. Dít volg nadat Inkosi Z.D. Mpungose, hoof van die tradisionele stam in die gebied, die burgerregte-organisasie in Februarie om hulp genader het om druk op die regering te plaas om die hoërskool te bou wat vroeër aan hulle belowe is. Volgens Carien Bloem, AfriForum se projekkoördineerder vir onderwys, is dit onaanvaarbaar dat honderde kinders nie toegang tot ʼn skool het nie, terwyl Zuma in ʼn woning van R250 miljoen woon. “Ons kan nie ʼn skool hier bou nie, maar ons het met ouers en lede van die gemeenskap vergader om te kyk hoe verdere druk op die LUR geplaas kan word sodat die beloofde skool gebou word.” Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het vroeër gesê hoewel sekere mense meen die versoek uit ʼn swart gemeenskap is vreemd, is dit alles behalwe die geval omdat AfriForum onbeskaamd en openlik vir die regte van Afrikaners, Afrikaanssprekende en minderhede veg.