


Die duo Twee: Sirkels Album Bekendstelling – Pretoria
Kort op die hakke van hul eerste weghol sukses album, Piekniek vir Twee, volg die kykNET Afri-Visie wenners, TWEE, se volgende album, SIRKELS.
Datum:- 17 Mei 2018
Tyd:- 19:15
Toegang:- R150 – R175
Herman en Maria se unieke en eerlike vertolking van hulle liedjies het gou gehore se harte gesteel! Luisteraars kan huil, dans, glimlag,n nostalgies wees, om die braaivleisvuur kuier of alleen met oorfone stil wees en luister. Herman noem dat hy juis weer kies om nie die stories te deel wat hom inspireer het om die liedjies te skryf nie, omdat hy wil he die luisteraar moet na aanleiding van hul eie ervaringe aanklank vind by die lirieke en universele temas.
Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly in Lynnwood?? kliek hier !!<
Drie van die Bestes 20 jaar lank – Pretoria
“Drie van die Bestes” – Kevin Leo, Mathys Roets en Danie Niehaus ? bekoor gehore al meer as 20 jaar met wonderlike humor en musiek.
Datum:- 13 Mei 2018
Tyd:- 15:15
Toegang:- R180 – R200
Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly in Lynnwood?? kliek hier !!
Is u opsoek na goedkoop vliegtuig
Juanita Du Plessis tree op te Mosselbaai
Juanita Du Plessis sal op 25 Mei eksklusief in die Mosselbaai Stadsaal optree met haar splinternuwe vertoning.
Datum:- 25 Mei 2018
Tyd:- 19:30
Toegang:- VIP toegang: R150.00 sluit sitplekke in die eerste 8 rye, Algemene toegang: R100.00, Kinders onder 2: Gratis
Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly in Mosselbaai?? kliek hier !!
Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SKY.co.za nou!
Adres:- Mosselbaai Stadsaal, 101 Marsh Street, Mosselbaai
GPS Koordinate:- -34.181981,22.138718
Jy kan jou kaartjies kry by SA Radio
Kom geniet die Menlo-Maskerfees!
Die planke kraak van talent! Die dansers staan gereed om jou asem weg te slaan. Kom word betower deur n fees van Kultuur!
Datum:- 18 – 20 Septgember 2018
Tyd:- 18:15
Toegang:- R80
Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Lynwood?? SA Radio
Nuwe debuut-album is hier van Jan Bloukaas
‘Kaasliefhebbers’ staan nader, want die dansmusiekkoning, Jan Bloukaas, is terug met ’n splinternuwe bederf vir die oor wat beslis nie misgeloop moet word nie.
Nadat dié innoverende musikant se treffer, Kaas elke Dag in 2017 die internet en Suid-Afrikaanse dansvloere kom verower het, het ’n tweede enkelsnit, kykNET en Chill kort daarna gevolg. Nóú kan aanhangers nie net uitsien na ’n splinternuwe liedjie en video, Desember, nie maar ook na sy debuut-album, Lewe, wat in Mei 2018 vrygestel gaan word.
Alhoewel Desember gaan voortbou op die unieke elektroniese klank en styl waarvoor dié musieksensasie bekendheid verwerf het, meen hy dat dit beslis ’n dieper kant van homself aan gehore gaan bekendstel. “Die liedjie gaan oor iemand spesiaal, wat vir my gevoel het soos ’n Desembervakansie, toe alles rondom my rof gegaan het. Dit is geïnspireer deur my eie Desember-ervaringe en ek glo dat almal daarmee sal kan vereenselwig, omdat die meest
Opvoering by Huis Maerua Goue Oues Fees – Windhoek
Galaxy Promotions in samewerking met Huis Maerua bied ‘n musiek konsert en markdag aan om fondse vir Huis Maerua in te samel en bewustheid te skep.
Datum:- 19 Mei 2018
Tyd:- 09:00 tot 22:00
Toegang:- R$120
Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly in Windhoek?? kliek hier !!
Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SKY.co.za nou!
Adres:- Doc Jubber Hockey Fields – Hockey Union En Jubber Hockey Fields, Cricket street Olympia, Windhoek.
GPS Koordinate:- -22.606642,17.087989
Kaartjies beskikbaar by SA Radio
Steffie le Roux – Dans in die Reën – Pretoria
Met Steffie le Roux se warm persoonlikheid en lekkerte oor die lewe, bied sy `n wonderlike vertoning vol humor, hart en nuwe liedjies.. Met haar fluweelstem en besonderse vertolkings, het hierdie kunstenaar die vermoe om in almal se harte te gaan le.
Datum:- 25 May 2018
Tyd:- 19:15
Toegang:- R140 – R160
Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly in Lynnwood?? kliek hier !!
Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SKY.co.za nou!
Sy sing oor die liefde, die reen, saamwees en die Karoo. Steffie se eerlikheid en opregtheid waarmee sy haar werk omhels, is baie treffend en sy bied altyd `n veelsy
