Hermanus Hendrik Holtzhausen is op 11 Januarie 1959 in Johannesburg gebore. Hy is (of was dalk) ‘n rekenmeester van beroep, en het na-ure liedjies gekomponeer.
In 1980 het hy sy debuut gemaak as sanger met die uitreiking van die solus sewe “Trans-Karoo” met “Huise Van Glas” op die B-kant, hoewel hy reeds voor dit verskeie liedjies geskryf het vir ander kunstenaars, insluitend “Doemeroem” vir Carike Keuzenkamp, “Bly by my” en “Eensaam in my lewe” vir Vicki du Preez en “Daar sal ‘n rokie trek” en “Magdalena” vir Sonja Herholdt. In 1981 is sy eerste langspeelplaat “Herman Holtzhausen” en in 1982 sy tweede langspeelplaat, “Mense Met Maskers”, uitgereik, maar hy het eers in 1984 bekend geword toe sy liedjie “Trans-Karoo” gebruik is as die temaliedjie van die televisiereeks met dieselfde titel. In dieselfde jaar is sy derde, en laaste, langspeelplaat, “Trans-Karoo” uitgereik, hoewel daar net 2 nuwe liedjies op die plaat is, met die ander 10 wat voorheen op sy ander 2 plate ingesluit was.
Die liedjie “Trans-Karoo” het in 1984 die #13-posisie op die Suid-Afrikaanse Top 20 bereik en was vir 13 weke op die treffersparade. Dit het daartoe gelei dat Herman op televisie verskyn het om hierdie liedjie, asook van sy ander bekende komposisies soos “Huise van glas” en “Spinnekop”, op te voer. Hierna het hy heeltemal van die toneel verdwyn. Hy woon in Alberton.
Hierdie liedjie is oorspronklik in 1980 op solus sewe uitgereik, en is in 1984 heruitgereik, ook op solus sewe.
Die liedjie “Trans-Karoo” het in 1984 die #13-posisie op die Suid-Afrikaanse Top 20 bereik en was vir 13 weke op die treffersparade. Dit het daartoe gelei dat Herman op televisie verskyn het om hierdie liedjie, asook van sy ander bekende komposisies soos “Huise van glas” en “Spinnekop”, op te voer. Hierna het hy heeltemal van die toneel verdwyn. Hy woon in Alberton.
Hierdie liedjie is in 1984 op solus sewe uitgereik as die B-kant van “Trans-Karoo”.