Geskiedenis 10 Augustus

nuus radioDie eerste Britse besetting duur van 1795 tot 1803. ‘n Britse vloot onder admiraal Elphinstone met troepe onder die bevel van generaal Craig kom in Junie 1795 in Simonsbaai aan.

Gerugsteun deur ‘n brief van Willem V, die Prins van Oranje, uit Engeland, versoek hulle om die Kaap in beskerming te neem teen ‘n moontlike aanval deur die Franse. Toe kommissarisgeneraal Sluysken, in oorleg met die Politieke Raad weier om die besetting toe te laat, loop dit uit op konflik en die verdediging aan die Kaap word tot oorgawe gedwing. Hiermee verdwyn die VOC se gesag vir goed. Dit is dié tydperiode waarin Johannes en Cornelis Brink se voorouers van hierdie Brinklyn gelewe het. Die distrikte van Swellendam en uiteindelikook Graaff-Reinet onderwerp hulle aan die Engelse bewind aan die Kaap waar generaal Craig aanvanklik as militêre bewindbebber optree. In 1797 neem graaf McCartney oor as goewerneur met generaal Francis Dundas as ondergoewerneur en bevelvoerder van die troepe.

Die versoeningspolitiek van die Engelse en die herverskyning van die gehate Maynier veroorsaak ‘n chaotiese toestand aan die oosgrens. Baie Hottentotte voeg hulle by die Xhosas en verwoestende plundertogte op boereplase volg. Die boere tree weer teen Maynier op en hy word terugverplaas Kaap toe. Teen die einde van die Engelse bewind is die toestand aan die oosgrens in ‘n harwar. Honderde huise en plase was afgebrand en verlate. ‘n Bitter vyanskap

tussen boer en Hottentot kenmerk verhoudinge. Die Xhosa beset groot dele van die koloniale gebied in die ooste en baie grensboere swerf weswaarts met hulle gesinne en vee.

Vir die tweede keer in ‘n betreklike kort periode verander die besetting aan die Kaapkolonie en staan dit bekend as die Bataafse bewind vanaf 1803 tot 1806. Na die ontbinding van die VOC is die Committé tot de zaken van den Oost-Indischen Handel in die lewe geroep wat in 1800 vervang word deur die Raad van Aziatische Zaken en bezittingen. Dié raad is direk ondergeskik aan die staatsbewind en verantwoordelik vir die administrasie van die inkomste uit die Betaafse Republiek se koloniale besittinge. Na die Vrede van Amiens op 28 Maart 1802 kry kommissaris-generaal Jacob Abraham Uitenhage de Mist, lid van die Asiatiese Raad, opdrag om die Kaap van die Engelse oor te neem en die bestuur en administrasie te reël.

Jan Willem Janssens2 word in 1803 goewerneur van die Kaap en die Politieke Raad en die Raad van Justisie word heringestel.

De Mist stig die distrikte van Uitenhage (uit dele van Graaff-Reinet en Swellendam) en Tulbagh (uit die noordelike deel van Stellenbosch). Die Bataafse bewind kon nie die probleme op die oosgrens met beslistheid aanpak nie en die Xhosas het steeds die Suurveld beset.

Die oorlog tussen Engeland en Frankryk word hervat en Napoleon se plan om Engeland binne te val word gefnuik.

‘n Britse vloot land troepe aan Blauwberg onder bevel van generaal-majoor Baird wat die Nederlanders verslaan; Kaapstad word aan die Engelse oorgegee en die tweede Britse besetting neem in aanvang.

Die tweede Britse besetting kan gerieflikheidshalwe in ‘n aantal fases opgedeel word.

Voorlopige besetting van 1806 tot 1814. Die eerste burgerlike goewerneur van die nuwe bewind, graaf Caledon, het aan die hoof van die uitvoerende, wetgewende en regtelike gesag gestaan.

Dié outokratiese regeringsvorm maak nie eers vir ‘n raadgewende liggaam voorsiening nie – die goewerneur regeer deur middel van proklamasies en is slegs aan die minister van Kolonies in Londen verantwoordelik. Die groot afstand tussen die Kaap en Engeland beteken egter dat beheer vanuit Londen weinig beteken het.

Caledon verdeel die kolonie in kleiner distrikte, herverdeel sommiges en stel assistentlanddroste aan. Die oostelike deel van Swellendam word bv die aparte distrik, George. In 1809 maak Caledon die Hottentotte onderhewig aan die koloniale wette.

Hulle word as onderdane van die staat beskou, maar as ‘n spesiale klas met beperkte vryheid. Op 16 Mei 1811 stel Caledon die Rondgaande Howe in – ‘n kommissie van die Hooggeregshof moes die verskillende drosdye van tyd tot tyd besoek en sake verhoor wat buite die regspraak van die landdroste gelê het. Caledon se grensbeleid misluk toe hy nie kans sien om die Xhosas terug te dryf oor die Visrivier nie en roof en moord deur plunderende indringers bly aan die orde van die dag.

Bevolking kaart

N Skets Kaart Van Die Engelse Kolonie

Sir John Cradock wat Caledon in 1811 as goewerneur opvolg, besef dat militêre optrede nodig is om die toestand op die grens te bestendig. Hy stuur luitenant-kolonel. Graham om met ‘n mag bestaande uit Britse soldate en ‘n kommando koloniste om die Xhosa sistematies terug te dryf. Teen 1812 is dié doel bereik en Cradock rig ‘n aantal bemande forte op langs die Visrivier met die nuwe dorp, Grahamstad as hoofkwartier.

Die Britse regering keur nie Cradock se militêre optrede goed nie en Lord Liverpool, minister van kolonies gee opdrag dat hy die klagtes oor mishandeling van Hottentotte ondersoek en die skuldiges swaar straf. Die sendeling, Read, moes getuienis insamel en ‘n groot aantal koloniste van die distrikte van Graaff-Reinet, Uitenhage en George word aangekla. Vanweë die groot aantal sake waarin swartes die klaers is word na die rondgaande hof as die Swarte Ommegang verwys.

Die koloniste beskou hierdie gebeure as ‘n belediging en die regters vind dat Read en Van der Kemp nagelaat het om die opgekookte klagtes deeglik te ondersoek. As gevolg van die Swarte Ommegang versleg die verhouding tussen die koloniste en die Britse bewind aansienlik.

Permanente besetting in 1814. Die einde van die Napoleontiese oorloë word deur die vrede van Parys verseël waarvolgens Nederland, onder andere, die Kaap aan Brittanje oorgee. Lord Charles Somerset word in 1814 goewerneur aan die Kaap en sy outokratiese inslag word dadelik duidelik. Die Slagtersnek-rebellie met sy verreikende gevolge vind vroeg gedurende sy bewind plaas. Frederik Bezuidenhout, ‘n boer in die vallei van die Baviaansrivier word deur Hottentot-soldate doodgeskiet. ‘n Aantal grensbewoners kom in opstand, sommige word doodgeskiet, andere word verban, beboet en tronk toe gestuur. Vyf boere word opgehang ten spyte daarvan dat die galgtou met die eerste probeerslag breek. Hierdie gebeure lei tot baie Afrikaners se blywende weersin in die Britse bewind.

Aan die oosgrens het onrus steeds gebroei en toe Somerset kant kies tussen strydende stamme breek ‘n verdere grensoorlog uit. Die swartes word verjaag en ‘n bufferstrook word gevestig met ‘n reeks forte langs die Keiskamma.

Lord Charles Somerset en latere goewerneurs stel verskeie maatreëls in om die kolonie te verengels. Hollands as taal van die howe en die regeringskantore word stelselmatig met Engels vervang. Engelse en Skotse predikante en onderwysers word ingevoer in ‘n poging om die proses onder die koloniste te versnel. Alhoewel die stedelike inwoners die beleid van verengelsing in die staatsdiens nie sterk teengestaan het nie, het die pogings om Hollands in die kerk en onderwys te neutraliseer, protes uitgelok. Die poging om die kolonie te verengels kry ‘n hupstoot met die aankoms van 3,124 Britse Setlaars in 1820 deur die bemiddeling van die Britse regering.

Dié immigrante word meestal in die Suurveld tussen die Boesmans- en die Visrivier gevestig om ‘n goedkoop verdediging van die oosgrens te vestig. Die Setlaars belewe aanvanklik heelwat ontbering en kom in botsing met Somerset wie se bewind as tiranniek en korrup bestempel word.

Na Somerset se vertrek neem generaal Richard Bourke waar as goewerneur. Dr John Philip, superintendent van die Londense Sendinggenootskap se stasies in Suider-Afrika, beïnvloed Bourke om alle wette te herroep wat swartes belet om die grens oor te steek. Niemand word nou toegelaat om gesteelde vee terug te neem nie en alle militêre ekspedisies word gestaak.

Ordonnasie 50 bepaal dat Hottentotte, Boesmans en vrye gekleurdes toegelaat word om grond te besit en beperkings ten opsigte van beweging, woonreg, lewenswyse, ens., word opgehef.

Dié wetgewing maak egter nie voorsiening vir die beskerming van koloniste teen rondswerwers en leeglopers nie.

Die aanhou van slawe het ‘n belangrike rol in die ekonomie van die Kaap vervul; teen die tyd van die permanente Engelse besetting was etlike duisende slawe in die koloniste se diens.

Vanaf 1816 word wetgewing oor die aanhou van slawe periodiek geproklameer wat vir die eienaars ‘n groot irritasie word. Uiteindelik loods die Britse parlement in 1833 ‘n wet wat slawerny vanaf 1836 in hulle kolonies tot niet maak. In 1834 word 39,021 slawe aan die Kaap getel en hulle waarde word bepaal. Aanvanklik word ‘n redelike aantreklike vergoeding aan eienaars belowe, maar dit loop op ‘n fiasko uit. Teen 1835 word aangekondig dat dieskadevergoeding drasties verminder word en dat eienaars hulle uitbetalings in Londen in ontvangs moet neem. Administrasiekostes wat gehef word, vreet nog verder in die beperkte bedrae wat uitbetaal word en die kolonie se inwoners ly ernstige skades wat sommige verarm. Die goewerneur, Sir Benjamin D’Urban, sien die noodsaaklikheid van wetgewing teen leeglopery van die vergrote getal vry gekleurde bevolking in, maar is magteloos solank Ordonnansie 50 geld en dr Philip en sy ondersteuners die Britse regering se vertroue geniet.

Gedurende 1834 neem die onrus op die oosgrens in intensiteit toe. Xhosas neem hulle intrek in die neutrale gebied en veediefstalle vind op gereelde basis plaas. Op 21 Desember 1834 val nagenoeg 12,000 tot 15,000 swartes die kolonie binne, vermoor ‘n aantal boere, brand honderde huise af en steel groot getalle perde, beeste en skape. Grensboere verlaat hulle plase om skuiling te soek in Grahamstad en in laers. Sir Benjamin D’Urban stuur luitenant-kolonel Harry Smith om die verdediging op die grens te organiseer en hy volg ‘n ruk later om self die opperbevel van die magte wat hy gemobiliseer het, oor te neem. Die veldtog teen die Xhosas is suksesvol en D’Urban annekseer die gebied tussen die Keiskamma en die Kei en noem dit die Province of Queen Adelaide. Alhoewel sommige groepe swartes in die gebied toegelaat word, woon hulle daar onder die gesag van luitenant-kolonel Harry Smith.

Onder invloed van dr Philip en Andries Stockenström se propagandaveldtog in Engeland en hulle getuienis voor die Aborigines Committee, stel Lord Glenelg, die nuwe minister van kolonies, Andries Stockenström aan as luitenant-goewerneur met die opdrag om die verhoudinge tussen blank en swart op ‘n verdragstelsel, en nie vergelding nie te grond. Glenelg regverdig die Lord Charles Somerset en latere goewerneurs stel verskeie maatreëls in om die kolonie te verengels. Hollands as taal van die howe en die regeringskantore word stelselmatig met Engels vervang. Engelse en Skotse predikante en onderwysers word ingevoer in ‘n poging om die proses onder die koloniste te versnel. Alhoewel die stedelike inwoners die beleid van verengelsing in die staatsdiens nie sterk teengestaan het nie, het die pogings om Hollands in diekerk en onderwys te neutraliseer, protes uitgelok.

Die poging om die kolonie te verengels kry ‘n hupstoot met die aankoms van 3,124 Britse Setlaars in 1820 deur die bemiddeling van die Britse regering. Dié immigrante word meestal in die Suurveld tussen die Boesmans- en die Visrivier gevestig om ‘n goedkoop verdediging van die oosgrens te vestig. Die Setlaars belewe aanvanklik heelwat ontbering en kom in botsing met Somerset wie se bewind as tiranniek en korrup bestempel word.

Ordonnasie 50 bepaal dat Hottentotte, Boesmans en vrye gekleurdes toegelaat word om grond te besit en beperkings ten opsigte van beweging, woonreg, lewenswyse, ens., word opgehef.

Dié wetgewing maak egter nie voorsiening vir die beskerming van koloniste teen rondswerwers en leeglopers nie.

Die aanhou van slawe het ‘n belangrike rol in die ekonomie van die Kaap vervul; teen die tyd van die permanente Engelse besetting was etlike duisende slawe in die koloniste se diens.

Vanaf 1816 word wetgewing oor die aanhou van slawe periodiek geproklameer wat vir die eienaars ‘n groot irritasie word. Uiteindelik loods die Britse parlement in 1833 ‘n wet wat slawerny vanaf 1836 in hulle kolonies tot niet maak. In 1834 word 39,021 slawe aan die Kaap getel en hulle waarde word bepaal. Aanvanklik word ‘n redelike aantreklike vergoeding aan eienaars belowe, maar dit loop op ‘n fiasko uit. Teen 1835 word aangekondig dat die skadevergoeding drasties verminder word en dat eienaars hulle uitbetalings in Londen in ontvangs moet neem. Administrasiekostes wat gehef word, vreet nog verder in die beperkte bedrae wat uitbetaal word en die kolonie se inwoners ly ernstige skades wat sommige verarm.

Die goewerneur, Sir Benjamin D’Urban, sien die noodsaaklikheid van wetgewing teen leeglopery van die vergrote getal vry gekleurde bevolking in, maar is magteloos solank Ordonnansie 50 geld en dr Philip en sy ondersteuners die Britse regering se vertroue geniet.

Gedurende 1834 neem die onrus op die oosgrens in intensiteit toe. Xhosas neem hulle intrek in die neutrale gebied en veediefstalle vind op gereelde basis plaas. Op 21 Desember 1834 val nagenoeg 12,000 tot 15,000 swartes die kolonie binne, vermoor ‘n aantal boere, brand honderde huise af en steel groot getalle perde, beeste en skape. Grensboere verlaat hulle plase om skuiling te soek in Grahamstad en in laers. Sir Benjamin D’Urban stuur luitenant-kolonel Harry Smith om die verdediging op die grens te organiseer en hy volg ‘n ruk later om self die opperbevel van die magte wat hy gemobiliseer het, oor te neem. Die veldtog teen die Xhosas is suksesvol en D’Urban annekseer die gebied tussen die Keiskamma en die Kei en noem dit die Province of Queen Adelaide. Alhoewel sommige groepe swartes in die gebied toegelaat word, woon hulle daar onder die gesag van luitenant-kolonel Harry Smith.

Onder invloed van dr Philip en Andries Stockenström se propagandaveldtog in Engeland en hulle getuienis voor die Aborigines Committee, stel Lord Glenelg, die nuwe minister van kolonies,

Andries Stockenström aan as luitenant-goewerneur met die opdrag om die verhoudinge tussen blank en swart op ‘n verdragstelsel, en nie vergelding nie te grond. Glenelg regverdig die plunderaars se geweldadige optrede en gee die koloniste en die Kaapse  gesagsvoerders die skuld vir die onrus.

D’Urban se grensreëlings word omvergewerp en die geannekseerde Province

of Queen Adelaide word aan die swartes teruggegee.

Lord Genelg se ongewilde uitsprake en reëlings is vir baie grensboere die laaste strooi. Baie gesinne tref voorbereidings om die binneland in te trek – plase word verkoop of verruil, kosvoorrade en kleding word aangekoop en kruit en lood vir die gewere word aangeskaf. Die owerhede tref verskeie maatreëls om die trek te probeer stuit. Eers word wetlike stappe ingestel en toe probeer D’Urban die voornemende Trekkers paai deur toegewings te maak betreffende skadevergoeding en veiligheid. Beperkings word op die hoeveelheid lood en kruit geplaas wat elke persoon mag vervoer, maar die Trekkers vind maniere om dié items te bekom.

Niks kan die Trek nou meer keer nie en in 1835 was die uitwaartse tog in volle swang.

Die geskiedenis oor die beheer van Suid-Afrika kan soos volg opgesom word:

_ 6 April 1652 Kaapkolonie, geadministeer deur die VOC

_ 16 September 1795 Brittanje annekseer die Kaapkolonie

_ 5 Maart 1797 Kaapkolonie word amptelik ‘n Britse kolonie

_ 21 Februarie 1803 Kaapkolonie onderbeheer van Nederland

_ 10 Januarie 1806 Britse herannekseer die Kaapkolonie

_ 13 Augustus 1814 Nederland dra offisieël die Kaapkolonie aan Brittanje oor

_ 31 Mei 1910 Kaap, Natal, Oranje Vrystaat en Transvaal verenig as ‘n Unie

_ 31 Mei 1961 Republiek van Suid-Afrika word uitgeroep.

2.2 Die vrou en die algemene samelewing

Vanuit die staanspoor was daar aan die Kaap veel minder vroue as mans gewees. In Jan van Riebeeck se geselskap van 90 mense was daar slegs ses getroude vroue gewees. Skaarste aan vrouegeselskap sou voortduur tot aan die einde van die 18de eeu.

 

‘n Studie van die opgaafrollevan die Kaapkolonie bring die volgende gegewens aan die lig:

Jaar           Getal mans    Getal vroue

1702              418                242

1718              691               390

1788           3,481             2,440

1793         4,032               2,730

Simon van der Stel was verontrus oor die gebrek aan die balans tussen vroue en mans en het die Here XVII se aandag verskeie kere hierop gevestig. In April 1687 skryf hy aan die Kamer van Amsterdam dat die meeste van die jong mans in Stellenbosch ongetroud is en dat hulle deur die huwelik tot ‘n suiniger en bedaarder lewe gebring kan word. Hy vra dus dat ‘n aantal jong dames van goeie wandel en arbeidsame aard en verkieslik uit die armer dele van Nederland, na die Kaap gestuur moet word omdat hulle hier goed sal aanpas.

Die skaarste aan Europese vroue het ondermeer veroorsaak dat sommige mans met slavinne getroud is. ‘n Studie van die 1731 sensus toon dat 59 persent van Kaapse Europese mans en 51 persent van die plattelandse mans egter nooit getrou het nie. Van die Brink voorgeslagte het almal met Europese vrouens getrou. Hoewel die vrouens se familielyne nie almal gekontroleer is nie, dui rekords daarop dat die Snymans en die Möllers wel slawebloed het, sien die skoonfamilie van Arend . In 1807 het slegs 5 persent van ‘n verteenwoordigende steefproef van dooplinge in die Reformeerde en Lutherse Kerk gekleurde grootouers gehad.

Oujongnooiens aan die Kaap was ongewoon. Enige hubare vrou wat aan die Kaap aangekom het, is feitlik onmiddellik getroud. Toe die vryburgers aan die Kaap hulle voete begin vind het, het hul vrouens, dogters, niggies en ander familielede na die Kaap laat kom. Die aansoekers om vrybriewe is vriendelik deur die VOC versoek om hulle vrouens of beloofde vrijsters uit Nederland so spoedig moontlik te laat kom.

Dit is vanselfsprekend dat die Nederlandse bydrae tot die populasiegetal die grootste sal wees, omdat die Kaap tot in 1795 onafgebroke onder Nederlandse beheer was. Die Nederlanders het vroegste op die toneel verskyn en daarom is families van Nederlandse herkoms die talrykste in Suid-Afrika.

Die deurslaggewende faktor is egter die feit dat die Nederlandse stammoeders in die meerderheid was. Die feit dat die meeste vroue aan die Kaap van Nederlandse afkoms was, het op die ontwikkeling van die Afrikaanse kultuur ‘n uiters belangrike invloed gehad, ook wat die taal betref, want gewoonlik praat die nageslag die taal van die moeder.

Dit is trouens ook dié vroue wat in die huis die oorgeërfde omgangsvorme, sedes en gewoontes, volksgebruike, rympies, raaisels, volksverhale en huislike feeste soos huweliksvierings en doopfeeste in stand gehou het. Ook op die gebied van die godsdiens speel die vrou ‘n belangrike rol omdat sy die kinders van kleins af met die Bybel en godsdiens vertroud gemaak het. Dit was waarskynlik die groot rede waarom die kern en grondslag van wat later die Afrikanervolk sou word, Nederlands sou wees. Daar moet egter onthou word dat ‘n groot persentasie van die mans aan die Kaap wel Duitsers was.

Die sindelikheid en hardwerkendheid van die Nederlandse huisvrou van die 16de en 17de eeu het al spreekwoordelik geword. Daar is in die voorjaar, najaar, weekliks en daagliks, totdat alles van helderheid kraakte skoon gemaak en gewerk. Die Nederlandse vrou was ook bekend vir haar godsdienstigheid en getroue kerkbywoning en vir die hoë peil van haar sedelike lewe.

Die dogters is baie streng opgevoed en was skugter en ingetoë. Die Nederlandse vrou was ook liggaamlik sterk. Vroue uit die werkersklas het harde fisiese werk gedoen en onder meer kruiwaens met sand gestoot en met die maak van strate gehelp. Vir die dogters was die swaarste arbeid ‘n nietigheid. Met gemak is die groot swaar emmers tot bokant die kop opgetel.

Na ‘n bevalling was ‘n vrou meestal na ongeveer nege dae weer op die been en aan die werk. In die loop van die 17de en 18de eeu het daar ‘n ononderbroke stroom Duitse immigrante in die Kaap aangekom, sodat daar teen die einde van die 18de eeu tussen 1,400 en 1,500 Duitsers in die land was. Onder die groot aantal Duitsers was daar baie min vroue. Uit ‘n totaal van 233 stammoeders vanaf 1657 tot 1747 noem Heese, ‘n bekende genealogiese navorser, dat slegs 19 Duitse vroue is.


 

(Visited 53 times, 1 visits today)

You might be interested in

Post A Comment For The Creator: SAUK TV

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.